Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Die Afwesigheid van Goeie Dade

4/7/2012

0 Comments

 
​Ek is ‘n goeie persoon. Ek drink nie. Ek rook nie. Ek gebruik nie dwelms nie. Ek steel nie en ek vloek ook nie. En ek is nie homoseksueel nie – ek is ‘n goeie persoon!” Hierdie reaksie kom ‘n mens dikwels teë as jy by straatevangelisasie, deur-totdeur-of enige ander vorm van evangelisasie betrokke raak.
Die meeste mense is heilig daarvan oortuig dat hulle goeie mense is. En tog, die Bybel predik nie die aangebore goedheid van die mens nie. Rom 3:10-18 leer ons: “Niemand is goed nie – selfs nie een enkele een nie. Daar is nie een wat werklik verstandig is nie; Niemand wat werklik ernstig na God soek nie. Almal het hulle rug op God gekeer; almal het sleg geword; daar is niemand wat die goeie doen nie – selfs nie een enkele een nie…eerbied vir God speel by hulle geen rol nie.”
WAT IS DIE OORDEELSDAG?
Jesus beskryf die Oordeel nie in terme van slegte dinge wat ons gedoen het nie, maar in terme van goeie dinge wat ons níé gedoen het nie: “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, want God het julle vervloek! Gaan na die ewige vuur wat gereed is vir die duiwel en sy bose engele! Want toe ek honger was, het jul le nie vir My kos gegee nie; toe Ek dors was, het julle nie vir My iets om te drink gegee nie. Toe Ek ‘n hawelose vreemdeling was, het julle My nie in julle huise ontvang nie; toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle My nie klere gegee nie; toe Ek siek en in die tronk was, het julle niena My omgesien nie.” Matt 25:41-43.
​
WAT IS SONDE?
Sonde is nie nét die slegte dinge wat ons doen nie, dit is ook die dinge wat ons nié doen nie. “Hou in gedagte: As ‘n mens weet wat reg is en dit nie doen nie, is dit sonde.” Jak 4:17. As ek jou sou vra wat die grootste sonde is wat enige persoon kan begaan, wat sou jou antwoord wees? Moord? Afgodsdiens?
Ower spel? Perversie? Haat? Laster? Toe Jesus gevra is wat die grootste gebod is, het Hy geantwoord: “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse gemoed, met jou totale verstand en met al jou krag... Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Mark 12:30-33. Die grootste sonde op die aarde is dus om God nié met jou hele hart lief te hê nie. Die versuim om God met jou hele hart lief te hê, is dus die ‘wortel’ van alle ander sondes – en dit gee aanleiding tot die sondes wat hierbo genoem is.
Jy kan nie jou naaste liefhê as jy God nie die eerste plek in jou hart gee nie. God verdien jou hele hart, niks minder nie. Nie ‘n deel van jou hart, of die grootste deel daarvan nie. Jou hele hart! Ons Skepper, ons Redder en ons ewige Regter is niks minder nie as alles wat ons het, en ook ons beste, waardig.“Die Lam wat geslag is, is waardig genoeg om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lofprysing te ontvang.” Open 5:12

SÊ DIE BYBEL?
Die Skrif is baie duidelik in hierdie verband – ons liefde moenie net by woorde bly nie, dit moet ware liefde wees wat ons in dade bewys. “Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.” 1 Joh 3:18. esus het ons deur Sy voorbeeld gewys dat ware liefde met opoffering gepaard gaan.
Sommige van die mees openbarende tekens van ons liefde vir God is die opofferings wat ons vir Hom maak. Liefde gee; dit hou nie boek van die koste nie. Liefde floreer op ‘gee’ en die wil om nog méér te gee – nie uit plig nie, maar uit ‘n blye en gewillige hart. Liefde het ‘n intense entoesiasme, ‘n verlange na nabyheid en ‘n begeerte tot diensbaarheid tot gevolg.
Is dit ‘n beskrywing van jou liefde vir God? Ken jy jou Bybel? Pas jy dit wat jy daar lees toe op elke area van jou lewe? Weet jy wat God van jou verwag? Doen jy dit met jou hele hart? ‘n Ystersmid hou sy yster lank genoeg in die vuur totdat die vuur ‘in’ die yster is. Is jy só deur God se Woord en Sy teenwoordigheid deurdrenk dat Sy vuur in jou hart brand?
Liefde is soos ‘n vuur – dit versprei maklik, maar dit het voortdurend ‘brandstof’ nodig om dit onkeerbaar te hou. Ons liefde vir God word gevoed deur die geloof in Sy Woord, in aanbidding, in gebed, in lofprysing en verering. Liefde is soos die lewe – dit groei as dit gevoed word, maar dit gaan dood as dit honger ly.

DIE TIEN GEBOOIE
Dit is nie net ‘n lang lys voorskrifte van wat jy moet en nie moet doen nie. Elk van die Tien Gebooie omvat ‘n baie duidelike opdrag tot aksie: Om God alleen te eer; om afgodediens te weerstaan; om met respek met God en Sy Woord om te gaan; om ses dae te werk en dan die sewende dag te rus; om jou vader en moeder te eer; om die lewe te respekteer; om die heiligheid van die huwelik te beskerm; om die eiendom van ander te respekteer; om mense met integriteit te wees en om ‘n skoon gewete voor God en alle mense te hê. Die Tien Gebooie verwag dus in effek drie basiese dinge van ons – om respek te hê vir God, vir mense en vir eiendom.

AKSIE IS DIE SLEUTEL
Die Onse Vader-gebed vereis óók aksie: “Laat U Wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel.” Matt 6:10. Jesus leer verder ook dat “Nie almal wat ewe vroom vir My ‘Here, Here’ sê, sal in God se koninkryk ingaan nie. Wat die deurslag sal gee, is of hulle aan My hemelse Vader gehoorsaam was.” Matt 7:21.
“Maar nog meer geseënd is almal wat die Woord van God hoor en dit uitleef.”Luk 11:28.
Ons opdrag is: “Julle moet mense word wat dóén wat die Woord sê.” Jak 1:22. Die Kerk ly deesdae omdat daar so baie Christene is wat veel meer weet as wat hulle in die praktyk ten uitvoer bring. Ons mislei ons self as ons glo dat ware Christenskap bloot vereis dat ons moet kerk toe gaan en sigarette, dronkenskap, dwelms, vloektaal en ander sigbare en hoorbare voorbeelde van sonde moet vermy.

ONS IS GERED OM TE DIEN
Tydens die Skepping het God die Kulturele Opdrag gegee – om vrugbaar te wees en die aarde te vul en om Sy skepping te eerbiedig (Gen 1:28). Ons word beveel om ons kinders in die vrees en liefde van die Here op te voed (Deut 6:2-9) volgens Christus se goue reël: “Doen vir ander alles wat julle graag wil hêhulle vir julle sal doen...” Matt 7:12. Die Skrif leer ons soveel méér as net die blote vermyding van die doen van verkeerde dinge. “Die dief moet ophou steel en eerder hard werk. Hy moet sy eie hande vir eerlike werk gebruik sodat hy iets kan hê om met mense in nood te deel.” Ef 4:28. As Christene word ons opgeroep om te leer om onsself daaraan toe te wy om nie onproduktief te wees nie, maar uit te munt in goeie dade. (Tit 3:14). Jesus bestraf ook ledigheid in Matt 20:6.

GRETIGE VRYWILLIGERS NODIG
Die Here wil graag gretige vrywilligers hê: “Wie kan Ek met ‘n boodskap na My volk toe stuur?” Jes 6:8. Die laaste opdrag van Jesus behoort ons eerste belang te wees. Sy Groot Opdrag moet ons allesoorheersende ambisie wees – om dissipels te maak, om gehoorsaamheid aan alles waartoe Hy ons opdrag gegee het, te leer (Matt 28: 18-20).
As Christene behoort ons te besef dat passiwiteit, neutraliteit en onaktiwiteit sondige ongehoorsaamheid is.
Dit sluit in: As God praat en ons luister nie. As ons nie toepas wat die Bybel leer nie. As ons nie gehoorsaam is aan wat Jesus leer nie. As ons nie gaan as Hy ons stuur nie. As ons bly sit, wanneer ons eintlik moet staan - en as ons stilbly, as ons moet praat. Ook as ons terugstaan en nie in geloof uitgaan nie.

LEWENSBELANGRIKE BOODSKAP
As Christene beskik ons oor ‘n boodskap wat lewe en dood bepaal. Laat ons dus wakker word en besef dat dit uiters dringend is om by die verloregaande mensdom, wat teen God rebelleer en vinnig op pad is hel toe, uit te kom. Lewens is op die spel. Die Waarheid word aangeval. God se Naam word ontheilig en Hy word nie meer geëer nie. Die beste getuienis wat daar vir Christus kán wees, is wanneer ‘n Christen sy werk met integriteit, toewyding en blymoedigheid doen.
Die gehalte van ons dagtake behoort ‘n getuienis vir Christus te wees. “Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ‘n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie; iemand wat die woord van die waarheid reg verduidelik.”
2 Tim 2:15. 1 Tes 5:16-18 sê ook: “Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle as Christene verwag.” Dit is God se Wil dat ons biddend, vol blydskap en dankbaarheid sal wees, Sy skepping sal eerbiedig, dat ons inagnemend sal wees en, bo alles, dat ons God met ons hele hart sal liefhê en ons naaste net soos wat ons onsself liefhet.
Ware Christenskap word gesíén, nie net in wat ons sê nie – ook in wat ons doen. Dit is geestelik uiters verfrissend om in die geloof uit te stap en God te gehoorsaam. Laat ons geloof tot aksie oorgaan. Geseënd is hulle wat God se Woord hoor en dit gehoorsaam.

Dr. Peter Hammond is die Voorsitter van The Reformation
Society. Besoekwww.ReformationSA.org.
Dr. Hammond is beskikbaar vir kerkpraatjiesen kan
geskakel word by             021 689 4480      .

Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA