Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Volkome Gered

28/6/2012

0 Comments

 
Sou dit vir die Jode wat slawe in Egipte was, genoeg gewees het as Moses bloot net vir hulle gesê het hulle moet aanvaar dat hulle in Yahweh volkome vryheid het en hulle dan maar net eenvoudig moes aangaan in gevangeniskap onder die juk van slawerny?
Enigiets minder as die verlossing uit en van daardie verdrukking sou tog onvolkome, onbevredigend en ontoereikend gewees het! God se ewige doel het vereis dat die kinders van Israel die Pasga moes oorleef, uit Egipte moes trek, die Rooi See moes deurgaan en as ‘n vry volk in die beloofde land gevestig moes word.​
SONDE IS ERNSTIG
Ons is heeltemal te genaakbaar t.o.v. sonde, en tog is sonde baie meer besmettend as die vuilste vuil; baie meer plofbaar as die plofbaarste bom en meer lewensbedreigend as ‘n dodelike siekte – meer vergiftigend as ‘n virus! Ons het twee groot probleme: Sondes en Sonde. Ek het vergifnis nodig vir my dade (sondes); ek het redding van die skuldgevoel van my sondes – van dit wat ek gedoen het – nodig. Ek het ook verlossing nodig van my sondige natuur (sonde); ek moet gered word van die krag van sonde – van wat ek is.
 
GISTER, VANDAG en vir EWIG
Die Evangelie verklaar dat ons verlossing het wat verlede, hede en toekoms omsluit. As ons Christene is, dan is ons gered – van die straf vir ons sonde (aksies). Ons is volkome vergewe. Ons word nog steeds gered – van die krag van ons sonde (ons aard). Ons word daagliks bevry. Ons sal gered word – van die teenwoordigheid van sonde (in die hemel).
Ons is vir die Ewigheid gered.
 
VERDEDIGING, HEILIGMAKING EN VERHEERLIKING
Die Seun van God het in my plek gesterf, sodat ek gered kan word. Dit hanteer my skuld. Die regsterm ‘verdediging’, som die verledetydsaspek van ons Redding baie goed op – asof ek nog nooit gesondig het nie! Jesus Christus leef in my plek vir my vryspraak. Hierdie teenwoordige, voortgaande aspek van ons Redding, kan ‘Heiligmaking’ genoem word.
Dit hanteer die krag van sonde. Eendag sal Jesus Christus in volle glorie terugkom en Hy sal die dode weer opwek. In ons nuwe, opgestane liggame sal ons vry wees van die teenwoordigheid van sonde – in die Hemel. Hierdie toekomstige aspek van ons redding staan bekend as ‘verheerliking’.
 
JESUS SE BLOED
Jesus Christus se bloed hanteer dit wat ons reeds gedoen het – dit reinig ons van ons sonde. Die kruis van Jesus Christus hanteer óns, soos ons is – dit tref ons vermoë om te sondig. Jesus se koms sal ons neiging en versoeking om te sondig, hanteer.
Indien ons dus Christene is, kan ons van ons Redding praat in die verlede, in die hede en ook in die toekoms: Ons is gered van die straf vir sonde. Ons word gered van die krag van sonde. En ons sal gered word van die teenwoordigheid van sonde.
 
DIE POORT VAN DIE HEMEL
Deur die kruis het ons die bloed vir sondevergifnis, die dood vir die verwoesting van sonde, oorwinning om satan en sy mag te oorkom, voorsiening vir heiligheid asook ‘n deur tot die Ewige Lewe. Die poort na die Hemel is baie smal en die ingang daartoe is die kruis. Daar is dus ‘n pad terug na God vanuit die donkerte van sonde. Laste word lig en blinde oë sien – deur die wonderwerkende krag van die kruis. Die kosbare bloed van Jesus reinig die gewete, spreek ons vry, verskaf skuldvergifnis en vryheid, maak heilig en gee ons die vryheid om in God se teenwoordigheid te wees en oorwinnend te leef.
 
ONS OPDRAG
Ons word opgeroep tot: Toegewyde dissipelskap – Volg Jesus se voorbeeld – Hy is die Weg! Voortdurende gehoorsaamheid – Gehoorsaam Sy onderrig – Hy is Waarheid! Voortdurende gemeenskap – Leef in Sy liefde – Hy is die Lewe! Indien ons ‘n werklike begrip van die sonde het; dan mag ons nie tevrede wees met enigiets minder as Volkome Redding nie. Nie bloot net die verlossing van die straf vir die sonde nie, maar ook die oorwinning oor die krag van die sonde.
Israel kon nie sy roeping vervul deur in die band van slawerny in Egipte te bly nie. Net so kan ons God nie effektief dien, indien ons nog steeds aan hierdie wêreld gelyk is of nog steeds gebind is deur sy afgode en sondes nie. Ons kan nie maar bloot net probeer om die voordele van Jesus as Redder te aanvaar en dan Sy gesag as Heer oor en in alle sfere van ons lewe verwerp nie.
 
DIE ENIGSTE REDDER
Jesus is òf Heer van alles òf Heer van niks nie! Die enigste Redder is Jesus Christus!
 
Dr. Peter Hammond is die Voorsitter van The Reformation Society. Besoek
www.ReformationSA.org.
Dr. Hammond is beskikbaar vir kerkpraatjiesen kan geskakel word by 021 689 4480.
 
Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA