Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Die Midde Oosterse Krisis

26/7/2012

0 Comments

 
​Die getygolwe van protes en opstande wat oor die Arabiese wereld spoel, stuur 'n waarskuwingsboodskap aan die wereld. Meer as 'n miljoen betogers wat dag na dag in die strate van een enkele hoofstad krete en slagspreuke skree en daarop aandring dat die outoritere leiers, van wie sommige al vir dekades in beheer is, moet bedank, het skokgolwe deur die wereld gestuur en oral konsternasie veroorsaak.
​Die katalisator: protes in Tunisie

Tunisie was die eerste bousteen wat getuimel het. Die land was al dikwels by onreelmatighede betrokke: dit was die eerste Arabiese land wat slawerny verbied het, en ook die eerste Arabiese land wat poligamie in 1956 afgeskaf het. Nou, in 2011, is dit die eerste Arabiese land wat 'n diktator sonder enige hulp van die buiteland, uit die kussings gelig het. Die absolute ontploffing van openbare woede oor die blatante korrupsie en skerp prysstygings het vroeg in Desember aanleiding gegee tot die aanvanklike betogings. In Januarie het die skielike vlug van President Ben Ali na Saoedi-Arabie nadat hy 23 jaar diktatoriaal geregeer het, die terugkeer van die uitgewekene, Rachid Ghannouchi, moontlik gemaak en het hy tussentyds die regering van die land oorgeneem. Hierdie tussentydse regering bestaan egter uit verskeie ministers van die vorige bestel en die ekonomiese krisis wat aanleiding gegee het tot die aanvanklike ontevredenheid, bestaan steeds.

Verdere opstande en onstabiliteit kan dus verwag word. Alhoewel Tunisie geen geskiedenis van Islamitiese fundamentalisme het nie, poog radikale groepe, soos die Moslem Broederskap, om die onstabi­liteit uit te buit en die gewilde rewolusie te skaak ten einde Tunisie van 'n grootliks sekulere land na 'n uiters radikale Islami­tiese bewind om te skakel.

Die val van die Egiptiese regering
Die relatiewe stabiele politieke bestel van langer as 29 jaar onder President Hosni Mubarak het tot 'n skielike einde gekom. Mubarak se regering was meestal sekuler. Islamitiese groepe het egter grootliks oor die afgelope 20 jaar in sterkte gegroei - t.s.v. die wrede onderdrukking deur die Mubarak-regering. T.s.v. die verbod op die deelname van enige godsdienspartye in die parlementere verkiesings, het die radikale Moslem Broederskap 20% van die setels verower deurdat hul kandidate as onafhanklikes gestaan het en verkies is. Sedertdien het die Mubarak-regering hul aantal setels beperk deur die opsluiting van 'n hele aantal van die Moslem Broe­derskap se parlementslede. Egipte is die tuiste van die oudste beskawings ter wereld en is sonder enige twyfel die belanqrikste Arabiese land - dit het die grootste bevolkingstal van enige Arabiese land: 84 miljoen - en Islam is die staatsgodsdiens. Daar is egter ook 10 miljoen Christene, meestal Kopties-Ortodoks, wat 12% van die bevolking is. Vir langer as 'n duisend jaar was Egipte 'n grootliks Christen-land, selfs na die Arabiese Moslem verowering in 640 n.C. Dit is feitlik ongelooflik dat die Egiptiese Kerk 14 eeue van Islamitiese diskriminasie en vervolging oorleef het. Geweld teenoor Christene in Egipte het oor die afgelope 10 jaar egter dramaties toegeneem.

'n Islamitiese ontwaking
'n Islamitiese oorname in Egipte sal vir 'n qroot krisis sorq omdat hierdie land soveel invloed en mag in die vredesproses met Israel het. Egipte is Amerika se sleutelbondgenoot en was die eerste Arabiese land wat vrede met Israel gesluit het. Die lewensbelangrike Suez-kanaal word deur Egipte beheer. Iran en Egipte het alle diplomatieke bande na die 1979-Rewolusie verbreek vanwee Kairo se vredesverbond met Israel.

Die Ayatollah Ali Khamenei het selfs die onrus in Kairo met die tydperk voor die Iranese Islamitiese Rewolusie van 1979 vergelyk. Hierdie opstande in Egipte is deur die Iranese as 'n 'Islamitiese Ontwaking' beskryf wat tot die totstandkoming van 'n Islamitiesbeheerde Midde-Ooste, gelei deur Iran en toegewy daaraan om Israel tot 'n val te bring, kan lei.

Vervolging van Christene
Tesame met hierdie getygolf van Islamitiese fanatisisme in die strate in die Midde-Ooste, is daar 'n skerp toename in die gewelddadige vervolging van Christene. Honderde Christene is in gewelddadige aanvalle op Christen-kerke en woonbuurte, veral in Irak en Egipte, gewond of het gesterf.

Tienduisende Christene maak gereed om uit die land te vlug. As in ag geneem word dat hierdie Christene uit gemeen- skappe stam wat baie eeue van Islamitiese vervolging oorleef het, net om vandag ontwortel te word, is dit 'n duidelike bewys hoe ernstig hierdie nuwe golf van vervol­ging deur radikale Moslems is.

Die toenemende steun vir radikale
Met hierdie krisis wat regoor die Arabiese wereld toeneem, staar Westerse regerings hul eie probleme in die gesig. Vir reeds baie iare is Westerse reqerinqs en media besiq om die liberale mantra - die grootste meerderheid Moslems is gematig en gekant teen terrorisme - te herhaal. Dit blyk nou 'n selfmisleidende fantasie te wees. Opnames in Egipte het getoon dat 59% Egiptenare Islamisme steun en 50% van die Egiptiese bevolking steun die radikale Hamas terro- ristegroep. 30% steun die selfs meer radi­kale Al Qaeda-beweging en 95% van die bevolking wil groter Islamitiese inspraak in die politiek he.

Die Westerse liberale voorstel vir feitlik enige soort probleem wereldwyd, naamlik 'n stembus-demokrasie, gaan doodeenvoudig net nie in die Midde-Ooste werk nie. Nadat die Amerikaners daarin geslaag het om Saddam Hussein se diktatorskap in Irak deur militere ingryping te laat wankel en die eerste demokratiese verkiesings in daardie land te laat plaasvind, was meer radikale Islamiete in beheer en was daar baie meer vervolging van Christene in Irak as ooit tevore.

Lynregteopposisie
President George W Bush het in 2003 verklaar: "Are the peoples of the Middle East somehow beyond the reach of liberty? Are they alone never to know freedom...?" Die Islamitiese godsdiens is in lynregte opposisie met die Westerse wereldbegrip van vryheid. Dit is of Islam wat moet sterf, of vryheid kom tot 'n algehele einde.

Die Islamitiese vryheidskonsep toon nie eens raakvlakke met die Westerse vry­heidskonsep nie. Ibn Arabi, 'n gerekende Is­lamitiese geleerde, het vryheid gedefinieer as: 'perfekte knegskap/slawerny' aan Al­lah. Die Moslem-definisie van vryheid is onderdanigheid/onderwerping aan die Shari'a-wet. 'n 2010-Pew-meningsopname asook die University of Maryland/World Opinion.org-opname het bevind dat 84% van die Egiptiese bevolking ten gunste van die doodstraf vir afvalliges (die wat verkies om die Islamitiese geloof vaarwel toe te roep) is. Die feit dat 90% t.g.v. 'Godsdiens-vryheid' is, is geensins 'n weerspreking na Moslem-mening nie, want godsdiensvryheid is, volgens hulle, ondergeskik aan Islam. Vir Westerlinge is vryheid presies die teenoorgestelde. Ons praat dus baie duidelik nie dieselfde taal nie.

'n Duidelike, teenwoordige gevaar
Die gevaar van die skaking van die Egiptiese rewolusie deur die Moslem Broederskap, een van die venynigste Islamitiese terroris- te-organisasies ter wereld, om Egipte in 'n Islamitiese land, geskoei op die Iranese lees, te verander en sodoende die radikale Islam wereldwyd te vestig, is in die afsienbare toekoms 'n baie duidelike en immer teen­woordige gevaar. Egiptiese regeringsleiers het openlik hul verbasing oor hoe Amerika se Presi­dent Obama hul ten gunste van die Mos­lem Broederskap verraai, verklaar. Alhoewel burokrasie en korrupsie hoogty vier, was Mubarak 'n stoere VS-bondgenoot en het biljoene dollar in militere hulp ontvang. Sy administrasie word reeds baie lank as die grootste enkele stabiliserende mag in die onbestendige Arabiese wereld beskou. T.s.v. die radikale verklarings en wrede verlede, het talle Westerse regeringsleiers uit hul pad gegaan om te verklaar dat die Moslem Broederskap 'n 'mag vir matigheid' in Egipte is en nie vir gewelddadige uiterstes nie!

'n Anti-Westerse rewolusie
Die leier van die Jordaniese Moslem Broe­derskap, Hammam Saeed, het gewaarsku dat die die rewolusie in Egipte regoor die Midde-Ooste kan versprei totdat die Arabiere daarin geslaag het om alle leiers wat bondgenote van Amerika en Europa is, tot 'n val te bring. Die magsbalans van die Midde-Ooste staan op die punt om hewig geskud en in die proses heropgestel te word. Met die Withuis wat die Moslem Broederskap steun, berei Israel homself op die ergste voor.

Na jare se verduring van die 'kassam' missiel-aanvalle vanuit die Gaza-strook, vrees Israel nou dat hulle stede en dorpe die voile spit van die Iranese aanval sal moet afbyt - indien Iran Amerika as Egipte se belangrikste militere verskaffer vervang.

Botsing van beskawings
Sedert die 1978-Camp David-vredesoor- eenkoms tussen Egipte en Israel, het belastingbetalers in die VSA reeds VS $63,7 biljoen dollar as hulp aan Egipte betaal. Israel vrees nou dat Egipte, saam met Ha­mas, Hezbollah en ander terroristegroepe, deel van die Iranse ooreenkoms in die Midde-Ooste kan word. Die oorname deur 'n Moslem Broederskap in Egipte in die toekoms sal die oplegging van die Shari'a-wet, die drastiese vervolging van Christene en openlike vyandigheid teenoor Israel inlui. Israeli Eerste Minister, Benjamin Netanyahu het die Knesset gewaarsku dat die toekoms van Egipte en Egipte se bande met Israel, in die weegskaal is. "Ons het twee verskillende werelde hier, twee teenoorgesteldes, twee wereldbeskouings - die van die vrye demokratiese wereld en die van die radikale wereld. Watter een hiervan gaan in die toekoms in Egipte die oorhand kry? Die antwoord hierop is uiters belangrik vir die toekoms van Egipte, van die hele streek en ons eie Isael," het hy gese.

Demokratiese eksperimente in die Arabiese wereld
Vir baie Westerlinge wat baie min van die Midde-Ooste weet, mag die nuus van massaprotes teen diktatorskappe en oproepe tot demokrasie, na goeie verwikkelinge klink, maar in sommige Midde-Oosterse lande waar daar 'n sekere mate van demokrasie bekendgestel is, slegs op tydelike basis, was dit die radikale Islamiete wat die meeste setels verower het. Toe Bahrein verkiesings gehou het, het die Islamitiese partye die meeste setels verower.

Toe verkiesings in die Gaza-strook plaasgevind het, het die Islamitiese terreurgroep, Hamas, die meeste stemme verower. Die Moslem Broederskap in Egipte is vas oortuig dat die meerderheid van die inwoners van Egipte vir hulie in die toekomstige verkiesing sal stem.

Islamitiese kalifaat
Diegene wat Islam en die Midde-Ooste verstaan, waarsku dat demokrasie wel verandering sal bring, maar beslis in die vorm van 'n nagmerrie - 'n Islamitiese golf wat van Pakistan in die Ooste tot by Marokko in die Weste strek. 'n Pan-Arabiese Kali­faat, waar die woord 'Islamities' nie bloot net die snelskrif vir terroris sal wees nie, maar die amptelike regeringsbeleid, selfs in hoofstede soos Kai'ro, sal omskryf. Indien Europese en Amerikaanse amptenare bekommerd is oor die verwikkelinqe in die Midde-Ooste, kan 'n mens maar bloot net bespiegel wat politici en militere bevelvoerders in Israel dink. Die Moslem Broederskap het hul voorneme te kenne gegee dat, sou demokrasie Egipte se kant toe kom, hulle die bewind sal oorneem.

Hulle het dit ook baie duidelik gemaak een van die eerste dinge wat sal gebeur, die nietigverklaring van die 1979-Egipte-lsrael- vredesverdrag sou wees. Die aksie alleen sal hierdie streek in verdere en dodeliker onstabiliteitdompel.

'n Ernstige gebedsoproep
Die fundamentele en skynbaar onversoenbare verskille tussen die meeste Israeli's en die Arabiere, hou in dat slegs een enkele konfliksituasie na naburige lande, soos Libanon en Sirie, kan oorspoel. Baie is van mening dat so 'n oorlog onafwendbaar is. Christene behoort aan die hand van Opera­tion World - The Definitive Prayer Guide To Every Nation se riglyne te bid.

Ons behoort veral gebede van ons gemeentes op die Christene wat onder geweldige aanslag in die Midde-Ooste is, te laat fokus, asook te bid vir toenemende sendingpogings om Moslems vir Christus te bereik." Nie deur krag en geweld nie, maar deur My Gees spreek die Here God Almagtig." Sag 4:6.

Vir die volledige weergawe van hierdie artikel, wat 'n volledige sinopsis van die politieke en godsdiens- tige status van verskeie ander Arabiese lande, in- sluitende Algerie, Libanon, Marokko, Saoedi-Arabie, Sirie en Jemen bevat, besoek ons webwerf: www.juig.co.za en klik op NEWS.

Vir 'n kopie van die Operation World Prayer Guide, skakel 021 689 7478 of e-pos:  [email protected]


Dr. Peter Hammond, sendeling, outeur en konferensiespreker , e-pos [email protected] of skakel hom by 021-689-4480

Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA