"Wie die media beheer, beheer die kultuur.” Dr Ted Baehr. “Wie die woord definieer, definieer die wêreld.” John Locke. “Die pen is magtiger as die swaard.” William Shakespeare. Die gemiddelde kind sien tussen 15 000 en 30 000 uur televisie in gemiddelde huishoudings met televisie voordat hy/sy die skool verlaat! (Nielsen Medianavorsing 1995). Gedurende dieselfde tyd sal die gemiddelde kind ongeveer 11 000 tot 16 000 uur in die skool spandeer en minder as 2 000 uur gehalte-interaksietyd met hul ouers (The Media Wise Family deur Dr Ted Baehr). Baie kinders spandeer reeds voor sesjarige ouderdom meer ure voor die televisie as wat hulle in hul hele lewe met hul pa’s sal spandeer.
Vir die meeste jongmense is films meer werklik as die werklikheid self. Films wys jou wát om te doen, hoé en wannéér om dinge te doen; dit wys hoekom jy dit moet doen en sê dan ook nog hoe jy daaromtrent moet voel! Kinders leer van onderwysers ten opsigte van inligting en gedrag, herhaal dan die inligting en gedrag en vergoed dan die akkurate terugvoer van die informasie en/of gedrag. Televisie bied die gedrag aan, maar herhaal en vergoed in ‘n groter mate as wat ouers of onderwysers ooit kan juis omdat dit meer tyd in beslag neem, meer informasie per minuut weergee en dit is boonop opwindend, vermaaklik en boeiend. Wat bied films en TV aan?
0 Comments
Die getygolwe van protes en opstande wat oor die Arabiese wereld spoel, stuur 'n waarskuwingsboodskap aan die wereld. Meer as 'n miljoen betogers wat dag na dag in die strate van een enkele hoofstad krete en slagspreuke skree en daarop aandring dat die outoritere leiers, van wie sommige al vir dekades in beheer is, moet bedank, het skokgolwe deur die wereld gestuur en oral konsternasie veroorsaak.
tragiese dood van ‘n sestienjarige graad-11-leerling het net weer die probleem van afknouery en geweld in ons skole beklemtoon
Die hele onderwerp ‘dissipline’ word dikwels eerder vermy, as wat dit deeglik hanteer word. Die rede?
Dit roep gedagtes van misbruik, verwaarlosing en sommer oor die algemeen ‘n liefdelose huis op. Selfs onder bekommerde Christenfamilies is daar so baie vrae oor die regte manier om kinders te dissiplineer wat onbeantwoord is. Ek moet nog van kerke hoor wat die onderwerp ‘dissipline’ voldoende hanteer sodat dit ouers help om oor hierdie mynveld te onderhandel. God is ‘n God van orde en nie van chaos nie – en ons huise moet dit weerspieël. Die Skrif is baie duidelik oor hierdie onderwerp en ouers behoort daarop ag te slaan. Nie net sal die siele van ons kinders dan floreer nie, maar ons huise sal veel aangenamer plekke wees vir almal wat daarin bly. In plaas daarvan om te wag totdat ons kinders baie ouer is, behoort discipline reeds in die eerste jaar of twee te begin. Baie van die kritiek en die teenstand waaraan Christene blootgestel word, is die gevolg van onkunde en misverstand t.o.v. wat ‘n Christen werklik is. Reg van die begin af is daar vals beskuldigings teen die Christene in die Romeinse Ryk ingebring. Christene is van kannibalisme beskuldig!
“Julle Christene eet die vleis en drink die bloed van mense tydens julle seremonies!” En dit omdat die Nagmaal simbolies verwys na die eet van Sy Liggaam en die drink van Sy Bloed. Sekere Romeine het dit egter aangegryp en uit onkunde of kwaadwilligheid die gerug dat Christene by kannibalisme en menslike offerande betrokke is, versprei. Ek is ‘n goeie persoon. Ek drink nie. Ek rook nie. Ek gebruik nie dwelms nie. Ek steel nie en ek vloek ook nie. En ek is nie homoseksueel nie – ek is ‘n goeie persoon!” Hierdie reaksie kom ‘n mens dikwels teë as jy by straatevangelisasie, deur-totdeur-of enige ander vorm van evangelisasie betrokke raak.
Die meeste mense is heilig daarvan oortuig dat hulle goeie mense is. En tog, die Bybel predik nie die aangebore goedheid van die mens nie. Rom 3:10-18 leer ons: “Niemand is goed nie – selfs nie een enkele een nie. Daar is nie een wat werklik verstandig is nie; Niemand wat werklik ernstig na God soek nie. Almal het hulle rug op God gekeer; almal het sleg geword; daar is niemand wat die goeie doen nie – selfs nie een enkele een nie…eerbied vir God speel by hulle geen rol nie.” |
Meer Artikels
All
Archives
October 2020
|