Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Afknouery

20/7/2012

0 Comments

 
​tragiese dood van ‘n sestienjarige graad-11-leerling het net weer die probleem van afknouery en geweld in ons skole beklemtoon
GEWELD ONDER LEERDERS
Shane McCarroll, ‘n hoërskoolstudent, is in die hospitaal oorlede na ‘n tragiese bakleiery by ‘n vriend se 18de verjaardagparty in Amanzimtoti. Shane se kaak is op twee plekke gebreek en sy regterwangbeen was vergruis. ‘n Aar in sy nek het gebars, ‘n bloedklont het gevorm en sy brein kon nie genoeg suurstof kry nie. Hy het ‘n reuse beroerte gehad en is breindood verklaar. Volgens ‘n koerantberig het van die jongmense dronk op die partytjie aangekom.

GEWELD NEEM TOE
In Randburg het ‘n groep tieners weer ‘n muis met brandende sigarette gemartel, dit in ontvlambare vloeistof gedoop en toe aan die brand gesteek. Hierdie hele petalje is verfilm terwyl hulle histeries gelag het. Hulle staar nou boetes van tot R20 000 of tronkstraf van tot vier maande in die gesig. Die DBV berig dat voorvalle van dieremishandeling drasties aan die toeneem is... onder kinders! In Kwa-Zoeloe Natal is twee tienermeisies, 13 en 16 onderskeidelik, in Cato Manor gearresteer op klagte van aanranding. Hulle het ‘n graad-10-leerder met ‘n gordel aangeval, haar geskop en geklap en probeer om haar te vermoor. Die slagoffer het later selfmoord probeer pleeg, deur haar polse te sny. In Rustenburg is ‘n 17jarige jongman met ‘n skedelfraktuur in die waaksaal opgeneem nadat hy in die skooltoilette aangerand is. Verlede jaar het Chadah Rowley, ‘n 15-jarige van Bosmansdam Hoërskool in Bothasig, gesterf nadat hy baie ernstig in ‘n bakleiery aangerand is. Enkele dae voor sy dood het hy aan sy ma gesê: “Ek is bang, Ma. Jy weet nie hoe erg dit by die skool is nie!” Bendelede het hom blykbaar met die dood gedreig.

DESTRUKTIEWE GEWOONTES
Volgens ‘n studie wat deur die Universiteit van die Oranje Vrystaat gepubliseer is, het meer as 32% van die leerders erken dat hulle deur ‘n ander leerder geslaan is. Die meeste het gesê hulle word geteiken in skoolbusse en taxi’s op pad skool toe of in die skooltoilette. Ander word weer deur onderwysers afgeknou.
Volgens die studie het 50% van die onderwysers erken dat hulle hul studente fisiek aangerand het, 6% van die onderwyskader het erken dat hulle ten minste een keer per maand skuldig is aan ‘seksuele afknouery’. Net 5% van die onderwysers en 16% van die leerders wat aan hierdie navorsing deelgeneem het, het geglo dat afknouery “geen probleem” is nie.

GEEN OUERLEIDING
Opvoedkundiges sê dié destruktiewe gedrag onder leerders neem toe. Baie onderwysers voel erg beswaard oor die ‘destruktiewe gedrag’ van die leerders met wie hulle moet werk.
Die algemene klagte is dat leerders deurdrenk is van die moderne kultuur: vuilbekkigheid, wrokkig teenoor almal in gesagsposisies en arrogante minagting t.o.v. die onderrigsituasie. Hulle kry geen leiding van hul ouers nie. Norman Cona, skoolhoof by Thembalethu Hoërskool in George, sê dat daar nie ‘n dag verbygaan sonder dat daar ‘n bakleiery op die skoolgrond is nie. Kinders het deesdae net nie meer respek of ontsag vir hul ouers, onderwysers, mekaar of selfs diere nie.

AFKNOUERY GEDEFINIEER
Verslae definieer afknouery as volg: ‘Herhaaldelike en sistematiese teistering en aanvalle op ander. Dit kan deur individue of groepe geskied en kan die volgende insluit: fisieke aanvalle en geweld, verbale teisetering, noem van name, dreigemente en intimidasie, afdreiging of diefstal van geld of besittings asook uitsluiting van die portuurgroep.’
Studies het ook getoon dat seuns geneig is om fisieke aanvalle te loods terwyl meisies baie subtiele en indirekte metodes op ander meisies gebruik... sosiale uitsluiting, manipulasie van die vriendskapsverhoudings, skinderstories, ens.

MEDIA SPEEL ‘N SLEUTELROL
Dr. Harriet Klopper, kriminoloog van Pretoria, is van mening dat die media ‘n sleutelrol speel. “Dit word bereken dat kinders meer as 8 000 moorde en 100 000 geweldsdade op TV sien voordat hulle hoërskool toe gaan.”
Tot 80% van die rekenaarspeletjies wat gerig is op jonges tussen die ouderdomme 8 en 14, beeld bloed en bloederige dade baie realisties uit, tesame met die nodige realistiese klankeffekte. “Alle helde wat in hierdie speletjies sterf, word weer lewendig. Dit leer kinders dat geweld geen gevolge het nie.”

OPENBARE GEWELD
Keur jy owerspel goed? Sal jy daarvan hou om toe te kyk hoe kriminele hul slagoffers papslaan? Is grafiese geweld of brutale moord vir jou vermaaklik? Sal jy daarvan hou as jou kinders deur sataniese of immorele onderwysers onderrig word? Natuurlik nie! Ons sal verontwaardig op sulke suggesties reageer. Tog, hoe dikwels spandeer ons nie onnadenkend tyd op sulke dinge voor die televisie nie?
Hoe dikwels sit ons kinders nie na hierdie dinge op televisie en kyk nie? Het jy opgelet hoeveel tekenprente beeld geweld, immoraliteit of satanisme uit?

VREMDELINGE IN ONS HUISE
Wie van ons sal ‘n vreemdeling toelaat om in ons huise in te kom en die meubels links en regs te herrangskik? En tog laat ons toe dat vreemdelinge op televisie, of in tydskrifte en musiek, ons gedagtes herrangskik. Vreemdelinge het deesdae die grootste invloed op die gedagtewêreld van ons kinders; hulle verstandelike en emosionele ontwikkeling word hierdeur beïnvloed. Die resultaat is ‘n toenemende selfsugtige, oppervlakkige, onnadenkende en immorele gemeenskap wat vinnig besig is om ons wêreld oor te neem. Al hierdie dinge, tesame met die rol van die staatskole, moet deesdae deur ouers oor- en deurdink word.

VRUGOPBRENGS
“’n Boom word aan sy vrugte geken.” Matt 12:33 Teen die tyd dat die gemiddelde kind klaar is met skool, sal hulle 15 000 uur in die skool, 15 000 tot 30 000 uur se televisie en 15 000 uur se musiekluister agter die blad hê. Die invloed van ouers en kerke in die ontwikkeling van kinders is dramaties aan die afneem.
Die disintegrasie van die familie, die afwesige ouer en die algehele afwesigheid van dissipline, het ‘n vakuum geskep.
Hierdie vakuum word gevul deur die gewelddadige en immorele films en video’s, polsende geraas wat deesdae as musiek deurgaan, pornografiese tydskrifte, webwerwe en sms’e en is die vormende invloed van menige doellose lewe. Wat ons sien, beïnvloed ons denke en dit vorm weer die mense wat ons word en die dinge wat ons doen. Idees het gevolge. Aksies volg op ons gedagtes. Wat is dus die faktor wat vorm aan jou kind se gedagtes gee? Watter soort vermaak en media slyp hulle vir die toekoms? “Wees baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos ‘n dwaas leef nie, leef wys! Benut elke geleentheid, want ons lewe in slegte tye.” Ef 5: 15, 16

SELFSUG OORHEERS VANDAG
Die selfsug en kortsigtigheid van die moderne samelewing, word weerspieël in die gemors wat oral rondgestrooi lê en graffiti wat oral op mure te sien is.
Die vuilheid, besoedeling en aftakeling van die omgewing waarin ons kinders opgroei word ook weerspieël in die selfverminkende kultuur van liggaamsdeurborende modes waarin so baie jongmense vasval. Neusringe, wenkbrouringe, tong- en naeltjieringe is deesdae aan die orde van die dag.
Noem daarmee saam ook nog ‘acid rock’ en ‘rap’, en enige ouer behoort die waarskuwingsligte te sien flikker. Hoe het skole in die lig van al hierdie gevare gereageer? Het hulle van die geleentheid gebruik gemaak om die gedagtes, morele waardes en karakter van die jongmense te vorm; hulle geleer om hul naaste net so lief soos hulself te hê; aan ander te doen soos wat hulle graag aan hulself gedoen wil hê?
Leer skole jongmense nog respek vir God, ouers, mense en eiendom? Of het ons skole slegs olie op die vuur gegooi deur jongmense te leer dat die mens ‘n blote produk van evolusie is? Het hulle Bybelonderrig vervang met seksonderrig en gebed vervang met verdraagsaamheid jeens pornografie?

EVOLUSIE EN GEWELD
Leer jongmense in skole dat geweld ‘n aanvaarbare oplossing is t.o.v. ‘n ‘ongewensde swangerskap’ deur moord op ‘n ongebore baba deur ‘n aborsie te propageer en goed te praat? Wat beteken al hierdie dinge eintlik? Dat ander maar gebruik en misbruik kan word vir eie gewin!
Op ‘n manier is die geweld waarmee skole vandag te make het, die onvermydelike gevolg van die verwerping van die Skeppingswaarheid, van absolute reg en verkeerd, die Tien Gebooie, die lering en onderrig van Jesus en die betekenis, doel en etiese grondslag wat uit Christelike opvoeding voortspruit. Evolusie met die ‘van-die-slyk-na–die-slot-na-die-skepsel’ of die ‘modder-mensaap-mens’; die ‘oorlewing van die sterkste’ het die opkoms van ‘n hele generasie afknouers tot gevolg gehad.

MISTASTING
Opvoedkundiges is van mening dat kinders deesdae geleer behoort te word van wat aanvaarbaar en onaanvaarbaar is, hoe om ander met respek te hanteer en hoe om aan te dring op hul eie regte sonder om die regte van ander te misken.
Alle skole moet sielkundiges daarstel wat kan help... met kinders wat in misdaad, geweld of ander negatiewe gedragspatrone vasgevang is en wat dikwels langtermyn-terapie of emosionele intelligensie-ontwikkelingshulp benodig.
Opvoedkundiges is baie duidelik besig om hulself om die bos te lei as hulle dink dat hierdie strategie hoegenaamd kan werk.

MAAK JY ‘N SLAGOFFER GROOT?
Dr. Olweus (in ‘Bullying at School: What We Know and What We can Do’, Oxford, 1993) beskryf ‘n tipiese slagoffer só: “Kinders wat herhaaldelik die slagoffers van afknouery en aggressie is, is geneig om stil en skaam te wees, hulle is nie vergeldend nie en toon ook nie aanmatigende gedrag wat die afknouery ontlok nie. Dit word dan deur die afknouer uitgebuit.
Die slagoffers van afknouery het gewoonlik min vriende en sosiale ondersteuning en is dikwels sonder selfvertroue omdat hulle fisiek swakker daaraan toe is. Sommiges word so getraumatiseer dat selfmoord vir hulle na die enigste uitweg lyk. Dr. Olweus noem ook dat slagoffers dikwels nie die afknouvoorvalle aanmeld nie of dit eers baie lank na die tyd doen.
Die redes hiervoor is omdat hulle skaam is daaroor, bevrees is dat hulle verder deur die afknouer vergeld sal word, bevrees is dat die ouer persoon hulle nie teen die wandade kan beskerm waar en wanneer dit plaasvind nie, hulle nie sal glo nie, ens.

MAAK JY ‘N AFKNOUER GROOT?
Navorsing het getoon dat afknouers aggressiewe volwassenes word wat ‘n groter kans staan om kriminele wandade te begaan en deel van die kriminele statistieke te word.
Nog ‘n baie belangrike aspek wat dikwels misgekyk word, is die toeskouers wat nie skuldiges of slagoffers is nie, maar bloot die afknouerige leier vir eie gewin volg. Hulle put moontlik genot uit die vrees wat hulle as groep by die slagoffer(s) inboesem. Die leeromgewing word absoluut vergiftig deur afknouery!
​
WAT KAN GEDOEN WORD?
Wees op die uitkyk vir die volgende tekens: vrees om skool toe te gaan, vermiste besittings, geskeurde klere en toenemende vrees en angstigheid.
Vra jou kind direk of hy/sy die slagoffer van afknouery is.
Werk saam met die skool om te verseker dat goeie toesig daar is vir die kinders, veral op die skoolgrond en dat daar effektiewe gevolge vir afknouery is.
Indien die voorvalle op pad skool toe of terug gebeur, reël alternatiewe maniere om by die skool te kom.
Help jou kind se sosiale en verdedigende vaardighede ontwikkel.
Werk saam met die OOV sodat ‘n volledige anti-afknou-beleid daargestel kan word en dissipline op alle vlakke afgedwing kan word.
Dit moet die volgende insluit – ‘n etiese en geestelike grondslag vir onderrig, Bybelonderrig en gebed, Bybelvoorlesing en sang tydens saalbyeenkomste.
Steun aan die Christen-studentevereniging(s) en die reël van Christensprekers wat aandag aan die geestelike en morele ontwikkeling van studente kan gee.
Erken die gevaar verbonde aan gewelddadige videospeletjies asook aggressiewe rock-, hip hop- en rap-musiek, aangesien dit aggressiewe gedrag aanvuur.
As jy bewus word van gevalle van afknouery, tree onmiddellik tussenbeide.Bid gereeld vir jou kinders.
Leer jou kinders God se bevele en die Bybel.
 
Dr. Peter Hammond is die Voorsitter van The Reformation Society. Besoekwww.ReformationSA.org.
Dr. Hammond is beskikbaar vir kerkpraatjiesen kan geskakel word by 021 689 4480

Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA