Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry

29/8/2012

0 Comments

 
Die terme 'Postmodernisme' en 'Opkomende Kerk' word deesdae baie algemeen in Christen-kringe genoem en baie gesprekke is al hieroor gevoer. 'Nuwe denke' oor God word bepleit en 'Kerk' word deur sommige anders as vroeër gedefinieer. Maar wat presies word met hierdie twee begrippe bedoel en wat behoort die Christen-beskouing hieroor te wees?
POSTMODERNISME EN DIE OPKOMENDE KERK

Ons is nie opkomend nie omdat: ons aan die algehele sondigheid van die mens, die Soewereiniteit van God en die Heerskappy van Jesus Christus in alle areas van die lewe glo. Die Bybel alleen is ons primêre gesag. Redding vind nét deur die Genade van God en deur Geloof alleen plaas en Christus is die énigste Hoof van die Kerk. Alles moet tot Eer van God alleen gedoen word.

FUNDAMENTELE WAARHEDE BLY VASSTAAN
Modes en giere kom en gaan, maar die Woord van God sal tot in alle ewigheid bly bestaan. Sommige dinge is eietyds en vir 'n seisoen gewild, maar daar is sekere standaarde wat die toets van die tyd deurstaan het en reeds vir geslagte en eeue bly be­staan. Klassieke musiek soos die van Bach en Handel, klassieke aanbidding soos bv. die Book of Common Prayer deur Thomas Cranmers, die Psalms van Dawid, die preke van Charles Spurgeon, die teologie van Jo­hannes Calvyn en Martin Luther se groot Hervormingsgesang - 'n Vaste Burg is Onse God - is tydlose klassieke werke wat sal bly bestaan. Die Bybel waarsku ons: "My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word." Jak 3:1.

ONDERRIG VAN TWYFEL EN VERWARRING
Dit is een ding vir 'n hoërskoolleerder om 'in 'n leerproses' te wees t.o.v. sy geloof, maar dit is iets totaal anders vir prominente leiers, pastore, predikante en skrywers om konferensies aan te bied, boeke te skryf en die wêreld met hul twyfel, nadenkinge en argwaan te besoedel.

DIE MODE VERGAAN
In die 34 jaar sedert my bekering en roeping na die sendingveld, het ek al vele grille en giere gesien wat die kerk meegevoer het. Alle soorte spreuke het gekom en gegaan, bv. "Ek wens ons was almal gereed", "Dit kos net 'n vonkie" en "Laat ekjou van 'n droom vertel".

Talle boeke het ook al baie sensasie veroorsaak, maar die geldigheidsdatum daarvan het gekom en gegaan, insluitend die volgende: 'The Late Great Planet Earth', '88 Reasons Why Jesus is Coming Back in 1988', '89 Reasons Why Jesus is Com­ing Back in 1989', '1994?' 'The Coming Y2K Crash', '2000?' en nou onlangs ook weer 'The Shack' (met 'n nogal aanmatigende uitspraak dat dit 'n klassieke werk is soos bv. Pilgrim's Progress, die Engelse topverkoper vir meeras drie eeue!)

Selfs in die sendinggemeenskap is ons gereeld deur sensasionele strominge meegesleur wat dikwels baie minder gelewer het as wat aanvanklik belowe is. Ek het al die instelling van Kinderkerk, Tienerkerk en 'n verhoog wat die preekstoel vervang, gesien. Kleredrag Sondagoggende het verander van dames wat hoede, rokke en handskoene en mans wat pakke klere en dasse dra tot gemeentes wat lyk asof hulle op die strand saamkom. Of, in sommige gevalle, pas van die strand terug is! Ongeskeerde mans met dae se baard, ongekamde hare, gekreukelde klere en selfs nog ongewas ook, is deesdae glad nie meer 'n onbekende gesig by sommige van die mega-kerke nie.

Ek het vir een ongeskeerde, slordige vent wat die diens wat ek gelei het, bygewoon het gesê: "Jy lyk asof jy in jou klere geslaap het?" "Ja," het hy geantwoord, "ons was laasnag op die strand en ek het daar aan die slaap geraak!" Toe die Apostel Paulus geskryf het: "Ontsag vir God het hulle nie." Rom 3:18, het hy na die heidene verwys. Deesdae verwys die versook na kerkgangers.

IS DAAR IETS GOEDS AAN DIE OPKOMENDES?
Hulle wil relevant, kontekstueel, verwantskaps - en verhoudingsgebonde wees. Hulle verafsku vlak en vals kerke. (Ons ook!).

WAT IS VERKEERD MET DIE OPKOMENDES?
Hulle is op soek na die waarheid terwyl hulle terselfdertyd verklaar dat hulle nie seker is dat dit bestaan nie. Die bestemming is vir hulle sekondêr terwyl die reis die belangrikste is.

Peter Rollins verklaar bv. dat: "instead of thinking in terms of destination (we be­come Christians, join a church, are saved), we should think in terms of journey (we are becoming Christians, becoming church, be­coming saved) Hence, we need to be evan­gelised as much as, if not more, than those around us."

SELFGESENTREERDHEID
Die Postmoderne manier is dié van ervaring, meer dwaling as rigting, meer dubbelsinnigheid as definisie, meer verhouding as geloof. Die postmoderne obsessie met introspeksie is al gekritiseer as 'selfliefde en selfverheerliking'. Die mantra van die postmodernis is 'selfuitdrukking' en 'trou aan die self'.

BESLUITLOOSHEID
Donald Miller sê:"Wie weet in elkgeval enigiets!" Rob Tell verkondig: "God is te groot om te begryp en die waarheid té 'n groot geheimenis om te verstaan!" "Die Bybel het 'n 'oop' einde!" "Vrae is die nuwe antwoorde!" "Moontlik is die nuwe' ja'!"

MOONTLIK
Brian McClaren skryf: "Ek huiwer om 'n antwoord op die homoseksuele vraag te gee, nie omdat ek 'n lafhartige draadsitter is wat die ore wil streel nie, maar juis omdat ek 'n pastoor is!"; "Ons is nie seker of, of wáár, die grense getrek moet word nie en ons weet ook nie hoe om met regverdigheid die grense wat reeds daargestel is, af te dwing nie!" Sulke pastorale hulp is eintlik geen hulp hoegenaamd nie.

Hierdie Opkomendes wil moontlik niemand seermaak nie, maar hul weiering om standpunt in te neem (en in baie gevalle neem hulle 'n on-Bybelse standpunt in), maak dikwels meer mense seer. Dit skaad diegene wat andersins die versoekings sou weerstaan en die strikke sou mistrap. Dit maak dié seer wat sukkel om seksuele ver­soekings te oorkom.

Immoraliteit en perversie skaad lewens, vernietig gesinne en stuur siele hel toe! God se Woord is baie duidelik oor hierdie kwes- sies. Waarom moet ons dan dubbelsinnig wees? Ons stilswye oor sleutelkwessies kan boekdele spreek. Ons is of vir Christus, of teen Horn. Om nié te besluit nie, is eintlik om teen iets te besluit. Ons kan nie neutraal in hierdie Wêreldoorlog van Wêreldbeskou- ings staan nie!

TWYFEL
Die meeste Opkomendes het skynbaar twyfel as wese van geloof gevestig. "Twyfel... kan ook as 'n belangrike deel van geloof gevier word," sê Peter Rollins. Dave Tomlinson skryf in 'The Post Evangelical': "Doubt is a potential friend... a vital means by which Christians mature." "Doubt is the good friend of faith."

Die Bybel leer ons egter om die Skild van die Geloof (Ef 6:16) op te neem. Jesus het dié wat twyfel, bestraf en het dié met klein geloof getugtig. Matt 6:30 praat van: "...julle kleingelowiges." Matt 21:21 lees ook: "As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het." En in Joh 20:27 sê Jesus Self: "Moenie longer kleingelowig wees nie!" Jak 1:6 sê: "So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbe- stendig is in sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie."

Volgens Heb 11:1: "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oor- tuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie." Die Heidelbergse Kategismus (Vraag 21) definieer geloof as "nie net blote ken- nis en oortuiging nie... dis 'n diepgesetelde versekering."

SKERP KONTRAS
In skerp kontras met die Opkomendes ver- klaar die Bybelvertolker, Dr. Martin Lloyd Jones, die volgende: "Kom terug na God se Woord. Hou op vrae vra. Begin met die be- loftes in die regte volgorde. Sê: 'Ek wil die Waarheid weet, maak nie saak wat dit my kosnie!'Verbindjouselfdaartoe,onderwerp jouself daaraan, word soos 'n klein kindjie en pleit by Horn om jou 'n duidelike teken te gee, perfekte visie en om jou weer heel te maak... ons is nie bedoel om in 'n staat van twyfel en argwaan te leef- onseker en ongelukkig - nie." (Geestelike Depressie).

SEKERHEID
Opkomendes bied ons:

Vrae as die nuwe antwoorde
'Moontlik'asdie nuwe'ja'
Twyfel as die nuwe geloof
Besluiteloosheid as die nuwe plan
'n Reisasdie nuwe eindbestemming
As Bybelgelowige Christene weet ons egter die Bybel beskik oor ál die antwoorde. Ons 'ja' behoort 'ja' te wees en ons 'nee', moet 'nee' wees! Ons verwerp die pad gelaai met twyfel en ongeloof en omhels en veg vir die Geloof waaroor die heiliges beskik het. Ons het mos besluit om Jesus te volg! Daar isgeen omdraai nie!

Jesus is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Niemand kom tot die Vader behalwe deur Horn nie! Ons moet die Evangelie nie net in woorde verkondig nie, maar óók met krag, met die Heilige Gees en met diepe oortuiging. (1 Tes 1:5)..

Dr. Peter Hammond, sendeling, outeur en konferensiespreker, e-pos [email protected] of skakel hom by 021 689 4480.

Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA