• Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports >
      • Anthony
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate
Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports >
      • Anthony
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate

Die 3de Gebod - Eer Die Here se Naam

28/7/2013

0 Comments

 
Picture
Woorde is baie belangrik. “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God” Joh. 1:1

God se Ou-Testamentiese volk het, deur die eer wat hulle aan Sy Naam betoon het, groot respek aan Hom betoon. Die skrywers wat die Woord met die hand gekopieër het, moes dit doen aan die hand van ‘n hele klomp ingewikkelde reëls, wat hulle in staat gestel het om die Skrifgedeeltes baie versigtig en akkuraat oor te skryf.

Om te verseker dat hulle niks uitgelaat- of bygevoeg het nie, moes hulle die woorde en letters aan die einde van elke sin tel. Elke keer as ‘n skrywer by een van God se Name kom – soos Elohim of El-Shaddai - het hulle eers ophou skryf en hul penne neergesit. Dan het hulle ‘n nuwe pen gevat en daardie Naam baie versigtig geskryf.​

Om God se Naam te Skryf
Maar, wanneer hulle die Naam Jaweh moes skryf - die Naam waarmee God hom in die brandende bos aan Moses bekend gemaak het - het hulle opgestaan, hulself gaan was, en nuwe, skoon klere aangetrek - klere wat spesiaal vir hierdie doel opsy gesit is. Dan moes hulle bid en hulle sondes bely, en en daardie Naam met ‘n nuwe pen skryf.

Dit word nie meer in ons dag gedoen nie. (In ons organisasie se missie het ons egter verseker dat elke woord wat na God verwys, met ‘n hoofletter begin, insluitende die persoonlike voornaamwoord wat na Hom verwys, of wanneer ons verwys na die Here, Verlosser, Evangelie, Bybel of Sy Woord.)

Die Vrees van die Here
Die Bybel leer ons dat “Wysheid begin met die dien van die Here.” Psalm 111:10. Oënskynlik is daar vandag ‘n groot tekort aan wysheid. Wat in die verlede onwettig en ondenkbaar was, word nou op TV, oor die radio, in rolprente, in die media en in tydskrifte aan die groot klok gehang. Ons word met godslastering oordonder. “…die Here sal die een wat Sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie". Eks.20:7

Pasop Godslasteraars,!
Ek was tydens my verpligte militêre diens geskok oor die argwaan waarmee soldate die Here se Naam ydelik gebruik het. Nogtans was dit opvallend hoe ongemaklik sommige geraak het, as hulle dit in die teenwoordigheid van ‘n Christen doen.

Hulle het om verskoning gevra, omdat dit Christene gekwets het wanneer God se Naam ydelik gebruik is. Maar ek het hulle daarop gewys dat hulle nie vir my om verskoning moet vra nie, maar die Almagtige God en Regter, voor Wie hulle verantwoording sal doen oor elke ydele woord. Ek was só ontsteld oor die misbruik van God se Naam, dat ek gevra het om die bevelvoerder te sien. In sy kantoor vra hy my toe: “Nou ja, skutter, wat pla jou?”

Ek vra toe: “Is dit teen die wet om die Naam van die Here te misbruik?”

Hy het geantwoord: “Ja, jong man, hoekom vra jy? Word die Here se Naam dan in hierdie eenheid misbruik?“

“Ja meneer. Ek is jammer om te sê, baie korporaals en sersante laster die Naam van die Here daagliks.”

Sy gesig het verdonker. “Ek is jammer om dit te hoor, jong man. Ek sal dadelik daarvan werk maak.” Daarmee is ons gesprek beëindig. Tydens die Vrydag se Battaljon parade, het die Kommandant die eenheid soos volg aangespreek: “Die Here Jesus Christus is die Opperbevelhebber van hierdie weermag. Hy is die Een wat besluit of ons sal lewe of sterwe. Oorwinning of neerlaag is in Sy hande.Julle lewens is in Sy hande. Enige manskap wat die Here se Naam ydelik gebruik, is ‘n verraaier en hy sal as sulks behandel word. Ek sal geen godslastering in hierdie eenheid duld nie!” En hy het ook nie. Sommige offisiere is van godslastering aangekla, en party is van hulle range onthef. Ons het ook gesien hoe God met godslasteraars in ons geledere werk. By een geleentheid het ‘n jong bekeerling ‘n berugte lasteraar bestraf omdat hy weer die Here se Naam ydel gebruik het: “Die Here sal jou straf!”, het hy gewaarsku.

Tong Gebind
Die lasteraar het wéér gevloek, sy coke-blikkie opgetel, en is toe op die tong gesteek deur ‘n by wat hy nie gesien het nie. Sy tong het begin opswel, en die res van die peleton kon hulle lag nie bedwing nie. Die vuilbek kon vir dae nie praat nie.

‘n Ander een in ons eenheid is deur een van ons Bybelstudie-groep gewaarsku “God sal jou oordeel, jou hardnekkige!” Kort daarna is dié onderkorporaal se nek so ernstig op ‘n hindernisbaan beseer, dat hy vir weke daarna nog ‘n nekstut moes dra.

Hy is behoorlik bespot deur ander ongelowiges, wat hom voortdurend herinner het aan sy harnekkigheid, terwyl hulle na hom wys en uitroep: “Hardnekkige!” In Handelinge lees ons hoe God Annanias en Saffira met die dood gestraf het, omdat hulle vir die Heilige Gees gelieg, en God daardeur oneer aangedoen het. “Die hele gemeente en al die ander mense wat hiervan gehoor het, het baie bang geword.” Hand. 5:1-11

God se Afvalhoop
Die Westminster Kategismus leer ons dat die mens se vernaamste roeping is om God te verheerlik. As ons Sy Naam belaster, is ons besig om die hele doel van ons bestaan te negeer. As ‘n elektroniese item nie meer werk nie, beland dit op die ashoop. Die Here Jesus het die ewige verdoemenis as Gehenna beskryf, die smeulende afvalhoop van Jerusalem. Net soos die rook van dié hoop afval voortdurend opgestyg het, so het die Here die ewige oordeel as God se afvalhoop beskryf. Die wat God nie verheerlik nie, sal Sy teenwoordigheid in alle ewigheid nooit geniet nie; Hulle sal vir ewig van Hom verwyder wees, op die brandende afvalhoop van die hel.

Wanneer die bestaan van die Lewe-Gewer gering geskat word, word ook die lewens van mense geminag. As God gehoon word, word Sy skepsels waardeloos.

Aanbid in Jou Werkplek
Toe die bekende argitek, Sir Christopher Wren, besig was met die bou van St. Paul’s Katedraal in London, het hy opdrag gegee dat die volgende kennisgewing oral in die bouterrein aangebring moes word: “As gevolg van die verfoeilike wyse waarop arbeiders die Naam van die Here misbruik, word almal hiermee in kennis gestel dat dit voldoende gronde vir onmiddelike afdanking sal wees, as die Here se Naam in hierdie plek misbruik word.”

Tevergeefse Bid en Sing
Miskien sal jy nooit so ver gaan as om die Derde Gebod doelbewus te verbreek nie, maar ‘n mens kan die Here se Naam ook ydel gebruik as jy op ‘n onnadenkende of meganiese manier bid of lofliedere sing. Om op ‘n koue en ongeraakte manier te aanbid, is ook ‘n verbreking van die Derde Gebod. In die Here se Naam nader ons tot God deur aanbidding, liefde en gebed. Ons mag so ‘n groot Naam nie ligtelik gebruik nie. Bid en loof ons God op só ‘n wyse dat Sy Naam nie in ons siele weerklank vind nie? Ons moet in al ons liedere, gebede en prediking opreg, heelhartig en entoesiasties wees. “Huigelaars! Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom toe hy gesê het: ‘Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie.’” Mat. 15:7-9

Wêreldse Aanbidding
Betekenislose aanbidding is die onvermydelike gevolg van ‘n wêreldse gesindheid. In vele kerke kan mense gesien word wat lui-lekker sit, rondloer, mekaar opsom, vir mekaar fluister, en wat oënskynlik geen poging aanwend om met hart en verstand op die aanbidding van God te fokus nie. Sommige probeer nie eens om die liedere saam sing nie.

En baie bedienaars moedig hierdie halfhartige vermaaklikheids-mentaliteit aan, met hulle oordrewe klem op gemaklike klerdrag, en hulle gebruik van ligsinnige, vlak taalgebruik en onbehoorlike grappe. Dit help nou nie juis om respek en eerbied in ons aanbidding van die Heilige God te kweek nie.

“...hulle kom na jou toe asof dit ‘n volksoptog is, hulle gaan sit voor jou, hierdie volk van My, en hulle hoor wat jy sê, maar hulle doen nie wat jy sê nie. Al wat hulle doen, is om aan die begeertes toe te gee waaroor hulle gedurig praat; hulle is net uit op wins vir hulleself. Jy is vir hulle maar net soos iemand wat met ‘n mooi stem liedjies vol begeerte sing en die lier goed speel; hulle hoor wat jy sê, maar hule doen niks van wat jy sê nie.” Ese. 33:31-32

Skynheilige aanbidding is dikwels die gevolg van die weiering om te doen wat die Here beveel. “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here,Here!’ en nie doen wat Ek sê nie?” Luk 6:46

Heelhartige Aanbidding
Om die Here se Naam opreg en betekenisvol te gebruik, verg heelhartige liefde en gehoorsaamheid. Mense wat die Bybel gering skat en die grondliggende leerstellings van die Christendom verwerp, kan onmoontlik nie ernstig wees wanneer hulle die Here se Naam gebruik nie – want hulle het geen respek vir God se Oppermag nie.

Sulke mense is vir hulleself ‘n wet; hulle kies watter dele van God se Woord vir hulle aanvaarbaar is, en vertroebel dit dan met hulle filosofieë en mense se politiek. “Tevergeefs aanbid hulle My...”

Die Derde Gebod verbied alle onopregtheid, onnadenkendheid, en oppervlakkige aanbidding. Dit verbied valsheid, opstandigheid en ongehoorsaamheid - vir almal wat sê dat hulle die Here aanbid.

Die positiewe deugde wat deur die Derde Gebod vereis word, is deurdagtheid, opregtheid en heelhartige toewyding aan ons Here en Verlosser.

Die vernaamste doel van die mens is om God te verheerlik en vir ewig te geniet. “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” Mat. 12:34

Ons moet onthou “Ons Vader, wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word...”

Aankoop Die Tien Gebooie Hier
​
DR. PETER HAMMOND, sendeling,skrywer en konferensie-spreker.
Tel.: 021 689 4480;
​E-pos: admin@frontline.org.za
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
.”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O.Box 74 Newlands 7725
Cape Town South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: admin@frontline.org.za
  • Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports >
      • Anthony
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate