Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Bybelse Beginsels vir Afrika

12/7/2016

0 Comments

 
Picture
​Die volgende artikel is ‘n hoofstuk uit die Bybelse Beginsels vir Afrika boek, geskryf deur dr. Peter Hammond. Hierdie boek kan deur Christian Liberty Books bekom word.
Onderwys Het ‘n Strydtoneel Geword

Enigiemand wat glo dat onderwys neutraal kan wees, maak ‘n groot fout. Idees het gevolge. Aksies vloei uit gedagtepatrone. Ouers kom nie te staan voor die keuse om hul kinders na ‘n godsdienstige of ‘n nie-godsdienstige skool te stuur nie.

Alle skole is godsdienstig. Ouers moet eerder kies watter godsdiens aan hulle kinders geleer sal word. Sal dit die Christelike geloof wees, Islam, humanisme of iets anders?

Sal dit die sekulêre humanisme van die Amerikaanse staatskole wees – waar gebed onwettig is, maar waar pornografie deel mag uitmaak van die seksvoorligting sillabus? Waar evolusie ‘n geloofsartikel is, ‘n heilige koei, en wetenskaplike bewyse van die Skepping verban word? Die feite dat een uit elke tien geweldsmisdade in die VSA nou in skole voorkom, en dat daar elke jaar meer as 700 000 hoërskool leerlinge gradueer wat prakties ongeletterd is, het daartoe gelei dat Amerikaanse ouers sewe miljoen kinders uit die staatskole gehaal het. Dit wil voorkom of sekulêr humanistiese onderwys die mees effektiewe manier is om ongeletterdes te produseer, om morele standaarde te verlaag en om geslagsiektes te laat toeneem.

Sal jou kinders die revolusionêre humanisme van die mislukte sosialistiese eksperimente van Oos-Europa, Kambodja, Nicaragua, Ethiopië en Mosambiek ontvang? Die verwoeste ekonomieë en vermorste potensiaal van hierdie lande, met hulle slagvelde en konsentrasiekamp gulags, dien nie juis as aanbeveling vir “wetenskaplike” of revolusionêre humanisme nie.

Miskien sal dit die “volksonderwys” van die ANC/SAKP kamerade wees? ‘n Onderwys van politisering, goedkoop slagspreuke, clichés, papegaai krete, “vryheidsliedere”, opgehefde vuiste en die “toyi toyi” zombie dans. Die eindelose boikotte, stakings, optogte, oproer, klipgooiery, vandalisme en geweld het as produk voortgebring ‘n verlore geslag van miljoene onopgeleides, mense wat nie geskik is vir werk nie, boewe, diewe, bedelaars, oproeriges, terroriste, en “politieke aktiviste”.

Ontvang jou kinders miskien alreeds die mistiese humanisme van nuwe era okkultisme onder die dekmantel van onderwys?

Die punt is dat onderwys, in wese, godsdienstig is, omdat dit ‘n spesifieke perspektief en seleksie van geskiedenis, waardes en praktyke aanbied, en ‘n bepaalde wêreldbeeld voorskryf.

“Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.” Kolossense 2:8

Ouers kan die taak van hul kinders se opvoeding delegeer, maar nie die verantwoordelikheid daarvan nie .

Kinders behoort nie aan die staat nie. Hulle behoort aan God en word deur Hom aan hul ouers toevertrou “maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here” Efesiërs 6:4. Ouers is voor die Here verantwoordelik om toesig te hou oor die onderwysers, handboeke en sillabusse wat hul kinders se denke sal vorm en vul vir die 15 000 ure van skool onderrig. Alle Christen ouers behoort betrokke te wees in die Skoolbestuursrade van hulle plaaslike skole en behoort ‘n aktiewe rol te speel in die opvoeding van hulle kinders volgens Bybelse beginsels. Die beheer van onderwys behoort in die hande van ouers te wees, en die inhoud van die onderwys moet op die Bybel gebaseer wees.

“Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand.” Psalm 111:10

Hiervolgens het Die KwasiZabantu Verklaring 1991 verklaar: “5.b) Die reg om kinders na skole van die ouers se keuse te stuur (Kolossense 2:8). Omdat die opvoeding van die kinders in wese die plig van die gesin en die Kerk is, en nie die van die Staat nie, behoort ouers baie meer betrokke te raak in die ouer-onderwyser verenigings en die skool bestuursrade, selfs tot die punt waar hulle die kurrikulum beïnvloed. Staatskole behoort oopgestel te word vir die prediking van die Evangelie en behoort hul kurrikulum te baseer op morele en gesinswaardes. As die nuwe dispensasie ‘n skoolstelsel instel wat dit verwerp, behoort Christen ouers aangemoedig te word om na alternatiewe te kyk, wat ‘n terugkeer na Christen provaatskole sal insluit.”

Met onlangse verwikkelinge van die onderwys in Suid-Afrika – met stappe om die lees van die Bybel, gebed en die sing van gesange by byeenkomste te verbied, neem toenemend meer ouers hul kinders uit die staatskole en draai na privaat Christenskole en tuisonderrig.

“En hierdie woord wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.” Deuteronómium 6:6-9

Hierdie boek kan verkry word vanaf:

Christian Liberty Books
Hulpbronne vir Hervorming en Herlewing
Posbus 358 Howard Place 7450 Pinelands, Kaapstad, Suid-Afrika
Tel: 021 689 7478 Faks: 086 551 7490
[email protected]
www.christianlibertybooks.co.za
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA