Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Animisme, Voorvaders & die ANC

31/8/2012

0 Comments

 
​Die ANC se eeufeesvierings en die seremonie waartydens hulle Suid-Afrika aan die voorvadergeeste toegewy het, het landswye reaksie ontlok. Hoe behoort Christene hierop te reageer? Wat sê die Bybel oor voorvadergeeste? Aan wie behoort hierdie land toegewy te word? Is daar voorbeelde uit die geskiedenis waar ander nasies voorvadergeeste in die openbaar aanbid het? Wat was die gevolg van sodanige aanbidding?
Rituele Slagtings
Die African National Congress het die jaar met ’n rojale verjaardagparty in Bloemfontein afgeskop. Met luide trommeslag en dreunsange wat die lug gevul het, het die ANC-president, Jacob Zuma, die tradisionele reinigingseremonie – die rituele offer van ’n bul wat met ’n spies doodgesteek word terwyl dit aan ’n boom vasgemaak is – waargeneem. Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, verduidelik: “Die slagproses het verskillende betekenisse. Alle volke het een of ander feesviering wat met die slagting van ’n dier of diere gepaard gaan.” Ten spyte van hierdie verduideliking, kon joer naliste hul nie indink hoe die Koningin van Engeland, byvoorbeeld, nasionale geleenthede met die slagting van ’n hulpelose dier sou open nie. Die inter-geloofs diens het boodskappe en seëninge van verteenwoordigers van alle groot geloofs groepe, insluitende Moslems, Hindoes, Christene, Rastafariërs en tradisionele animistiese toordokters, ingesluit.

Gebed van die Opposisie

Dr. Kenneth Meshoe, opposisieleier van die African Christian Democratic Party, het sy uitnodiging om hierdie fees by te woon, van die hand gewys. Hy het verklaar dat die aanbidding van voorvadergeeste van gestorwe leiers vernietigende gevolge op hierdie land sal hê. Eerwaarde Meshoe het eerder saam met ander Christene buite die Uniegebou in Pretoria vir ’n lof- en aanbiddingsdiens vergader om Suid-Afrika aan die Lewende God toe te wy.

Onverdraagsaamheid
In reaksie hierop het die ANC-kapelaan, Vukile Mehana, dr. Meshoe gekritiseer weens sy ‘fundamentalistiese Christelike oortuigings’ en verklaar dat Meshoe daar- mee ‘godsdienstige onverdraagsaamheid’ verkondig. Vukile Mehana het dr. Meshoe se optrede as geheel en al ‘onaanvaarbaar en ’n direkte verbreking van die grondwet, asook van die kernwaardes en – beginsels van die Christendom’, veroordeel.

Verering van Voorvaders
Mehana het verklaar dat dit ‘misleidend en moedswillig’ is om aan die hand te doen dat die ANC een geloof bo ’n ander begunstig. Hy het volgehou dat die eeufeesvierings nie die aanbidding van voorvadergeeste was nie, maar slegs die verering van diegene wat deel van die geskiedenis is. Die onderskeid tussen ‘voorvaderaanbidding’ en die ‘verering van diegene wat deel van die geskiedenis is’, is ’n baie wankelrige onderskeid.

Verwarring en verdraaiing
Mehana se oortuigings is verwarrend en weersprekend. Hy veroordeel dr. Meshoe se ‘fundamentalistiese Christelike oor tuigings’ enersyds, maar is andersyds van mening dat Meshoe se oortuigings ’n ‘direkte verbreking van die kernwaardes en-beginsels van die Christendom’ is! Dit is nie duidelik hoe dr. Meshoe se oortuiging ’n oortreding van die grondwet is nie. ’n Mens sou dink dat godsdiensvryheid, Vryheid van mening, vryheid van spraak en vryheid van assosiasie, deur die grondwet, gewaarborg word.

Liefde vir die land
Dr. Meshoe het verklaar: “Juis omdat ek my land liefhet, kan ek my nie daarmee vereenselwig dat dit aan gestorwenes toegewy word nie.” Hy het alle Suid-Afrikaners wat hul land liefhet, aangemoedig om saam met hom te bid om “te doen wat reg is omdat dit wat die ANC doen, verkeerd is.”

’n Vervloekte volk
Haïti is ’n goeie voorbeeld van ’n land wat aan voorvadergeeste toegewy is. Die ‘Wall Street Journal’ het in ’n artikel, ‘Haiti and the Voodoo Curse: The Cultural Roots of the Country’s Endless Misery’, geskryf dat Haïti, ten spyte van hulp van biljoene buitelandse doller oor die afgelope 50 jaar, nog steeds die onderontwikkeldste land in die

Westelike Halfrond is. Die werkloosheidsyfer is ongeveer 70% en 98% van die eiland is reeds ontbos. Haïti is die land met die ergste besoedeling, droogtes, hongersnood, dwelmmisbruik en verspreiding van VIGS in die Westerse wêreld. ’n Beraamde 75% van die bevolking is aktief by toorkuns betrokke en is in die topposisie wat korrupsie betref; trouens, 25% van die polisie is op die betaalstate van die dwelmbase en bendeleiers. Die massiewe aardbewing in 2010 was die ergste natuurramp ooit in die Westerse wêreld en 300 000 het in die ramp gesterf. Haïti is, tydens sy tot standkoming in 1803, aan satan toegewy en in 2003 is toorkuns as die nasionale geloof van díé land verklaar.

Vooruitgangshindernis
Die ontwikkelingskundige van Kameroen, Daniel Etounga- Manguelle, word in die ‘Wall Street Journal’ aangehaal waar hy sê toorkuns is: “one of the principal obstacles to progress in Africa.” Hy verklaar verder: “Haiti’s culture is powerfully influenced by its religion, voodoo. Voodoo is one of the numerous spirit-based religions.

It is without ethical content. Its followers believe that their destinies are controlled by hundreds of capricious spirits who must be propitiated through voodoo ceremonies.” Animisme is dus ’n ‘vooruitgang-stremmende mag’.

Begrip van Animisme
Animisme is geestesaanbidding. Dit behels nekrologie – die aanbidding van gestorwenes. Die toordokters of sjamaans, word as kundige bemiddelaars beskou wat die regte dreunsange ken en weet wat die regte offers is om die geeste te paai. Animisme is obsessief daaroor om voorspoed teweeg te bring en teenspoed te vermy. Elke gemeenskap het sy eie stel gebiedsgode en-geeste. Vrees speel ’n baie groot rol in animiste se lewens. Hulle sien die wêreld as gevul met geeste, voorbodes, towerformules, en magte. Deur toorkuns, waarsêery en heilige rituele soek hulle beskerming om die gode en die voorvadergeeste te paai. Hulle onderhou talle verbodsbepalings en neem heilige plekke in ag. Daar is byvoorbeeld ’n heilige boom in Haïti waar toordokters meer as twee eeue gelede ’n ooreenkoms met die duiwel gesluit het.

Rituele slagting
Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het 28 jaar gelede die 28-jarige Smangaliso Ngubane skuldig bevind aan moord vir die ‘slag’ van sy 17-maand-oue dogtertjie in ’n rituele offerseremonie. Amini Xaba is ses keer deur haar pa gesteek in ’n ritueel wat deur staatsgetuies as ’n ‘voorvaderoffer’ beskryf is. Ngubane het getuig dat hy stemme, wat hom beveel het om die daad te pleeg, gehoor het.

Kinderoffers
In Uganda hang die regering plakkate in speelgronde en aan pale langs die paaie op om teen die ontvoering van kinders deur toordokters vir kinderoffers te waarsku. Die polisie het al honderde kinderoffers in Uganda ondersoek en volgens die ‘Anti-Human Sacrifice Task Force’ is daar ’n groeiende geloof dat die offer van ’n kind jou van rykdom verseker.

Daar is ook mense wat bereid is om hier die kinders te koop om, ter wille van die voorspoed van hul sake-ondernemings, aan die voorvaders te offer in die hoop dat die geeste gepaai is.

Kragtige voorvaderlike inspraak
Jubilee Campaign meld dat hulle van meer as 900 gevalle van mense-offers in die land weet. Kerke sing: “Heal our land, end child sacrifice.” ’n Verslaggewer van BBC wat in die geheim in swart gemeenskappe gewerk het, het ’n plaaslike toordokter se verduideliking van die krag wat in kinderoffers opgesluit is, verfilm. Die toordokter se woorde: “There are two ways of doing this, we can bury the child alive on your construction site, or we can cut him in different pieces and put the blood in the bottle of spiritual medicine,” is selfverduidelikend.

Animisme is ernstig
Hierdie voorbeelde en nog baie ander dinge herinner ons daaraan dat animism ’n werklikheid is en dat die toewyding van hierdie land aan voorvadergeeste ernstige gevolge het. Die Woord van God is baie duidelik: “Moenie julle ophou met waarsêery en towery nie. Moenie op geeste en waarsêers vertrou nie, want hulle sal julle onrein maak. Ek, die Here, is julle God.” Lev 19:26, 31.

Wat sê die Bybel?
“Wanneer jy kom by ’n land wat die Here jou God aan jou gee, moet jy nie die afskuwelike gebruike na-aap van die nasies wat daar lewe nie. Byvoorbeeld, moet nooit jou seun of dogter as brandoffer verbrand nie. Moenie betrokke raak by waarsêery of goëlery of by die interpretasie van voortekens of towery of beswerings of iemand wat geeste oproep of iemand wat dooies raadpleeg nie. Enigiemand wat sulke dinge doen, is ’n gruwel vir die Here. Dit is omdat die ander nasies sulke dinge doen, dat die Here jou God hulle voor jou gaan verdryf. Jy moet onberispelik wees voor die Here jou God. Hierdie nasies wat jy gaan verdryf, raadpleeg goëlaars en waarsêers, maar die Here jou God verbied jou om sulke dinge te doen.” Lev 18: 9-14.

Kommunikasie met afgestorwenes
Die Bybel is baie duidelik dat ons nie met die geeste van afgestorwenes moet kommunikeer nie. Elke mens is bestem om net een keer te sterf en daarna kom die oordeel (Heb 9:27).

Daar is ’n duidelike skeiding tussen die lewendes en die dooies en kommunikasie tussen hulle is onmoontlik (Luk 16:26). Baie mense dink egter dat hulle met voorvadergeeste kommunikeer terwyl dit inderwaarheid verleidelike demone is, “...onrein geeste uit mense te dryf...” Matt 10:1; lees gerus ook Hand 19:12 en Judas 6 in hierdie verband.

Okkultisme
Okkultisme maak God se vyande die leidende mag en die bron van kennis. Diegene wat “leuengeeste volg en leerstellings wat van bose geeste af kom…” is eintlik mense wat wegdraai van die geloof (1 Tim 4:1). Ons word opgeroep om “nie die praktyke van die nasies na te volg nie.” Jer 10:2. “Want God het ons nie ’n gees van reesagtigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing.” 2 Tim 1:7.

Toewyding van Suid-Afrika
Jesus Christus is die Koning van die nasies. Hy is die Skepper, die Ewige Regter, die enigste Bemiddelaar tussen God en die mens (1 Tim 2:5-6). Jesus Christus is die Weg, die Waarheid en die Lewe, niemand kom by die Vader uit behalwe deur Hom nie (Joh 14:6). Daar is geen ander Naam onder die Hemel waardeur ons gered kan word nie (Hand 4:12). Die enigste Een aan wie Suid-Afrika toegewy behoort te word, is ons Skepper God, die enigste Verlosser en Redder – soos toe die Voortrekkers Geloftedag ingestel het. “Wys dus dat julle van God afhanklik is

deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug.” Jak 4:7

Dr. Peter Hammond, sendeling, outeur en konferensiespreker, e-pos [email protected] of skakel hom by 021-689-4480

Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA