Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Jesus sal jou Nooit Verlaat of in die Steek Laat Nie

30/8/2012

0 Comments

 
​Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veilige weiding. Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeerstes aan jou gee. Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.” Ps 37:3-5. Jesus Christus het na hierdie wêreld gekom juis vir diegene wat voel dat niemand omgee nie. Sy onfeilbare liefde omvou diegene wat Hom vertrou. Jesus Christus gee baie beslis om en reik ook uit na eensame, desperate, verwarde, seergemaakte mense wat ontnugter is deur die samele wing. Jesus reik ook uit na jou. “God laat blyk Sy liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was.” Rom 5:8.

“Daarom – iemand wat één is met Christus, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!” 2 Kor 5:17.
God gee die beste aan diegene wat die keuse aan Hom oorlaat

Het jy jou lewe aan God oorgegee? Bid tot God en gee al die slegte dinge in jou lewe aan Hom oor: jou seerkry, teleurstellings, vrese, mislukkings en sondes. Gee dit aan Hom en laat dit daar. Laat Jesus jou innerlik genees, vergeef en jou reinig. Hy sal jou verander en jou hartseer in vreugde verander, jou vrese in vrede in jou hart en verstand. Gee aan Hom oor en Hy sal jou nuwe rigting in die lewe gee. “Petrus antwoord hulle: ‘Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as geskenk ontvang.” Hand 2:38.

Leef vir God
Jesus Christus gee ons ’n nuwe begin in die lewe en ’n nuwe lewe om te begin. Jy moet nie net al jou sondes aan Hom oorgee nie, maar ook al die goeie dinge in die lewe wat Hy aan jou toevertrou het: jou talente en vermoëns. Gee ook jou planne en geleenthede, jou energie en jou tyd en liefde aan Hom.

Gee alles aan Jesus en besluit: Ek sal nie langer daarmee doen wat ek, of ander mense, wil hê nie. Van nou af gaan ek my talente, tyd en geld gebruik soos wat God wil hê ek dit moet gebruik.

Ek sal vra: Wat sal Jesus in my skoene doen? Ek gaan nie langer vir rykdom en status, gewildheid en eer, net vir myself leef nie. Ek gaan van nou af vir Jesus Christus leef – maak nie saak wat die prys gaan wees nie.

Sy Groot Opdrag sal my versugting wees. Sy laaste Opdrag gaan my grootste geleentheid wees. My hoogste prioriteit gaan wees om God met my hele hart, siel en verstand lief te hê en ook my naaste soos myself.

Ons het net een lewe, dit gaan baie gou verby en slegs dit wat vir Christus gedoen is, het waarde. God se Wil sal ons nooit neem waar Sy Genade ons nie kan onderhou nie. God se dienskneg is ook God se verantwoordelikheid.

Wanneer God lei, voorsien Hy ook. God se werk, gedoen op Sy manier, sal nooit God se voorsiening kortkom nie. Ons prioriteit moet wees om God se Koninkryk en Sy geregtigheid te soek, dan sal al hierdie ander dinge vir ons bygevoeg word (Matt 6:33). Wanneer ons ons in die Here verheug, sal Hy ons die begeertes van ons hart gee. (Ps 37:4).

Die Woord van die Here beloof: “U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.” J es 26:3. Ken jy daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan? Lei Sy vrede jou? Vertrou jy Hom met jou hele hart? “Hou julle lewe vry van honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het: ‘Ek sal jou nie los nie, Ek sal jou nie in die steek laat nie’. Die Here is my hulp, daarom sal ek nie bang wees nie. Wat kan enige mens my aandoen?” Heb 13:5-6.

Indien jy jou godsdienstige lewe wil laat herleef, blaai na Psalms – dit is in die middel van die Bybel, die grootste Bybelboek. Dit is ook bekend as die Gebeds- of Gesangeboek van die Bybel. Indien jy nie weet wat om te bid nie; selfs as jy nie wil bid nie – blaai na Psalms en lees daardeur. Daar is 150 Psalms. Indien jy deur een Psalm per dag bid, sal dit jou gebedsgids vir vyf maande wees. Maak Psalms die gebed van jou hart en jy sal ’n herlewing in jou geestelike lewe ervaar. “En ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe. Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid

of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreigemente dit regkry? Selfs die Skrif verklaar tog: Om U ontwil bedreig die dood ons die hele dag en word ons as slagskape beskou. Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat Sy liefde so duidelik aan ons bewys het. Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie.

Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.” Rom 8:28, 35-39.

Dr. Peter Hammond is sendeling, outeur en konferensiespreker, e-pos [email protected] of skakel hom by 021-689-4480, 

Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA