Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Die 2de Gebod - Aanbidding - Jy Mag nie vir Jouself Afgode Maak nie

23/7/2013

0 Comments

 
Picture
​“Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas. In die plek van die heerlikheid van die onverganklike God stel hulle beelde wat lyk soos 'n verganklike mens of soos voëls of diere of slange... Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen.” Rom. 1:22-25

In die Bybel is daar meer gebooie en waarskuwings teen afgodery as teen enigiets anders. Afgodery word ook meer veroordeel as enigiets anders. “Jy mag nie vir jouself afgode maak nie …jy mag nie voor hulle kniel om hulle te aanbid nie.” Eks. 20:4-6

“Moenie op afgode vertrou of vir julleself afgode ... maak nie. Ek, die Here, is julle God.” Lev. 19:4. Die Apostel Johannes pleit by ons: “Liewe kinders, bly dus weg van die afgode af.” 1 Joh. 5:21

Veroordeel Afgodery
Vanselfsprekend verbied die Tweede Gebod ook die afgodery van politeïstiese godsdienste, soos Hindoeïsme. Dit verbied ook die aanbidding van enigiets wat God se soewereine plek in my lewe inneem. Die Apostel Paulus het oor offers aan afgode gesê: “dat dié wat aan hulle offer, aan bose geeste offer en nie aan God nie.” 1 Kor.10:20. Moses het geskryf: “Israel het...Hom getart met hulle afskuwelike afgode, offers...aan veldduiwels.” Deut 32:16-20

Bybelse Voorbeelde
Die Gebod teen afgodery was oortree nog vóór dit op kliptafels ingebrand is. Die Israeliete het - aan die voet van die berg van God - ‘n goue kalf gemaak. Hoe kón God se uitverkore volk voor ‘n lewelose afbeelding van ‘n kalf buig, net nadat hulle getuies was van hoe die Lewende God met die tien plae die afgodery van Egipte aan die kaak gestel het? Hoe kon hulle so ontrou wees aan dié God wat hulle uit slawerny bevry het – die Een wat hulle tussen walle van water deur die Rooi See gelei het,? Hoe kon hulle so laag daal om ‘n afgod te aanbid, nadat hulle in die woestyn met manna uit die hemel gevoed is, water uit die rots gedrink het, en bedags deur die wolkkolom en snags deur die vuurkolom gelei is?

Vermomde Ongehoorsaamheid
Toe Moses sy broer daaroor konfronteer, het Aäron se pogings om die vergryp te verskoon nogal baie ooreenkoms getoon met ons eie patetiese pogings om ons ongehoorsaamheid aan die Woord van God te regverdig. Aäron het voorgegee dat die goue kalf sommer vanself vorm aangeneem het, nadat die goud in die vuur gegooi is. En hy het boonop beweer dat die fees voor die goue kalf ter ere van die Here gehou is. (Eks 32:5). Ná koning Salomo het baie Israeliete hulle aan afgodery skuldig gemaak. Jerobeam het twee goue kalwers opgerig, in Dan en Bet-El. Oor die hele Israel, op baie berge en onder baie bome, is altare opgerig vir die vals gode van die Kanaäniete - Baäl, Asjera, Kronos and Molek. En dit het op oordeel uitgeloop.

God het die Assiriërs gestuur om die Noordelike Ryk van Israel te verwoes en Sy mense in ballingskap te neem. Die Suidelike Ryk is later deur Nebukadneser van Babilon verower. Dit het uiterste swaarkry en slawerny in Babilonië geverg om die harte van God se mense van die besoedeling van afgodery te reinig. Die herstel het begin onder die bediening van groot profete, soos Esegiël en

Daniël - en later, ná die terugkeer uit ballingskap, onder Esra en Nehemia, het die mense hulle voorgeneem om nooit weer met afgodery te heul nie.

Christene mag nooit buig voor die afgode van pluralisme, multikulturalisme en die Intergeloof Beweging nie. Jesus Christus is “die Weg, die Waarheid en die Lewe. Niemand kom na die Vader” behalwe deur Hom nie. (Joh 14:6).

Kuns As ‘N Vorm van Afgodery
Die Tweede Gebod verbied nie kuns nie. Dit verbied wel afgodery. Op dieselfde dag waarop die Here die Tien Gebooie vir Moses gegee het, het Hy ook gedetailleerde opdragte gegee oor die oprigting van die Tabernakel – insluitende vele visuele kunsvorms. Eksodus 25 en 26 beskryf die detail van die Tabernakel: die gordyne, die Verbondsark en selfs die beelde van engele wat oor die Ark waak.

Kuns kan drie dinge bereik – waarvan twee toelaatbaar is. Die derde word deur die Tweede Gebod verbied. Kuns mag vir versiering of onderrig gebruik word, maar nie vir aanbidding nie. Te veel mense het hulle kunstalent misbruik om Christus te skilder soos húlle Hom sien – dikwels as ‘n swakkeling, vir wie enigiets gangbaar is.

Of God word voorgestel as ‘n tiran, ‘n mite of ‘n vrug van die verbeelding. Dis ‘n afskuwelike misbruik van ‘n God-gegewe talent en ‘n ander vorm van afgodsdiens – om God te maak soos óns hom graag wil hê, en nie soos die Bybel Sy Natuur en Karakter beskryf nie. God wil hê dat ons gawes aangewend moet word om die mooi van Sy skepping te verbeeld.

Kuns kan aangewend word om te onderrig en in te lig, en dit is volkome aanvaarbaar om prente van Noag, die ark, of die diere te maak. Ook van Moses wat die Rooi See verdeel, Dawid se oorwinning oor Goliat, Elia wat die profete van Baäl op Karmel uitdaag, en vele ander merkwaardige Bybelstories. Wat die Tweede Gebod egter verbied, is om kuns vir aanbidding aan te wend.

God is groter as alles in Sy ganse skepping. God is oneindig, ewig en volmaak. Hierdie gebod behels dat ons aanbidding eenvoudig en geestelik moet wees, sonder enige onnodige menslike foefies en tierlantyntjies. God is Gees, en die wat Hom aanbid moet Hom in Gees en Waarheid aanbid. Ons moet ons harte oopmaak, onsself verootmoedig, ons sonde bely, dankbaar wees vir soveel seëninge en ons altyd in die Here verbly.

‘N Vals Beeld van Christus
As gevolg van die verbeeldingryke Renaissance-uitbeeldings van ‘n Jesus met lang hare, het hierdie beeld vasgesit – ten spyte daarvan dat die Jode nie normaalweg lang hare gehad het nie. Dis opvallend dat omtrent alle rolprente oor Jesus Hom met lang hare uitbeeld – terwyl Sy disipels kort hare het! Dis merkwaardig dat Simson, as Nasarener, juis vanweë sy lang hare uitgestaan het. As dit tipies van Hebreërs was, sou dit mos nie ‘n uitstaande kenmerk van hom gewees het nie!

Moderne Afgode
Kyk ‘n mens na die benaming vir baie van vandag se sg. “stêrre’, word dit duidelik waarom die Tweede Gebod so belangrik is. Ons Engelse landgenote noem dinge sommer by die naam: ‘sports idols’, ‘Hollywood idols’, ‘sex idols’, and musician... ‘idols’.” Sonder twyfel is daar ook mense wat van hulle geliefde politieke party ‘n afgod maak. Wat ons van God dink, is van alle dinge die heel belangrikste.

Aan die manier waarop mense oor God praat, word die afgodery in hulle denke duidelik. Biskop Desmond Tutu was op die voorblad van ‘n koerant in Suid-Afrika as volg aangehaal: “My God is nie homofobies nie. Ek sou nooit ‘n God kon aanbid wat téén homoseksueles is nie.” Hy het selfs so ver gegaan om te sê dat as homoseksueles nie Hemel toe gaan nie, hy ook nie daar wil wees nie!

Mense wat só praat, toon daarmee dat hulle in hul eie gedagtes vir hulle ‘n god geskep het. Natuurlik sal húlle god nooit genadeloos of veroordelend wees nie. Hy sou ook nooit iemand hel toe stuur nie - want hy bestaan doodgewoon nie. Dit is net ‘n hersinskim van hulle eie maaksel.

Familie, Roem, Rykdom
Mense wat so praat, skep vir hulleself ‘n god wat hulle pas. Dis is die wese van afgodery. Feit is, die God van die Bybel is nie net ‘n God van liefde nie, maar ook ‘n God van lig. God is nie net genadig en vergewensgesind nie, maar ook heilig en regverdig.

God is nie net ‘n Redder nie, maar Hy is ook die Ewige Regter. Die God van die Bybel, die Enigste Ware God, wat Hemel en aarde geskep het, het Sy Tien Gebooie vir ons gegee. Hy het plae oor Egipte laat kom. Hy het die agtervolgende Egiptiese weermag in die Rooi See laat omkom. Hy het vuur en swael op die goddelose inwoners van Sodom en Gemorra laat neerkom. Die dag is aan die kom, wanneer elkeen van ons voor Sy regterstoel sal staan om van ons lewens rekenskap te gee.

Wat is vir jou die belangrikste? Enigiets wat belangriker is as God, is ‘n afgod. Daar is net te veel mense vir wie roem, rykdom, sukses, ‘n spoggerige kar of huis, ‘n rekenaar, aansien of ‘n bepaalde verhouding ‘n afgod is. Niks mag vir ons belangriker as God wees nie.

Ware Berou
In die Bybel is dit opvallend dat, wanneer God se Woord verkondig is, berouvolle mense daarop reageer met die vernietiging van hulle afgode. Toe die Apostel Paulus die Evangelie in Efese verkondig het, het die mense hulle okkultiese goed verbrand. “Vrees het hulle almal oorval, en die Naam van die Here Jesus is geprys...So het die Woord van die Here sy krag getoon en al hoe verder versprei.” Hand.19:17-20.

Ons moet ons bekeer van ons afgodery - in ons harte, denke en lewens. As daar fisieke afgode is, moet ons daarmee breek, dit verbrand en begrawe. “Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red. Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.”” Jak. 1:21-22

Aankoop Die Tien Gebooie Hier
​
DR. PETER HAMMOND is die outeur van ‘The Ten Commandments - God’s Perfect Law of Liberty’ Tel.: 021-689-4480 
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA