10 Oktober was op n’ tyd gevier te word as Krugerdag, 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika, wat die geboorte van hierdie groot stigtervader van ons nasie gemerk het. Hierdie artikel is ook beskikbaar in Engels, klik hier. Om hierdie artikel as 'n video te sien, klik hier. Om hierdie artikel as 'n PowerPoint te sien, klik hier. Om hierdie artikel op ons webwerf met fotos te sien, klik hier. Om na hierdie artikel oor Sermon Audio te luister, klik hier. Om na die radio-onderhoud te luister, klik hier. Oom Paul is op 10 Oktober 1825 op sy oupa se plaas by Bulhoek gebore. Paul se ouers was Kasper Kruger en Elsie Steyn. Droogte, sprinkane en troppe migrerende bokke het hulle gedwing om ’n nomadiese bestaan in die Karoo te voer. Paul Kruger is deur die natuur taai gemaak en uit die Bybel onderrig. Hy het slegs drie maande formele skoling ontvang en is meestal tuis onderrig. Hy het die Bybel daagliks gelees en het as 10-jarige seuntjie deelgeneem aan die Groot Trek onder die leierskap van Hendrik Potgieter. Sy vader het in 1853 by Hendrik Potgieter se trekgeselskap, een van die eerste ekspedisies, aangesluit.
0 Comments
deur Dr. Peter Hammond met Cuan Elgin en Stephen Mitford Goodson 216 bladsye & 228 prente en kaarte R150INSPIRERENDE VOORBEELDE VAN UITMUNTENDHEID Herdenking van Suid-Afrika se Erfenis Ons nuwe boek, Sketse uit die Suid-Afrikaanse Geskiedenis bied ‘n fassinerende verskeidenheid van onvergeetlikle karakters, dramatiese gebeure en ongelooflike mylpale in die ontwikkeling van hierdie buitengewone land, Suid-Afrika. Skouspelagtige Stories Hierdie boek, sowel as sy oorspronklike Engelse weergawe, Sketches from South African History, bied ‘n boeiende kaleidoskoop van karakters aan, sowel as geloofsoortuiging en moed. Buitengewone wedervaringe en ongelooflikle prestasies, ten spyte van uitdagende gevare en probleme.
Om hierdie artikel te besigtig as 'n PowerPoint, klik hier.
Om na 'n video van hierdie artikel te kyk, klik hier. Om na hierdie boodskap te luister op Sermon Audio, klik hier. Om die traktaatjie, "Die Bybel en Halloween" af te laai, te druk of te versprei , klik hier vir afrikaans en hier vir engels. Om hierdie artikel in Engels to lees, klik hier. “Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.” 1 Thessalonicense 5:21-22 VEESVIERING VAN DIE BOSE Halloween is ‘n godsdienstige dag, maar dit is nie Christelik nie. Tom Sanguinet, ‘n voormalige hoë priester in Wicca het gesê: “Die moderne vakansie wat ons Halloween noem, het sy oorsprong in die volmaan naaste aan 1 November, die hekse se ‘nuwe jaar’. Dit is ‘n tyd wanneer die geeste (demone) veronderstel is om ‘n hoogtepunt van hulle krag en bedrywigheid te bereik en dan weer die aarde besoek… Halloween is geheel en al, absoluut boos. Daar is niks wat ons ooit kan doen, of gedoen het, wat dit enigsins aanvaarbaar vir die Here Jesus sal maak nie.” Luiheid! Traagheid! Afwesigheid!
Korrupsie! Verduistering! Diefstal! Stakings! Bogenoemde is sommige van die, huidige, alledaagse woorde wat die krisis in al hoe meer van die werkplekke op ons vasteland beskryf. As hierdie rampspoedige neiging nie dramaties omgekeer word nie, sal die ekonomie uiteindelik ineenstort. Die onvermydelike resultaat daarvan om die produktiwiteit van die ekonomie te ondermyn, word gesien in die toenemende armoede en wydverspreide werkloosheid. Wat nodig is, is dat ons mense die Christelike werksetiek moet herontdek. Baie mense verkeer onder die illusie dat die Bybel absoluut niks te sê het oor enige van die sosiale strukture, konstitusionele modelle of politieke sake nie. Ongeveer 29% van die Bybel handel egter oor geestelike sake en ons persoonlike lewens en 71% handel oor sosiale, politieke en nasionale kwessies. Ons Here Jesus Christus het baie belangrike geestelike beginsels en konsepte deurgegee wat elke deel van die sosiale en politieke lewe affekteer. Jesus het vir die Romeinse Goewerneur, Pontius Pilatus gesê: “U sou geen absolute mag oor My hê as dit nie van Bo aan u gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u uitgelewer het, nog groter skuld.” Joh 19:11. Siviele gesag is baie duidelik afgewentel deur en verantwoordbaar aan God. Die Bybel is baie duidelik dat God siviele regerings ingestel het as “ ‘n dienaar van God om jou beste belange te bevorder.” Rom 13:4. Die siviele regering is dus geroep om God se reg toe te pas: “…om die wat kwaad doen, te straf…” 1 Pet 2:14. Begeerte is ‘n wortel van sonde, wat terugdateer tot in die Tuin van Eden. Die Bybel vertel van koning Saul se afguns op Dawid se sukses, en hoe Saul die lof en eer wat Dawid vir sy oorwinnings te beurt geval het, begeer het. (1 Sam. 18:6-8). As gevolg daarvan het Saul beplan om Dawid te vermoor. Op sy beurt het Koning David sy buurman, Urija, se vrou begeer. Hy het met haar egbreuk gepleeg, en toe beplan om Urija te laat vermoor - om sy sonde te verbloem. (2 Sam. 11:1-27). |
Meer Artikels
All
Archives
October 2020
|