Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Oorlog en die Christen

1/2/2012

0 Comments

 
​Daar heers vandag groot meningverskil en baie argumente word gevoer oor die kwessie van militêre diensplig: Is pasifisme die antwoord op geweld, of moet 'n Christen aktief betrokke wees by die militêre verdediging van sy land? Kan 'n Christen 'n soldaat wees? Is dit hoegenaamd geoorloof om iemand se lewe te neem? In al hierdie sake van gedrag en geloof is die Woord van God ons bron van gesag, en daarom soek ons die antwoorde op hierdie vrae in die Bybel.
​MAAK GOD DOOD?
Ja, die Skepper van alle lewe (Genesis 1; Johannes 1:1-3; Hebreërs 1:3) hou ons lewensasem in Sy hand (Daniel 5:23). God het in die vloed almal op aarde dood gemaak, behalwe Noag en sy familie en die diere. (Genesis 6:5-7; 13; 7:4; 23). God het alle Egiptiese eersgebore seuns laat sterwe as oordeel oor Egipte en om die Israeliete op die nag van Paasfees te bevry. (Eksodus 12:12,29). God het die Egiptiese leër in die Rooi Seeuitgewis. (Eksodus 14:13-31; 15:1-18). Die Here het die aarde laat oopskeur om die Israeliete wat teen Moses gerebelleer het in te sluk. (Numeri 16:20,21; 23-35). God het Ananias en Saffira laat dood neerslaan vir hulle leuens (Handelinge 5:1-11), Herodes as gevolg van sy hoogmoed (Handelinge 12:23), en God gaan voort om “My vier kwaai gerigte, swaard en hongersnood en wilde diere en pes” (Ezekiel 14:21) te gebruik om sondige mense tot bekering te bring.
HET GOD OOIT MENSE BEVEEL OM DOOD TE MAAK?

Ja. “Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word." (Genesis 9:6).
Hy wat ‘n mens slaan dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word... as iemand moedswillig teen sy naaste handel om hom met lis dood te maak, moet jy hom van my altaar af wegneem, om te sterwe... hy wat ‘n mens steel en hom verkoop... die moet sekerlik gedood word... dan moet jy gee lewe vir lewe” Eksodus 21:12; 14; 16; 23.

“Die towerheks mag jy nie laat lewe nie" Eksodus 22:18.

Valse profete moes ook tereggestel word. (Deuteronomiurn 13:1-5)

“Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in My Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, die profeet moet sterwe.” Deuteronomium 18:20

Die God wat individue in die sesde gebod beveel het “Jy mag nie doodslaan nie” (Eksodus 20:13), het ook die Israelitiese volk as geheel beveel om die Hetiete, Girgasiete, Ammoniete, Kanaaniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete uit te wis. "As... die Here jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.”
Deuteronomium 7:2.

God se bevel aan die individu is: “Jy mag nie doodslaan nie”; God Se bevel aan die volk was: “tref hulle geheel en al met die banvloek”, omdat hulle bose losbandigheid en sonde hulle vyande van God gemaak het. Moord deur ‘n individu (uit selfsugtige motiewe soos wraak of gierigheid, ens.) is altyd verbode, maar om as ‘n nasie dood te maak (uit selfverdediging of ter wille van die reg, ens.) is ‘n bevel.

ONTVANG REGERINGS HULLE GESAG VAN GOD?
Ja, Jesus het beklemtoon dat burgerlike gesag deur God ingestel is toe Hy aan Pilatus gesê het: “U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie.” Johannes 19:11.
Paulus het geskryf: “Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk.” Titus 3:1.

Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, sodat by wat hom teen die mag versit die instelling van God weerstaan en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang... want hy is 'n dienaar van God, 'n wreker om die een wat kwaad doen te straf. Daarom is dit noodsaaklik om jou to onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.” Romeine 13:1-5.

Dit is belangrik om daarop te let dat Paulus hierdie Skrifgedeelte geskryf het gedurende die bewind van ‘n besonder wrede heidense regering (die van Nero), wat selfs die Kerk vervolg het!

Soos Daniël, of Josef, moet Christene waardiglik die Here dien onder enige regeringsvorm waar God hulle geplaas het om te lewe. Josef het die eerste minister van die heidense Egipte geword sonder dat hy enige kompromis gemaak het, en is kragtig gebruik om die Hebreërs van ‘n hongerdood te red. Daniël het vreesloos in die heidense howe van Nebukadnesar, Belsasar en Darius getuig van God se almal en soewereiniteit, terwyl hy tot die hoogste regeringsvlakke geklim het.

"... die Allerhoogste (het) almag oor die koningskap van die mens en gee (dit) aan wie Hy wil...”—Daniël4:17.

“Hy sit konings af en stel konings aan.” — Daniel 2:21.

God het Farao (Romeine 9:17), Kores (Jesaja 44:28; 45:1-4), en Nebukadnesar (Daniel 2:37, 38) laat optree. Selfs Pilatus het sy posisie en mag ontvang deur die soewereine wil en plan van God (Johannes 19:11).

Jesus het dus geleer: “Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.” Markus 12:17. Dit dui op dubbele verantwoordelikheid. As burgers is ons verplig om die landswette te gehoorsaam, belasting te betaal en ons land te verdedig. As lede van die Kerk moet ons God lief hê met ons hele hart, krag en verstand, Sy gebooie gehoorsaam en eers Sy Koninkryk soek.

Slegs as die staat gehoorsaamheid aan God verbied, kan ons saam met die apostel sê: "Ons moot aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense." Handelinge 5:29. As die staat gebed tot God verbied (Daniël 6:6-13), evangelisasie (Handelinge 5:40-42) of ons beveel om afgode te aanbid (Daniel 3:12-18), dan moet ons sê:"Ons ag dit nie nodig om u hierop ‘n antwoord te gee nie” Daniel 3:16. "Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis" Handelinge 4:19.

KAN ‘N CHRISTEN ‘N SOLDAAT WEES?
Ja. Groot gedeeltes van die Bybel is deur soldate en vir soldate geskryf. Josua was ‘n groot man van God en terselfdertyd ook die aanvoerder van die lsraelitiese leër in die geveg met die Amalekiete (Eksodus 17:8-16), en in die verowering van die beloofde land. (Josua).
Koning Dawid was 'n “man na die hart van God” en die skrywer van baie Psalms, maar ook 'n groot soldaat (1 Samuel 17:45-47; 18:5,7;17; 2 Samuel 5:17-25; 8:1-14; 10:12; 12:26-29). Gevolglik was Dawid in staat om te se:

"Geloofd sy die Here, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog to voer — my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp.”Psalm 144:1,2.

Abraham het van militêre optrede gebruik gemaak om Lot van die vier heidense konings te bevry. (Genesis 14:11-16).

Debora en Barak is deur die Here gelei om Sisera en die Kanaänitiese leërs te oorwin. (Rigters 4:1415).

Gideon is deur God beveel om die Midianiete te verslaan en Israel van hulle mag te verlos. (Rigters 6:14).

God het aan Simson die mag gegee em die Filistyne te verslaan en Israel twintig jaar lank veilig te bewaar. (Rigters 14:19,15:14,15,20; 16:28-30).

Die vier owerstes oor honderd (Romeinse offisiere) wat in die Nuwe Testament genoem word, word almal op een of ander manier geprys (7:9; 23:47; Handelinge 10:2; 27:43). Die owerste oor honderd by Kapernaum is geprys vir sy geloof. Cornelius en the ltaliaanse regiment van die Romeinse leër het die groot eer gehad om die eerste nie-Jode te wees, wat deur die Heilige Gees gedoop is, om deel te word van die liggaam van Christus.

Die werk en beroep van Soldaat wees kom dwarsdeur die Bybel voor, maar nêrens word aangedui dat dit op sigself oneerbaar of onchristelik is nie. Toe Johannes die Doper deur die bekeerde soldate gevra word wat hulle moet doen, het hy nie gesê hulle moet die weermag verlaat nie. Sy antwoord was net: “Jul moet niemand geweld aandoen of afpers nie, en wees tevrede met julle betaling.” Lukas 3:14.

Die Christelike lewe word dikwels met baie aanvaarbare en eerbare beroepe vergelyk, soos byvoorbeeld 'n boer, atleet, arbeider, burger, pelgrim of soldaat. (1 Timotheüs 2:3,4; Efesiërs 6:11-17). Baie aspekte van die soldaat se lewe, soos sy self-opoffering, dissipline en lojaliteit word geprys. Jesus het tereg gesê: “Groter liefde het lemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.” Johannes 15:13.

Vir die pasifiste wat op wêreldvrede hoop het Jesus gesê: "Moenie dink dat Ek gekom bet om vrede op aarde to bring nie. Ek bet nie gekom em vrede to bring nie, maar die swaard.” Mattheüs 10:34.

Vir die persoon wat glo dat God se bevele in die Ou Testament oor lyfstraf vir moordenaars en militêre selfverdediging vir volke deur die koms van Jesus ongeldig gemaak is, het Jesus gesê: "Moenie dink dat Ek gekom het em die wet of profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” Mattheüs 5:17.

Vir diegene wat glo dat Jesus ‘n pasifis was, leer die Woord dat: “Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid... Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en die toorn van God, die Almagtige... Die Koning van die konings en die Here van die Here.” Openbaring 19:11,15,16.

Peter Hammond
Frontline Fellowship
P O Box 74 Newlands 7725
Cape Town South Africa
E-mail:  [email protected]
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA