God is Waarheid. Jesus Christus is die Weg, die Waarheid en die Lewe. God se Woord is Waarheid. “...julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Joh. 8:32 Augustinus het dié kennisgewing op sy lessenaar gehad: “Enigiemand wat in hierdie kantoor inkom om sy broer te beskuldig, sal hier uit begelei word.” Augustinus het met die negende Gebod erns gemaak.
0 Comments
Woorde is baie belangrik. “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God” Joh. 1:1 God se Ou-Testamentiese volk het, deur die eer wat hulle aan Sy Naam betoon het, groot respek aan Hom betoon. Die skrywers wat die Woord met die hand gekopieër het, moes dit doen aan die hand van ‘n hele klomp ingewikkelde reëls, wat hulle in staat gestel het om die Skrifgedeeltes baie versigtig en akkuraat oor te skryf. Om te verseker dat hulle niks uitgelaat- of bygevoeg het nie, moes hulle die woorde en letters aan die einde van elke sin tel. Elke keer as ‘n skrywer by een van God se Name kom – soos Elohim of El-Shaddai - het hulle eers ophou skryf en hul penne neergesit. Dan het hulle ‘n nuwe pen gevat en daardie Naam baie versigtig geskryf. Die meeste mense dink hulle het nog nooit die Sesde Gebod oortree nie. Hulle sien moord as ‘n misdaad wat net deur ‘n klein minderheid gepleeg word. Maar, soos wat Christus in die Bergpredikasie gesê het, is selfs haat ‘n oortreding van hierdie gebod. Om die waarheid te sê, as ‘n mens besef wat die volle implikasies van die sesde Gebod is en hoeveel oortredinge dit in werklikheid aanspreek, is dit baie van toepassing op ons moorddadige tydsgewrig. “Wie die bloed van ‘n mens vergiet, deur ‘n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens gemaak as sy verteenwoordiger.” Gen. 9:6. Almal behoort na Doctors for Life se dokumentêre DVD ‘In Your Face’ te kyk. Dit gaan nie net oor MIV/VIGS nie. Daar is meer as 65 verskillende seksueel-oordraagbare siektes, waarvan baie ongeneeslik is, met simptome wat ek liewer nie eens wil beskryf nie. Dis voldoende om te sê dat diegene wat hulle laat wysmaak dat homoseksualiteit ‘n normale, gesonde, alternatiewe lewensstyl is, omtrent die helfte van hulle leeftyd prysgee. Die lewensduur van normale, getroude heteroseksuele mense is twee maal langer as dié van die gemiddelde homoseksueel. Die eerste vier gebooie gaan oor ons verpligting teenoor God, terwyl die laaste ses te make het met ons verpligtinge teenoor mense. In antwoord op die vraag wat die grootste gebod is, het ons Here Jesus Christus die twee tafels van die Wet soos volg opgesom,: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.” Mat. 22:36-40 “Sorg dat jy die Sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie ....Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en...dit as gereelde rusdag geheilig.” Eks. 20:8-11 Woorde is baie belangrik. “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God” Joh. 1:1 God se Ou-Testamentiese volk het, deur die eer wat hulle aan Sy Naam betoon het, groot respek aan Hom betoon. Die skrywers wat die Woord met die hand gekopieër het, moes dit doen aan die hand van ‘n hele klomp ingewikkelde reëls, wat hulle in staat gestel het om die Skrifgedeeltes baie versigtig en akkuraat oor te skryf. Om te verseker dat hulle niks uitgelaat- of bygevoeg het nie, moes hulle die woorde en letters aan die einde van elke sin tel. Elke keer as ‘n skrywer by een van God se Name kom – soos Elohim of El-Shaddai - het hulle eers ophou skryf en hul penne neergesit. Dan het hulle ‘n nuwe pen gevat en daardie Naam baie versigtig geskryf. “Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas. In die plek van die heerlikheid van die onverganklike God stel hulle beelde wat lyk soos 'n verganklike mens of soos voëls of diere of slange... Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen.” Rom. 1:22-25 ‘n Groep teologiese studente het die opdrag gekry om die Tien Gebooie in orde van belangrikheid te herrangskik. Daar was algemene instemming dat “Moenie mense doodmaak nie” die belangrikste gebod is. Hulle het ook saamgestem dat “Moenie iets steel nie” die tweede belangrikste gebod is. Die derde was “Moenie valse verklarings oor ander aflê nie” Maar hulle het wel verskil oor watter gebod die laaste moet wees. Die helfte van die studente het gevoel dat “Moenie egbreuk pleeg nie” die mins-belangrike is. Die ander helfte was van mening dat “Jy mag nie nog ander gode buiten My aanbid nie” die onbelangrikste is. Na verdere bespreking het die klas besluit dat “Jy mag nie nog ander gode buiten My aanbid nie” van al tien gebooie die minste van belang is. Dit openbaar nogal iets oor daardie teologie-studente se beskouings. Toe Jesus gevra is watter gebod die belangrikste is, het Hy geantwoord: ”Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en belangrikste opdrag.” Mat.22:37-38. |
Meer Artikels
All
Archives
October 2020
|