Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Kom Terug!

10/8/2012

0 Comments

 
​Frustrasie en ontevredenheid is gewoonlik die eerste tekens van iemand wat teruggeval het in die geloof. Dit maak nie saak hoe diep dit weggesteek word nie, daar is tog die moedelose erkenning dat jy die oorvloedige lewe in Christus misloop.

Daar is ook die ongemaklike besef dat jy Christus se liefde verwerp. As teruggevallene is jy diep bewus daarvan dat jy uit voeling is met God en dat die verhou ding met God wat eens so kosbaar was, ten einde geloop het. Jy begin wonder of daardie vreugde van ‘n innige gemeenskap met God en die vertroue dat jy in die middelpunt van God se Wil is, ooit weer ervaar sal word. Daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan, die wete dat alles ten goede meewerk vir hulle wat in God glo en die vervulling wat jy ervaar omdat jy weet dat jy in kontak is met die lewende God, net nie meer daar is nie.
TEVREDE MET TWEEDE BESTE
Hoe kan enigiemand wat God se perfekte Wil ervaar het, ooit weer tevrede wees met die tweede beste? Wat op aarde het veroorsaak dat jy handdoek ingegooi het?
Wat het veroorsaak dat jy afvallig geword het en tevrede is met wat die wêreld bied? Was dit die openbare mening, groepsdruk of sosiale aanvaarding wat dit veroorsaak het? Was dit vir jou té moeilik en die ver eistes té hoog? Was die opposisie te sterk of was die versoeking net eenvoudig te groot?

HOEKOM MINDER AS GOD SE BESTE VIR JOU AANVAAR?
Dit is so tragies dat daar in die geestelike oorlog (Ef 6: 10 -18) van die Christendom soveel ongevalle is. Dit is waarom Jesus ons geleer het om in Sy voetspore te volg (1 Pet 2:21) omdat die duiwel se landmyne nooit in die middel van God se pad gevind sal word nie (Jes 35: 8 – 10). Solank ons in God se perfekte. Wil beweeg, sal ons die storms van die lewe kan trotseer en die aanvalle suksesvol die hoof bied (Matt 7:24 - 27).

WAPENRUSTING NODIG
Dit is juis op grond van die werklike gevaar wat die vyand inhou (1 Pet 5:8) dat die Woord van God ons aanspoor om die volle wapenrusting van God aan te trek. Jesus waarsku ons dat dié wat die Evangelie net oppervlakkig ontvang en nie sorg dat daar ‘n sterk fondament van totale toewyding gelê word nie, sal terugval.
Lees gerus wat Markus in die verband in hoofstuk 4: 3 -20 sê. Diegene wat nét seëninge en voordele begeer, is nie bereid om die koste te betaal en die nodige opoffering te maak nie. Hulle sal baie beslis nie lank ‘hou’ nie – Luk 14: 27–33. Jesus het ook verder gewaarsku dat dié wat sonde in hulle lewe bly toelaat (1 Joh 3:8) en dit nie bely en daarvan afstand doen nie, se geestelike lewe daardeur verwurg sal word net soos wat onkruid plante verstrengel en laat vergaan.

ANDER SE MENING OOR JOU
Die Bybel waarsku ook baie duidelik teen die gevaar van bekommerd wees oor wat ander van jou dink (Spr 29:25), want dit lei ons in die versoeking om ons standaarde te verlaag, kompromieë aan te gaan en dan hulle voorbeeld te volg eerder as Jesus s’n. (Joh 13:15).
Ons moet leef om God te plesier en nie mense nie. (Joh 8: 29). Dubbele lojaliteit ondermyn ons toewyding aan die Here (Matt 6:24). Wat ookal tussen ons en die Here kom, moet met wortel en tak uitgeroei word en afgelê word. (Heb 12:1). Indien geld, ambisie, vriende, materiële dinge, opvoeding, politiek of begeertes meer aandag kry as wat die Here kry en belangriker as Hy in ons lewens is; dan moet ons kies wie ons wil dien, want ons kan nie twee here dien nie. Jesus is òf Heer van alles òf Heer van niks nie!

VOEDING NOODSAAKLIK
Dit is te dikwels die geval dat die persoon wat terugval sy geestelike lewe verwaarloos het. Die Woord van God is vir ons siele presies dit wat kos vir ons liggame is. Niemand kan geestelik oorleef sonder om gevoed te word deur die Woord van God nie. (Matt 4:4). Jy kan in ‘n geestelike geraamte verander indien jy die gereelde, biddende en gehoorsame studie van Sy Woord verwaarloos. (Jak 1:25).

GEBEDSLEWE BELANGRIK
Gebed is die geestelike asem vir ons siel. Dit is uiters noodsaaklik. Net soos iemand wat ophou asemhaal kan verwag om te sterf, kan die Christen wat nie bid nie, verwag om binne weke in ‘n verrottende geestelike lyk te verander. (Luk 18:1).
Die Bybel doen baie duidelik verslag van die mislukkings van selfs die grootste van die Godsmanne in die Bybelse tyd. Almal het op een of ander stadium in hul lewens van God afvallig geword:
Adam was ongehoorsaam - Rom 5:12 en Gen 3:1 - 6
Israel was ongelowig - Rom 9:32
Saul was hardkoppig en het rebelleer - 1 Sam 15:22, 23
Simson het by die vyand geslaap - Rigt 16:19
Dawid was ‘n egbreker en moordenaar - 1 Sam 11
Petrus het Jesus verraai - Luk 22:55 – 62
Thomas het Jesus betwyfel (kyk gerus na Joh 20:25 – 28).

UITDAGING IN SY WOORD
Dit is egter nie die Here se manier om sy gewonde troepe die finale steek met die bajonet toe te dien nie. Ons is in ‘n geestelike oorlogvoering, ongevalle is onvermydelik en die Here het voorsiening daarvoor gemaak dat ons kan terugkeer en herstel kan word. God se Woord daag ons uit: “As mense val, staan hulle dan nie weer op nie?” Jer 8:4.
In Lukas 15 gee Jesus hoop aan almal wat sukkel deurdat hulle teruggeval het – dit word gedoen in drie kosbare vergelykings.

VERDWAALDES GESOEK
In die Gelykenis van die Verlore Skaap: Jesus sê hier baie duidelik dat, indien jy deel van Sy kudde is en jy verdwaal het, Hy jou sal soek en nie sal rus totdat Hy jou gekry het nie. Jy behoort aan Hom, Hy het vir jou gesterf en Hy sal jou terugbring na die veiligheid en sekuriteit van Sy kudde.
In die Gelykenis van die Verlore Seun: Hier vertel Hy ons dat ons altyd welkom sal wees in die Vader se huis en dat daar groot vreugde in die Vader se hart is as Hy dié wat teruggeval het, weer terugverwelkom. Geen sonde is groter as God se Genade nie!
In die Gelykenis van die Verlore Muntstuk: Hier word dit duidelik gemaak dat ons baie kosbaar vir God is. Dawid het Sy sonde bely (Ps 51) en na God teruggekeer om Hom vir die res van sy lewe te dien. (2 Sam 12). Petrus is weer ‘herstel’ en het Jesus kragtig onder die Jode gedien en vir Jesus aan ‘n onderstebo-kruis gesterf ( Joh 21: 15 -19). Thomas het as apostel voortgegaan en Jesus kragtig in Persië en Indië gedien en as martelaar vir Christus naby Madras gesterf (Joh 20: 28, 29).

HOE KAN JY DAN NA HOM TERUGKOM?
God sê in Sy Woord: “Julle sal na My roep en kom bid. Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.” Jer 29:12-13.
“Draai met volle oorgawe terug na My toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hartseer is nie, skeur julle harte! Draai terug na die Here julle God toe, want Hy is genadig en vol meegevoel. Hy word nie maklik kwaad nie. Hy is baie liefdevol en wil julle nie graag straf nie.” Joël 2:12-13.
“Dit is die Here wat jou teruggeroep het uit jou smart. Jy was soos ‘n jong vrou wat deur haar man verstoot is, sê jou God. Vir ‘n kort rukkie het Ek jou verstoot, maar omdat ek jou baie liefhet, vat Ek jou terug.” Jes 54:6-7. “Elkeen wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal dié persoon wat na My toe kom, glad n ie verstoot nie.” Joh 6:37.

DÓÉN WAT REG IS
Indien jy na die Here wíl terugkom, bid sommer nou! Maak jou Bybel by Ps 51 oop en bid daardie gebed met ‘n opregte hart, bedoel elke woord en soek dan ook die volgende gedeeltes op: Heb 7:25; 1 Joh 1:9; 1 Joh 2:1- 2; Fil 1:6; Fil 2:13 en 1 Pet 4:2-5. Lees ook die volgende oor versoeking: 1 Kor 10:13; 1 Joh 4:4 en Jak 4:7. Jy sal nooit vrede ervaar tensy jy doen wat reg is nie.
Draai jou rug op die sonde en draai terug na Hom toe! “Aan Hom wat magtig is om julle van val te bewaar, en julle sonder vlek met groot vreugde voor Sy heerlike teenwoordigheid stelling te laat inneem, aan die ewige God, ons Verlosser op grond van wat Jesus Christus vir ons gedoen het, behoort die heerlikheid, die grootheid, die krag en die mag van altyd af, ook nou en vir altyd. Amen.” Jud 24, 25.
​
Dr. Peter Hammond is die Voorsitter van The Reformation Society. Besoek www.ReformationSA.org. Dr. Hammond is beskikbaar vir kerkpraatjies en kan geskakel word by 021 689 4480, e-pos  [email protected]
Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer 
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA