• Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate
Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate

Veroorsaak God Natuur-Rampe?

22/8/2012

0 Comments

 
​Die aardbewing en die tsoenami in Japan het vele artikels en pro­gramme tot gevolg gehad waarin God vir hierdie rampe blameer word, of wat probeer bewys dat Hy glad nie bestaan nie. Een koerant het daarop aanspraak gemaak dat al die hoofde van die groot godsdienste en denominasies dit tydens ’n onderhoud eens was dat die aardbewing en tsoenami nié ’n oordeel van God kon wees nie.
​Is mense dan basies goed?

Dit wil voorkom asof hierdie teoloë en godsdienstiges ‘n basiese aanname deel: die mens is in sy wese goed. En omdat ons almal in ons wesens sulke goeie mense is, kan ons nooit deur ’n liefdevolle en gena­dige God veroordeel word nie. In Amos 4:7-8 verklaar God: “Ek het gesorg dat dit drie maande voor die oestyd nie reën nie, Ek het vir die een dorp reën gegee, en dit van die ander weerhou. Een stuk grond het reën gekry, ’n an­der een het uitgedroog... Nogtans het julle nie na My teruggekeer nie.”

Wat die Woord sê
Die Woord leer ons dat die mens eintlik heeltemal verdorwe is, baie beslis nie in wese goed nie. “Niemand is goed nie – selfs nie een enkele een nie. Daar is nie een wat eintlik verstandig is nie; niemand wat werklik ernstig na God soek nie. Almal het hulle rug op God gekeer; almal het sleg geword; daar is niemand wat die goeie doen nie – selfs nie een enkele een nie.

Hulle taal is vieslik soos die stank wat uit ’n oop graf kom. Met hulle tonge pleeg hulle bedrog. Die gif van dodelike slange drup van hulle lippe. Hulle monde is vol vervloeking en bitterheid... Eerbied vir God speel by hulle geen rol nie.” Rom 3:10-18. “Jy moet ook dit weet, Timoteus, dat daar gedurende die laaste dae moeilike tye sal kom. Want mense sal net hulleself en hulle geld liefhê. Hulle sal grootpraterig en arrogant wees, met God spot, ongehoorsaam aan hulle eie ouers en ondankbaar. Hulle sal niks as heilig beskou nie. Hulle sal liefdeloos en onvergewensgesind wees; hulle sal ander mense belaster en geen selfbeheersing hê nie; hulle sal wreed wees en geen belangstelling hê in wat goed is nie.” 2 Tim 3:1-5. (Kyk 1 Kor 6:9-11 en Open 21:8).

Jesus oor rampe
In die lig van hierdie Skrifgedeeltes en die seëning vir gehoorsaamheid en vervloeking vir ongehoorsaamheid wat in Deu­teronomium 28 uitgespel word, wil dit voorkom asof die boodskap van hierdie natuurrampe deur die meeste joernaliste en teoloë verwerp word. Dit is dubbel so erg indien lewensverlies gely en lesse nie geleer word nie. Elke dodelike ramp is ’n genadige oproep van God dat ons ons sonde moet bely. Dit is hoe die Here Jesus gereageer het teenoor dié wat aan Hom die verskriklike nuus van die Galileërs wat deur Pontius Pilatus in die Tempel vermoor is, gebring het. Jesus het geantwoord: “Dink julle daardie Galileërs was groter sondaars as die ander mense van Galilea? het Hy gevra. Is dit waarom hulle geboet het? Glad nie! En julle sal ook omkom tensy julle tot inkeer kom.” Luk 13:2-3.

Toe het die Here na die val van die toring in Siloam verwys waar 18 dood is: “Nee, ek sê weer vir julle, as julle nie tot inkeer kom nie, sal julle almal ook net so omkom.” Luk 13:5. Daar is ’n tyd vir huil en sondebelydenis. Daar is ’n tyd om te huil (Pred 3:4) en ons moet huil saam met die wat huil. Maar ons moet ook ons sonde bely. “Maar nou sê die Here: ‘Draai met volle oorgawe terug na My toe! Vas, huil en treur!...Draai terug na die Here julle God toe, want Hy is genadig en vol meegevoel. Hy word nie maklik kwaad nie. Hy is baie liefde­vol en wil julle nie graag straf nie.” Joël 2:12- 13. Die les wat ons uit elke ramp behoort te leer, is om ons sonde te bely.

Herken die werklikheid
Ons rou saam met en bid vir die wat deur die natuurrampe beïnvloed word. Maar laat ons ook rou oor die feit dat God met elke natuurramp vervloek word, maar tog so selde geloof word vir Sy wonderlike Skepping. Treur oor die feit dat God die hoofopskrifte haal net wanneer die mens Sy krag betwyfel en bespot en Sy goed­heid bevraagteken. Tienduisende van God se genadedade, beskerming, voorsiening en geduld haal nooit die hoofopskrifte nie. Ons behoort te treur oor die feit dat God deur dieselfde mense wat vra waarom Hy nie die gevolge van hulle rebellie terughou nie, vervloek word.

Wat kan God moontlik sê?
Kan God moontlik met Japan praat? Meer as 70% van die Japanese bevolking maak aanspraak daarop dat hulle geen per­soonlike godsdiens aanhang nie, maar die oorgrote meerderheid gehoorsaam die eise van Bhoeddhisme wat deur die voorgeslagte daargestel is asook die rituele van die politeïstiese Shintoïsme. Baie volg ook die nuwer godsdienstige bewegings, wat maar uitspruitsels van die twee groot godsdienste is, se oortuigings na.

Hierdie politeïstiese en sinkretistiese godsdienstige lojaliteite van die Japanese word in die amptelike statistiek weerspieël: 85% volg Boeddhisme na – slegs 3% iden­tifiseer hulself as Christene waarvan slegs 0.5% as Protestants of Evangelies-gesind bekendstaan.

Die morele klimaat in Japan
Japan se eie leiers het die volk al as die ‘supermoondheid sonder enige morele kompas’ beskryf. Japan is ’n kultuur sonder enige duidelike rigting met selfmoord wat epidemiese afmetings aanneem: meer as 30 000 per jaar! Immoraliteit staan wit in die blom onder tieners en tienerprostitusie is aan die orde van die dag.

Japan het die wêreld se laagste geboor­tesyfer en hoogste lewensverwagting, maar slegs 10% glo in die bestaan van ’n persoon­like God. Kultusse en sektes groei in Japan veel vinniger as enige van die Evangeliese kerke. Kerke ondervind ’n absolute tekort aan enige mans onder die lidmate. Die kerk in Japan het in geïsoleerdheid, ’n bunker­mentaliteit verval en faal oor die algemeen om hoegenaamd met die gemeenskap te skakel.

Kerkbywoning is uiters laag en minder as die helfte van die kerk se lidmate woon ooit gereeld ‘n kerk by. Daar is ’n ontsaglike nood aan geestelike vernuwing en Bybelse Hervorming in Japanse kerke asook vir ’n dinamiese, wydverspreide Evangelisme om die Groot Opdrag te vervul.

Die oordele van God
In die lig van die katastrofiese aardbewing en tsoenami in Japan, behoort ons opnuut weer die Heiligheid en Geregtigheid van God, asook God se Woord aan ’n nasie, te bestudeer. “‘Ek het plae oor julle laat kom, soos destyds oor Egipte. Ek het julle jongmans in die oorlog laat sterf en julle perde afge­maai... nogtans,’ sê die Here, ‘het julle nie teruggekeer na My toe nie.’” Amos 4:10.

“U is regverdig, U wat is en wat was, U die Heilige, omdat U oor hierdie dinge U straf voltrek het; want hulle het die bloed...van die profete vergiet. ...Ja, Here God, die Almagtige, betroubaar en regverdig is U oordele...Die mense het hulle tonge raakgebyt van die pyn en het die God van die hemel gevloek oor hulle pyne en sere. Hulle het hulle egter nie bekeer van hulle verkeerde dade nie.” Open 16:1-21.

Praat God deur rampe?
Kan God moontlik met die verlorenes en onverskilliges deur hierdie dodelike en ver­skriklike rampe praat? Kan dit moontlik die roepstem van ’n genadige God wees wat daarna smag dat ons ons sonde bely? In 2 Kron 7:13-14 verklaar die Here: “Soms sal Ek die Hemel toesluit sodat daar geen reën val nie, of Ek kan bepaal dat sprinkane julle oeste opvreet... wanneer die volk wat My Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die Hemel hoor en hulle vergewe en hulle land gesond maak.”

Dwarsdeur die Bybel spreek natuur­rampe van God se oordeel en waarskuwing aan mense om hulself te verootmoedig, te bid, God se aangesig te soek en van hul verkeerde weë weg te draai. Bid vir hul genesing, asseblief. Dit het tyd geword dat ons opnuut na God se Wet kyk en ons belydenis volgens die Tien Gebooie struktureer. By­belse sondebelydenis is nie bloot net ‘jam­mer’ oor ons ‘swakhede’ nie. Wat God ‘boos’ noem, moenie tot ‘fout’ herdefinieer word nie. Bybelse sondebelydenis sluit in: oor­tuiging van sonde, opregte berou en totale verandering. ’n Verandering van gedagtes, hart en van jou lewe word vereis. “Vra na die Here terwyl jy Hom nog kan vind. Roep Hom nou aan terwyl Hy nog naby is. Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die Here en Hy sal hom genadig wees.” Jes 55: 6-7.

Bid asseblief vir die mense van Japan en ook in ander lande wat deur rampe affek­teer is. Bid vir en ondersteun die werk van sendelinge in hierdie lande sodat die Evan­gelie versprei kan word.

Dr. Peter Hammond, sendeling, outeur en konfe­rensiespreker. E -pos mission@frontline.org.za of skakel hom by 021 689 4480.

Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer 
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
.”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O.Box 74 Newlands 7725
Cape Town South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: admin@frontline.org.za
  • Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate