• Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports >
      • Anthony
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate
Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports >
      • Anthony
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate

Wat is ‘n Christen?

17/7/2012

0 Comments

 
​Baie van die kritiek en die teenstand waaraan Christene blootgestel word, is die gevolg van onkunde en misverstand t.o.v. wat ‘n Christen werklik is. Reg van die begin af is daar vals beskuldigings teen die Christene in die Romeinse Ryk ingebring. Christene is van kannibalisme beskuldig!

“Julle Christene eet die vleis en drink die bloed van mense tydens julle seremo­nies!” En dit omdat die Nagmaal simbolies verwys na die eet van Sy Liggaam en die drink van Sy Bloed. Sekere Romeine het dit egter aangegryp en uit onkunde of kwaad­willigheid die gerug dat Christene by kan­nibalisme en menslike offerande betrokke is, versprei.
WANPERSEPSIE

Christene is ook van bloedskande be­skuldig! “Julle Christene trou dan met julle broers en susters!” Omdat Christene na almal binne die Kerk as ‘broers en susters’ verwys, verstaan buitestaanders hierdie geestelike broederskap baie maklik ver­keerd en beskuldig Christene dan daarvan dat hulle met familie trou.

Dit mag jou dalk verras, maar gedurende die eerste drie eeue na Christus is die Chris­telike Kerk selfs van Ateïsme beskuldig! Omdat Christene geweier het om voor die gode van Rome te buig en hulle te aanbid, is hulle as ‘ateïste’ uitgekryt.

HISTORIESE FEITE
Christene is ook daarvan beskuldig dat hulle geen patriotisme gehad het nie en dat hulle aan verraad skuldig was! Christene het geweier om die keiser te aanbid en is dus as ‘verraaiers’ uitgekryt. Let daarop dat die vroeë Christene nie vervolg is omdat hulle Jesus as Heer aanbid het nie. Die Romeine was politeïste – hulle het in vele gode ge­glo en het geensins omgegee watter god aanbid is nie. Die ‘sonde’ van die vroeë Kerk was dat hulle geweier het om die Staat te aanbid. Prediking teen sonde is dikwels as anti-sosiale gedrag beskou.

Deur hul onwrikbare veldtog vir die beëindiging van slawehandel en slawerny as sulks, is Christene as baie radikaal en ‘n bedreiging vir die sosiale orde beskou. Met die aanvang van die groot Evangeliese Ont­waking en die Herlewings, is kroeë en bor­dele gesluit en diegene wat hulle bestaan uit die uitlokking van armes gemaak het, het ‘n dramatiese ‘afname’ in sake ervaar. Deesdae ervaar Christene dieselfde mate van teenstand juis omdat hulle kapsie maak teen pornografie, perversie en aborsie.

GROOT ONKUNDIGHEID
Daar is egter ook, behalwe die verdraaiings oor wat Christene is en doen, ’n baie groot mate van onkundigheid oor wat ’n Christen werklik is. Dit is te verstane dat mense teen die oordadigheid van sommige hoë-profiel-Christene soos byvoorbeeld sommige tele-evangeliste, in opstand sal kom.

Alle Christene het ’n afkeer aan skyn­heiligheid en skandale. Jesus Christus het egter gesê: “Nie almal wat ewe vroom vir My ‘Here, Here’ sê, sal in God se Koninkryk ingaan nie. Wat sal deurslag gee, is of hulle aan My Hemelse Vader gehoorsaam was.” Matt 7:21. Christenskap gaan oor Christus. Dit gaan nie oor nominale Christene, predikante of denominasies nie. Kultusse verafgod leiers. Godsdienste volg rituele. Maar ware Chris­tene het ’n persoonlike verhouding met Je­sus Christus as Heer en Redder.

“As julle my volgelinge wil wees, moet julle jul eie, selfsugtige ambisie prysgee, julle kruis opneem en agter My aankom.” Matt 16:24. Die woordeboek (Webster) onderskei tus­sen nominale Christene en ware Christene. ’n Nominale Christen word gedefinieer as “iemand wat glo in die godsdiens van Christus,” terwyl ‘’n ware Christen’ ’n ware volgeling van Christus is en in die waarheid van die Christelike godsdiens glo, streef na die navolging van Jesus as voorbeeld en die opdragte van Jesus gehoorsaam.”

VOLGELINGE VAN JESUS
Die woord ‘Christen’ verskyn slegs twee keer in die Bybel – in Handelinge word Christene dikwels beskryf as ‘Dissipels’, ‘Gelowiges’ en ‘Navolgers van Christus’. Baie mense wat vandag daarop aanspraak maak om Chris­tene te wees of wat deur die samelewing as Christene beskou word, kan nie as ‘Dissipels’ of ‘Navolgers van Christus’ beskou word nie omdat hulle nie Sy dissipline aanvaar, nie Sy voorbeeld navolg of Sy opdragte gehoorsaam nie. Baie van die vooraanstaande teoloë kwalifiseer ook nie as ware Christene nie. Indien hulle die betroubaarheid van die Woord betwyfel, nie die Godheid van Christus of die Drie-Eenheid aanvaar nie en die bestaan van God betwyfel, kan hulle baie beslis nie ‘Gelowiges’ of ‘Navolgers van Christus’ genoem word nie. Wat leer die Bybel ons omtrent ware Christenskap? Die houding en optrede wat Christene behoort te kenmerk, word baie duidelik in die Skrif uitgespel.

’N CHRISTEN IS ’N DISSIPEL
’n Dissipel is iemand wat alles prysgee, hom­self verloën, sy kruis opneem en Jesus se voorbeeld navolg. Hulle word gekenmerk deur hul toewyding aan die Woord van God asook liefde vir God se kinders. “Jy kan nie My dissipel wees as jy nie jou eie kruis dra en My volg nie.” Luk 14:27.

’N CHRISTEN IS VRY
Die Woord van God is die Waarheid en maak ons vry. ’n Christen buig voor die Woord van God en ontvang die vryheid wat slegs in en deur Jesus Christus beskikbaar is. Miljoene Christene wêreldwyd kan getuig van hoe Jesus Christus hulle vrygemaak het van verslawing aan rook, drank, dobbelary en dwelms en emosies soos haat, bitterheid, onvergewensgesindheid en minderwaar­digheid.

As ’n bekeerde slawehandelaar het John Newton sy bekende lied ‘Amazing Grace!’ geskryf. “I once was lost, but now I’m found... and Grace will lead me home.” Christene is vrygemaak van die sondelas en satan. Ons is vrygemaak om God te dien. “Christus het ons bevry sodat ons nou in vry­heid kan lewe.” Gal 5:1.

’N CHRISTEN IS ’N DIENAAR
Jesus het verklaar dat Hy gekom het om te dien en ons behoort sy voorbeeld na te volg en behoort bowenal gemoeid te wees met die behoeftes van ander. “Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede en met opregte bedoelinge.” 1 Joh 3:18.

’N CHRISTEN IS ’N ATLEET
Ons moet onsself oefen om ’n Goddelike lewe te leef deur Geestelike oefening te doen. Ons moet onsself van onnodige laste bevry; alle sonde afskud en die wedloop met vasbeslotenheid en deursettingsver­moë hardloop. “Hardloop só dat julle die prys sal ontvang... ’n ewige prys.” 1 Kor 9:24-25.

’N CHRISTEN IS ’N WERKER
As Sy kinders en volgelinge, behoort ons al­tyd ons werk na die beste van ons vermoë te doen en in liefde op te tree. 1 Kor 15:58 stel dit baie duidelik: “Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen, die moeite werd.”

’N CHRISTEN IS ’N SOLDAAT
Ons is in ’n geestelike oorlog betrokke en ons behoort die oorlog te wen. Ons behoort gedissiplineerd, gemotiveerd, gehoorsaam, voorbereid en wakker te wees – gereed om die Swaard van die Gees, die Woord van God, te gebruik. Ons moet die bose beveg, weerstaan, bind en die oorwinning van die Kruis van Jesus Christus afdwing. Ons moet die vestings van die vyand aanval, die poorte van die hel bestorm, gevangenes vrystel en oorwin in Je­sus se Naam. “Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n super oor­winning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat Sy liefde so duidelik aan ons bewys het.” Rom 8:37.

CHRISTENE GEROEP OM DIE LIG IN DIE WÊRELD TE WEES
Soos wat Jesus die Lig van die wêreld is, behoort Christene Christus se Lig in hierdie donker wêreld uit te straal. “Dit is juis hierin dat My Vader verheerlik word, dat julle baie vrugte oplewer en My dis­sipels is.” Joh 15:8. Al hierdie beelde uit die Skrif maak dit baie duidelik dat die moderne beeld of idee van Christene uiters ontoereikend is.

Die oppervlakkige, eendimen­sionele konsep van ‘Maak net die deur van jou hart oop’, klink uiters halfhartig, ‘kerkagtig’, louwarm en pateties. Enige Bybelse definisie van ’n Christen sluit die volgende aksiewoorde in: toewyding, deursettingsvermoë, volharding, opof­fering en diens. “Wie nie aan My kant is nie, is teen My. En elkeen wat nie saam met My bymekaarmaak nie, jaag mense uitmekaar.” Matt 12:30.

TWEE KEUSES
’n Christen is weergebore deur die krag van die Heilige Gees en het ‘n ware ver­houding met Jesus Christus. ’n Christen het die Here Sy God met sy hele hart, siel en verstand en alles wat in hom is, lief. Jesus Self het dit duidelik gemaak dat daar twee paaie is – die breë en die smal pad. Daar is ook twee poorte: breed en smal.

Daar is twee soorte bome – die slegte en die goeie. Die slegte boom dra slegte vrugte soos trots, hebsug, wellus, jaloesie, bitterheid en haat en die goeie boom dra goeie vrugte: liefde, vreugde, vrede, geduld, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing (Gal 5:19-23).

CHRISTENE WORD NIE SÓ GEBORE NIE
“As julle nie die Here wil aanbid nie, moet julle vandag vir julleself besluit wie julle dan aanbid. Is dit die gode wat julle voor­vaders anderkant die Eufraat gedien het, of is dit die gode van die Amoriete in wie se land julle nou woon? Ek en my huishouding sal die Here aanbid.” Jos 24:15.

’n Christen is nie iemand wat net oor God praat of ’n kruisie om die nek dra nie. Jy word nie as Christen gebore nie. Jy kan ook nie sê dat jy Hom volg sonder om oor te gee aan Sy Seun, Je­sus Christus, nie.

Dr. Peter Hammond, sendeling, outeur en konferensiespreker, e-pos admin@frontline.org.za of skakel hom by 021 689 4480.

Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer 
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
.”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O.Box 74 Newlands 7725
Cape Town South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: admin@frontline.org.za
  • Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports >
      • Anthony
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate