Die ANC se eeufeesvierings en die seremonie waartydens hulle Suid-Afrika aan die voorvadergeeste toegewy het, het landswye reaksie ontlok. Hoe behoort Christene hierop te reageer? Wat sê die Bybel oor voorvadergeeste? Aan wie behoort hierdie land toegewy te word? Is daar voorbeelde uit die geskiedenis waar ander nasies voorvadergeeste in die openbaar aanbid het? Wat was die gevolg van sodanige aanbidding?
0 Comments
Daar was ‘n tyd in hierdie land toe baie min van ons deur misdaad geraak is. Dinge het egter begin verander en almal het iemand geken wat deur misdaad geaffekteer is. Deesdae het ons elkeen ons eie stories oor hoe ons besteel is, bedreig is deur misdaad, of erger nog, regstreeks daarmee gekonfronteer is.
Op ‘n onlangse vergadering het die ongeveer 80 mense teenwoordig, die misdade wat hulle persoonlik ervaar het, opgenoem. Dit het gewissel van huisbraak, motordiefstal, selfoondiefstal, bedrog, kaping, tot gewapende roof en moord – almal het dit óf self ervaar óf hul onmiddellike familie het daaronder gely. Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veilige weiding. Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeerstes aan jou gee. Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.” Ps 37:3-5. Jesus Christus het na hierdie wêreld gekom juis vir diegene wat voel dat niemand omgee nie. Sy onfeilbare liefde omvou diegene wat Hom vertrou. Jesus Christus gee baie beslis om en reik ook uit na eensame, desperate, verwarde, seergemaakte mense wat ontnugter is deur die samele wing. Jesus reik ook uit na jou. “God laat blyk Sy liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was.” Rom 5:8.
“Daarom – iemand wat één is met Christus, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!” 2 Kor 5:17. “Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het. Christus wat vir julle gely het, is julle voorbeeld. Trap in sy spore.” 1 Pet 2:21
Wanneer ons ly a.g.v. siekte, ongeregtigheid, onregverdige behandeling, frustrasie en traumatiese omstandighede, is die eerste reaksie dikwels om uit te roep: “Waarom? Waarom gebeur daar slegte dinge met goeie mense? Waarom ly ek so?” Moontlik moet ons eerder die vraag vra waarom Christus gely het. Hy was tog die enigste ware goeie, perfekte en totaal onselfsugtige persoon wat nog ooit op aarde was, en tog het Hy gely – bitterlik gely! Jesus is misverstaan, belaster, vals beskuldig en beswadder. Mense het Hom daarvan beskuldig dat Hy kranksinnig was. Die terme 'Postmodernisme' en 'Opkomende Kerk' word deesdae baie algemeen in Christen-kringe genoem en baie gesprekke is al hieroor gevoer. 'Nuwe denke' oor God word bepleit en 'Kerk' word deur sommige anders as vroeër gedefinieer. Maar wat presies word met hierdie twee begrippe bedoel en wat behoort die Christen-beskouing hieroor te wees?
Die aardbewing en die tsoenami in Japan het vele artikels en programme tot gevolg gehad waarin God vir hierdie rampe blameer word, of wat probeer bewys dat Hy glad nie bestaan nie. Een koerant het daarop aanspraak gemaak dat al die hoofde van die groot godsdienste en denominasies dit tydens ’n onderhoud eens was dat die aardbewing en tsoenami nié ’n oordeel van God kon wees nie.
Een van die bekendste ateïste van die 20ste Eeu, die Britse filosoof Bertrand Russell, het die volgende geskryf op die vraag wat hy sal doen as hy moet uitvind dat daar inderdaad ‘n God is: “Why I’m not a Christian? I will then ask the Almighty: ‘Why didn’t you give us more evidence?’”
Wetenskaponderwyser en outeur Ken Poppy, het hierop reageer. Hy was van mening dat: “Russell seems to be positioning himself in case he needs to shift the blame to God for not being more convincing.” Frustrasie en ontevredenheid is gewoonlik die eerste tekens van iemand wat teruggeval het in die geloof. Dit maak nie saak hoe diep dit weggesteek word nie, daar is tog die moedelose erkenning dat jy die oorvloedige lewe in Christus misloop.
Daar is ook die ongemaklike besef dat jy Christus se liefde verwerp. As teruggevallene is jy diep bewus daarvan dat jy uit voeling is met God en dat die verhou ding met God wat eens so kosbaar was, ten einde geloop het. Jy begin wonder of daardie vreugde van ‘n innige gemeenskap met God en die vertroue dat jy in die middelpunt van God se Wil is, ooit weer ervaar sal word. Daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan, die wete dat alles ten goede meewerk vir hulle wat in God glo en die vervulling wat jy ervaar omdat jy weet dat jy in kontak is met die lewende God, net nie meer daar is nie. Wat is die verskil tussen die Christelike geloof en alle ander godsdienste? Ons hoor so dikwels dat mense van mening is dat alle gelowe tog maar dieselfde is. Hoekom is Christene dan so onversetlik deur te glo dat hul geloof die enigste ‘regte’ een is? “Hoe kan jy so bekrompe, so dweperig en so onverdraagsaam wees deur te glo dat Jesus die enigste weg na God is?”
"Wie die media beheer, beheer die kultuur.” Dr Ted Baehr. “Wie die woord definieer, definieer die wêreld.” John Locke. “Die pen is magtiger as die swaard.” William Shakespeare. Die gemiddelde kind sien tussen 15 000 en 30 000 uur televisie in gemiddelde huishoudings met televisie voordat hy/sy die skool verlaat! (Nielsen Medianavorsing 1995). Gedurende dieselfde tyd sal die gemiddelde kind ongeveer 11 000 tot 16 000 uur in die skool spandeer en minder as 2 000 uur gehalte-interaksietyd met hul ouers (The Media Wise Family deur Dr Ted Baehr). Baie kinders spandeer reeds voor sesjarige ouderdom meer ure voor die televisie as wat hulle in hul hele lewe met hul pa’s sal spandeer.
Vir die meeste jongmense is films meer werklik as die werklikheid self. Films wys jou wát om te doen, hoé en wannéér om dinge te doen; dit wys hoekom jy dit moet doen en sê dan ook nog hoe jy daaromtrent moet voel! Kinders leer van onderwysers ten opsigte van inligting en gedrag, herhaal dan die inligting en gedrag en vergoed dan die akkurate terugvoer van die informasie en/of gedrag. Televisie bied die gedrag aan, maar herhaal en vergoed in ‘n groter mate as wat ouers of onderwysers ooit kan juis omdat dit meer tyd in beslag neem, meer informasie per minuut weergee en dit is boonop opwindend, vermaaklik en boeiend. Wat bied films en TV aan? |
Meer Artikels
All
Archives
October 2020
|