Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Wêreldbeelde in Konflik

13/6/2016

0 Comments

 
Picture
​Die volgende artikel is ‘n hoofstuk uit dieBybelse Beginsels vir Afrika boek, geskryf deur dr. Peter Hammond.
Die Humanistiese Standpunt

Dit wil voorkom asof ons samelewing vasgevang is deur die humanisme van agtiende eeuse Franse filosowe soos Voltaire en Rousseau: Dat die mens in beginsel goed is; dat die menslike natuur verbeter en dat dit vervolmaak kan word. Om hierdie rede word diewe, verkragters en moordenaars behandel as “slagoffers van die samelewing”, wat behandeling en rehabilitasie nodig het, in plaas van skurke wat vergelding en straf moet ontvang.

Die huidige klimaat in die wêreld is een van “onderhandeling” (bedoelende: kompromie), “eenheid” (bedoelende: onderwerping), “liefde” (bedoelende: passiewe aanvaarding van sonde), en “vrede” (bedoelende: geen weerstand teen terrorisme). Die skandaal is dat onder hierdie misleiding, terroriste vrygelaat kan word, terwyl polisiemanne in die tronk beland. Moordenaars kan kwytgeskeld word terwyl soldate vervolg word. Sommige geestelikes/predikante en politici voer veldtogte om veroordeelde moordenaars te red deur die doodstraf te beëindig, terwyl hulle onskuldige babas tot die dood veroordeel deur aborsie aan te moedig.

In hierdie era van versoening, blyk dit dat persoonlike en openbare beleid nie bepaal word deur “wat is reg?” nie, maar deur “wat is gewild?”. Afrika probeer nie eers meer om elke area van die lewe getrou, in gehoorsaamheid aan die Woord van God, te bou nie. Die “Nuwe Suid-Afrika” het Bybelse beginsels oorboord gegooi en humanisme met ‘n ongelooflike spoed aangeneem.

Francis Schaeffer definieer humanisme as: “die plaas van die mens in die middel van alle dinge en die maak van die mens as maatstaf vir alle dinge.”

Alexander Solzhenitzyn beskryf dit as: “die proklamasie en praktyk van die outonomie van die mens van enige hoër Mag.”

Volgens die humanistiese denke, is daar geen duidelike standaard van reg en verkeerd nie.

Die onvermydelike gevolg van humanisme kan gesien word in die totalitarisme en slagtings van die kommunistiese Ooste en die permissiwiteit en dekadensie van die demokratiese Weste.

Humaniste moet verantwoordelikheid neem vir die groot slagting van aborsie, die pornografie plaag, die dwelm epidemie, die VIGS pandemie, die golf van misdaad, en die toename van perversie. Hierdie rampe is die logiese gevolg van die verwerping van die Wet van God en die bevordering van situasie-etiek, evolusionisme, permissiwiteit en “alternatiewe lewenstyle”.

En dit is op hierdie plek waar ons onsself vandag bevind. Ons samelewing het Bybelse Hervorming dringend nodig, en ons kerke herlewing. Waar die Hervormers, Puriteine, Hugenote en Pelgrims bekend was vir moed en beginselvaste getrouheid aan die Woord van God, is ons geslag duidelik vol lafhartigheid, liefde vir plesier, en kompromie.

Die Hervormers se Posisie

Die Bybelse leerstelling van die totale verdorwenheid van die menslike natuur - dat die mens van nature sondig is en God nie kan behaag nie – het die Hervormersgelei om ‘n teenoorgestelde posisie in te neem as dié van die Humaniste. Die Hervormers het geglo dat die menslike natuur in wese sondig en selfsugtig is. Daarom was hulle ten gunste van ‘n regeringsvorm met streng wette en swaar strawwe vir kriminele gedrag. Hulle het erken dat die burgerlike regering genoeg mag moet hê om die bose drifte van sondige mense in bedwang te hou. Omdat hulle egter besef het dat “mag korrupteer, en absolute mag korrupteer absoluut” het hulle geweet dat die regeerders nie vertrou kon word met absolute mag nie.

Hulle oplossing was nie die heidense Griekse Utopia van Demokrasie – waar die mens heers – nie, maar ‘n grondwetlike republiek – waar die Wet regeer. Daarom het die Hervormers daarna gestreef om hul republieke te bou op die onveranderbare Wet van die Woord van God. In plaas van heersers, het hulle beamptes verkies - staatsamptenare – wat gebonde was deur die kettings van die grondwet. Hulle was ten gunste van desentralisering en daarom het hulle ‘n stelsel van vergelyking en balansering opgerig om die mag en verantwoordelikheid in ‘n Trinitariese model van Uitvoerende, Wetgewende en Regterlike afdelings van staatsbestuur te verdeel (Jesaja 33:22).

Weens hulle versigtigheid vir die menslike natuur van buitelandse magte, was hulle ook ten gunste van ‘n sterk militêre verdediging om ‘n afskrikmiddel te wees teen aanvalle en om die vryheid en sekuriteit van die inwoners te beskerm.

Christene glo dat God se Wet, soos geopenbaar in Sy Woord, die Bybel, die absolute en onveranderlike beginsels bevat waardeur alle gebiede van die lewe regeer moet word. Die Wet van God reflekteer die ewige en onveranderlike karakter en wil van God, en kan daarom nie geïgnoreer word nie.

Ons besorgdheid om God se geopenbaarde Wet op die alledaagse lewe toe te pas, vloei uit die Bybelse leerstellings oor die Soewereiniteit van God en die sondigheid van die mens.

Een van die basiese verskille tussen die Bybelse Christendom en die humanistiese geloof is dat: die Bybelse geloof ‘n reaksie op Waarheid is, terwyl die mens-gesentreerde geloof ‘n poging is om God te manipuleer. Die Bybelse geloof mik om God te behaag, terwyl die mens-gesentreerde geloof mik na selfbevrediging.

Die Bybel verklaar dat “Jesus, Here is” oor alle gebiede van die lewe (Kolossense. 1:15-17). “Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon” Psalm 24:1. Christene moet sout en die lig wees (Matthéüs 5:13-16), om die goeie in die samelewing te bewaar en die wêreld met ons getuienis van Christus te verlig. In dieGroot Opdraghet ons Here ons beveel: “...maak dissipels van al die nasies...en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” Matthéüs 28:19

Slegs deur landswye berou, herlewing en hervorming kan ons die morele mure van ons samelewing herbou.

Die Keuse lê by Ons

Dit is óf God se Wet, óf God se Oordeel. Óf herlewing, óf chaos.

“en My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” 2 Kronieke 7:14

Hierdie boek kan verkry word deur: 

Christian Liberty Books, Posbus 358, Howard Place 7450, Kaapstad, Suid-Afrika, Tel.: 021-689-7478, Faks: 086-551-7490; E-Pos: [email protected], Webwerf: www.christianlibertybooks.co.za.
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA