• Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate
Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate

Die 5de Gebod - Eer Jou Vader en Jou Moeder

27/7/2013

0 Comments

 
Picture
​Die eerste vier gebooie gaan oor ons verpligting teenoor God, terwyl die laaste ses te make het met ons verpligtinge teenoor mense. In antwoord op die vraag wat die grootste gebod is, het ons Here Jesus Christus die twee tafels van die Wet soos volg opgesom,: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.” Mat. 22:36-40

Behandel Jou Ouers Goed
Die Bybel stel dit duidelik dat ons sal oes wat ons saai, en dat ons gemeet sal word met die maat waarmee ons ander meet.

Die manier waarop ons ons ouers en meerderes behandel (ongeag daarvan of jy ‘n kind, tiener of volwassene is) skep ‘n patroon van hoe ons kinders óns gaan behandel. In Grimm se Feeverhale word die storie vertel van ‘n ou man wie se oë voortdurend geflikker, en wie se hande onbeheerbaar gebewe het. Omdat hy geen blyplek gehad het nie, het hy by sy seun ingetrek. Sy skoondogter kon dit nie verdra dat hy aan tafel aanhoudend die eetgerei laat ratel, en drankies verspil nie. In haar woede en ergernis het sy daarop aangedring dat hy op sy eie in die hoekie moet eet, nie by die familie nie.

Om te Maai wat Jy Saai
Hy het op sy eie begin eet, terwyl hy soms geloer het na die tafel waar sy familie sit. Tot op ‘n dag wat sy hande só gebewe het, dat hy sy bord op die vloer laat val, en sy kos het op die mat beland het.

Die skoondogter het geskree: “As jy soos ‘n vark wil eet, sal ons jou soos ‘n vark voer!” Sy het ‘n hout trog op die grond neergesit en hom aangesê om soos ‘n dier uit die trog te eet. Hy het toe ook maar!. ‘n Paar dae later kom die vrou se jong seun opgewonde by die huis. Hy wou vir haar wys wat hy gemaak het: “Kyk mamma, ek het ‘n trog gemaak, om jou en pappa uit te voer wanneer ek groot is.”  

Verwaarloos die Oues van Dae
Die vrou het in trane uitgebars toe sy besef watse aaklige ding sy aangevang het. Van toe af het die ou man sy maaltye saam met die familie aan tafel geëet, en die skoondogter het alles in haar vermoë gedoen om te probeer vergoed vir die onmenslike behandeling van haar skoonpa.

Daar is vandag ‘n opsigtelike gebrek aan respek vir die oues van dae. In busse staan tieners nie meer op om vir ouer mense sitplekke aan te bied nie. Volwassenes wys al te gou hulle frustrasie as hulle tydens inkopies agter bejaardes in die tou moet staan, en baie kinders het weinig waardering vir die wysheid van hulle grootouers.

Wat selfs erger is, is dat so baie Christen-gesinne hulle bejaarde ouers in ouetehuise verwaarloos. Christene behoort ‘n voorbeeld te wees van sorgsaamheid vir diegene in nood, en behoort tyd te spandeer aan die oues van dae. God heg waarde aan die wysheid van die grysheid, en ons behoort dit ook te doen (Spr.16:31). “Wees gehoorsaam aan jou vader en moeder, jy is hulle kind; en moet hulle nie verag as hulle oud geword het nie.” Spr. 23:22

Vyf Kategorieë van Ouers
In sy uiteensetting van die 5de Gebod verwoord Thomas Watson die ou Puriteinse tradisie, deur te onderskei tussen vyf kategorieë van vaderskap wat ons moet respekteer: Politieke vaders, antieke vaders, geestelike vaders, plaaslike vaders en natuurlike vaders.

1. 
Met ‘politieke vaders’ het hy bedoel: konings en prinse, goewerneurs en burgemeesters, munisipale-, provinsiale- en nasionale leiers.

2. 
Met ‘antieke vaders’ het hy bedoel: ons vaders in die Geloof, in sowel Bybelse tye as in die geskiedenis van die Kerk. (Dit sluit in Noag, Abraham, Isak, Jakob, Moses, Dawid, Elia, die profete en apostels; die vroeë kerkvaders; die sendelinge, bedienaars en die hervormers.)

3. 
Met ‘geestelike vaders’ het hy bedoel: die bedienaars, leraars of leiers aan wie ons verantwoording moet doen.

4. 
Met ‘plaaslike vaders’ het hy bedoel: ons werkgewers, ons onderwysers, of ons baas.

5. 
En met ‘natuurlike vaders’ bedoel hy natuurlik ons eie ouers en grootouers.

“Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here.” Lev. 19:32.

Wat van Slegte Ouers?
Sommige mense kan dalk sê:: “Hierdie Gebod is tog sekerlik nie op my van toepassing nie. My ouers was aaklig en het my as kind vreeslik misbruik...God verwag tog sekerlik nie van my om bose ouers te eerbiedig nie?

Om die waarheid te sê, ja, God verwag wel van ons om ons ouers te eer - ongeag van hoe verwerplik hulle optrede ookal was. Genesis 8-9 is ‘n goeie voorbeeld daarvan. Kort ná die Vloed het Noag ‘n wingerd aangelê. Toe die druiwe ryp was, het hy wyn gemaak en só dronk geword, dat hy in sy tent flou geraak het. Hy was in ‘n minder goeie toestand, toe Gam - een van sy seuns - hom daar aangetref het. Gam het dadelik die ander twee broers daarvan vertel. Maar Sem en Jafet het hulle respek bewys deur die naakte Noag met ‘n kombers te bedek, sonder om na sy naaktheid te kyk.

Die Skrif wys ons daarop dat Gam en sy nageslag vervloek is, omdat hy geweier het om sy pa te eerbiedig, selfs al was Noag se optrede onverskoonbaar. Sem en Jafet en hulle nageslagte, daarenteen, was deur God geseën oor die wyse waarop hulle hul pa eerbiedig het. Ons behoort ook ons ouers te eerbiedig, omdat ons weet dat dit God behaag.

Eer die Owerheid
Ouers moet hulle kinders leer om alle wettige gesag te eerbiedig, beginnende by hulle eie ouers. Die welsyn van individuele gesinne berus op gehoorsaamheid aan die 5de Gebod. Maar dit ook gaan oor veel meer: Die wat nooit leer om hulle ouers tuis te respekteer nie, sal waarskynlik ook nie hulle onderwysers by die skool respekteer nie, en wanneer sulke mense graad vang, sal hulle waarskynlik ook nie die gereg respekteer nie.

Hierdie gebod beveel ons nie om ons ouers altyd te gehoorsaam nie, maar wel om hulle altyd te eer. Dit het te make met jou stemtoon en die ingesteldheid van jou hart, wat duidelik jou respek moet weerspieël.

Die Bybel waarsku dat oordeel dié sal tref wat hulle ouers nie eer nie - “Die oë van die man wat met sy vader spot en vir wie dit benede hom is om sy moeder te gehoorsaam, sal uitgepik word deur die kraaie, opgevreet word deur die roofvoëls.” Spr. 30:17.

 Eerbiedig of Gehoorsaam?
Om jou ouers te eerbiedig (veral onredelike, ongelowige ouers) behels nie om toe te gee aan al hulle planne om hulle kinders van toewyding aan God te weerhou nie. As ouers oormatig besitlik, of oordonderend en dominerend is, staan hulle kinders nie onder enige verpligting om oormatige tyd en energie aan hulle voorskrifte en manipulering af te staan nie.

Ons vernaamste verantwoordelikheid is om ons Hemelse Vader, die Here ons Skepper en Regter, te vereer. Ons verantwoordelikheid om ons ouers te eer, kom tweede – ná ons plig teenoor ons God.

Beskerming en Stabiliteit
Die 5de Gebod beskerm alle mense teen hoogmoed en arrogansie - deur die opdrag om aan ouer mense respek te betoon, en deur die jeug daarvan te weerhou om te maak nes hulle wil. Die 5de Gebod bied beskerming teen die onstabiliteit van die jeug en die selfsug van volwassenheid. Dit verskaf stabiliteit deur ons teen impulsiwiteit, voortvarendheid en onervarenheid te beskerm. Gehoorsaamheid aan hierdie Gebod is die hoofpad na seën.

“Die Here het...gesê: Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig. Elkeen van julle moet eerbied hê vir sy ma en sy pa.” Lev.19:1-3.

Aankoop Die Tien Gebooie Hier
​
DR. PETER HAMMOND is ‘n sendeling, spreker en die outeur van ‘The Ten Commandments - God’s Perfect Law of Liberty’ 021 689 4480 of mission@frontline.org.za
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
.”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O.Box 74 Newlands 7725
Cape Town South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: admin@frontline.org.za
  • Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate