Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Hoe Weet Jy Jesus Leef?

19/9/2012

0 Comments

 
​Christus se Opstanding is uiters belangrik as die grondslag van die Christelike geloof. Dit is juis die rede waarom dit die teiken van die mees meedoënlose aanvalle is.
Wie het die steen geskuif?

Frank Morrison, 'n regspraktisyn, was absoluut toegespits daarop om te bewys dat die Opstanding nooit plaasgevind het nie. Die uiteinde van al sy vermoeiende ondersoeke was dat hy hom tot die Christendom bekeer het en 'n boek, 'Who Moved the Stone?' geskryf het. In die publikasie word daar oorweldigende getuienis oor die Op­standing gegee.
Bewyse wat 'n uitspraak vereis

Josh McDowell is 'n !:" ie skeptiese universiteits dosent wat vasbeslote was om die Christelike geloc te weerlê deur die be­wyse teen die Opstanding te Ondersoek Die resultaat? Bekering tot die Christendom en die grootse boek 'Evidence That De­mands a Verdict' sien die lig.
Hierin is daar volledige en afdoende bewyse wat die historiese waarhede, feitelike korrektheid, argeologiese bewyse, manuskripbewyse, vervulde profesieë, veranderde lewens en ander onweerlegbare bewyse wat die Opstanding van Christus onderskryf, weergee. Thomas Arnold, Pro­fessor in Geskiedenis aan die Universiteit van Oxford en een van die grootste historici van die 19de Eeu, het geskryf: "I know of no one fact in the history of mankind which is proved by better, fuller evidence of every sort, to the understanding of a fair enquirer, than the great sign which God has given us that Christ died and rose from the dead."
Ondersoekdie bewyse

Een van die mees gerekende regspraktisyns ooit en vader van die Harvard Law School, Simon Greenleaf, word as die mees gesaghebbende persoon gereken t.o.v. wat geldige bewyse in enige regsaak is.
Hy het 'n baie deeglike studie van die objektiewe bewyse en getuienis van die vier Evangelieskrywers, Matteus, Markus, Lukas en Johannes gemaak en 'n boek daaroor gepubliseer - 'The Testimony of the Evan­gelists' (Baker, 1874).
Daarin het hy totdiegevolgtrekking gekom: "It was impossible that they could have persisted in affirming the truths they have narrated, had not Jesus actually risen from the dead, and had they not known this fact as certainly as they knew another fact.' Simon Greenleaf het ook verklaar dat eni­ge geregshof, indien die bewyse voorgelê sou word, uitspraak sou lewer ten gunste van die integriteit en akkuraatheid van die Evangelieskrywers oor die Opstanding. Een van die gewildste boeke wat ooit geskryf en een van die suksesvolste films wat ooit geproduseer is, 'Ben Hur', was die gevolg van die skeptiese uitdaging aan Generaal Lew Wallace oor die betroubaarheid van Christus se Opstanding en die noukeurige ondersoek van die bewyse daarvan.
Wat is die ware feite?

Die godsdienstige leiers, die Fariseër: en Sadduseërs, wat 'n veldtog gelei en saamgesweer het om Christus te arresteer en triomfantelik tereggestel het, het groot belange gehad in die weerlegging van eni­ge aanspraak op die Opstanding. Hulle het gedink dat die teregstelling van Jesus die bedreiging van hulle godsdienstige mags- basis sou elimineer en Sy ondersteuners vir ewig sou stilmaak.
Hulle was grootliks bekommerd oor die Liggaam van Jesus en het die Romeinse goewerneur, Pontius Pilatus, vir militêre hulp genaderten einde die graf te beveilig. (Matt 28:62-64). Die Romeinse goewerneur se belange was om die oproerige Palestina- provinsie se vrede en stabiliteit te herstel.
Hy het die politieke probleme wat uit hierdie situasie met die godsdienstige Leermeester, wat hy drie keer onskuldig verklaar het, kon voortvloei, erken. Uiteindelik het hy sy hande voor die skare gewas en ver­klaar: "Ek is onskuldig aan die dood van hier­die man. Dit is op julle rekening." Matt 27:24. Pilatus was maar té bewus van die bespotting wat daar van die gereg gemaak is en die laaste ding wat hy nodig gehad het, was 'n hersiening van sy skandalige gedrag en die ontduiking van verantwoordelikheid en plig in hierdie saak. Deur seker te maak dat die liggaam in die graf bly, was daarom definitief in Pilatus se politieke belang. "Hier is 'n wag vir julle. Gaan beveilig die graf so goed as moontlik." Matt 27:65.
Die Romeinse wag

Omdat die hoëpriesters die Romeinse goewerneur genader het, en omdat die Griekse woord 'Koustodia' gebruik word om 'n afvaardiging van soldate te beskryf, wás dit dus 'n Romeinse wag voor die graf. As slegs 'n tempelwag gebruik is, sou dit nie nodig gewees het om Pilatus daaroor te nader nie. Die kommer van die wagte om na die Opstanding beskerm te word teen gevolge daarvan deur die goewerneur (Matt 28:14), bevestig dat die wagte by die graf inderdaad Romeinse wagte was. Die afvaardiging sou uit ten minste 16 soldate bestaan het - met vier soldate direk voor die ingang na die graf per keer aan diens. Die Romeinse militêre wet het vereis dat enige wag wat sy pos sou verlaat of wat aan die slaap sou raak tydens sy wagbeurt, gekruisig sou word.
Enigiemand wat die Romeinse seël sonder toestemming sou breek, sou agtervolg en tereggestel word. Alhoewel die voorneme van die godsdienstige en poli­tieke leiers was om seker te maak dat hier­die hele 'Jesus-fenomeen' by die graf sou eindig, het hierdie buitengewone veilig heidsmaatreëls net die waarheid, dat hulle 'n onskuldige man vermoor het en dat Jesus Christus waarlik die Messias, die Seun van die Lewende God was, bevestig.
Misleidende teorieë

Ten einde die leë graf te verduidelik, moes die vyande van die Evangelie desperaat na misleidende teorieë gryp. Die eerste een was om voor te gee dat die dissipels die lig­gaam gesteel het.
Dié ongelooflike teorie gee voor dat dieselfde dissipels wat in die tuin geslaap, tydens Sy arrestasie gevlug, voor die jong diensmeisie ontken en bang agter toe deure weggekruip het, gesamentlik 16 professionele Romeinse wagte kon oorval, dit durf waag het om die Romeinse seël van die graf te breek en 'n twee-ton-rots beweeg het net om 'n liggaam te steel! 'n Dooie Messias sou tog mos geen doel vir die dissipels hê nie. Wat kon die moontlike motivering wees indien hulle die wagte kon oorval en die politieke en logistieke hindernisse kon oorkom? Hulle het absoluut niks gehad om te wen nie, maar kon alles verloor. Elkeen van die dissipels het onder ernstige vervolging gely en die meeste het as martelare gesterf. Sou jy vir 'n leuen sterf?
Het Jesus waarlik gesterf?

Ander weer bevraagteken die feit dat Christus werklik aan die Kruis gesterf het. Moontlik het Hy net flou geword?
Hierdie 'flou' teorie wil ons laat glo dat die Romeinse soldate wat professionele moordenaars was (die hoofman oor honderd het heel waarskynlik oor meer as honderde teregstellings toesig gehou), gefaal het in hul pogings om seker te maak dat hierdie hoë-profiel gevangene waarlik dood is.
As die wreedaardige geseling wat Jesus moes deurmaak, die verskriklike kruisiging en die spies in Sy sy, waar water en bloed uitgevloei het, in gedagte gehou word; dan is dit oortuigende en genoegsame bewys dat Hy werklik gesterf het.
En tog, die voorstaanders en verkondigers van hierdie 'flou' teorie wil ons laat glo dat die Een wat soveel kon verduur, nie net die Romeinse militêre doeltreffendheid oorwin het nie, maar ook opwekking van 'n koueklipblad in'n koue graf ervaar het. Ver- der het Hy ook nog van die grafklere, een honderd pond speserye, salwe en toedraai- doeke wat Horn effektief sou mummifiseer en die twee-ton-rotsblok ontslae geraak asook die Romeinse soldate ontwyk. Én Hy sou nog steeds die dissipels met Sy God- heid beïndruk? Hierdie dinge kan bloot net genoem word en die belaglikheid daarvan word onmiddellikduidelik.
Die leë graf

'n Ander desperate poging om die Opstanding weg te redeneer, is om te sê dat hulle - Maria Magdalena, Petrus, Johannes, die ander vroue, almal na die verkeerde graf gegaan het. En op 'n manier het nie die Fariseërs, die Sadduseërs, die Romeinse soldate of Josef van Arimathea, wie se graf dit was, daaraan gedink om daarop te wys dat die regte graf nog steeds die liggaam bevat het nie! Hierdie teorie is egter net so vergesog, want die graf was nié in 'n begraafplaas nie, maar in 'n tuin wat in die privaatbesit van Josef van Arimathea was. Daar was geen ander graf in dié tuin nie!
Die afwesigheid van die liggaam

Al wat die Romeinse en Joodse leiers van die dag moes doen om die Christendom te beëindig, was om 'n liggaam as bewys na vore te bring. En hulle kon nie! Selfs toe die Apostel Petrus die dag met die uitstorting van die Heilige Gees opgestaan en verklaar het: "Die hele Israel moet dus verseker weet: God het hierdie Jesus wat júlle gekruisig het, Here en Christus gemaak!" Hand 2:36. "Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus..." Hand 4:33. Duisende in Jerusalem, insluitend baie Fariseërs, het daar tot geloof gekom.
Die geloofwaardigheidskrisis

Dit was vir die Joodse godsdienstige leiers die grootste nagmerrie - 'n ramp! Die verklaring van die Opstanding van Christus het dus hul mag en geloofwaardigeheid ondermyn. Duisende van hulle volgelinge het geglo dat hulle 'n onskuldige man – die Messias - ter dood veroordeel het. Dié nuwe godsdiens het hul magsbasis ondermyn. In­dien die liggaam van Jesus gevind sou kon word, sou die^hristendom daar en dan tot 'n einde gekom het en die bedreiging wat dit vir die godsdienstige leiers ingehou het, sou beëindig wees. Omdat hulle die lig­gaam so dringend nodig gehad het om hul eie saak te bevorder, sou hulle alles in die stryd gewerp het om die liggaam te vind - indien dit hoegenaamd moontlik was.
Die ooggetuies

Ons het egter nie net met die leë graf en die afwesigheid van die liggaam te doen nie, maar ook met die verslag van die ooggetuies. Op ten minste twaalf verskillende geleenthede is Jesus gesien nadat hy uit die dood opgestaan het.
Maria Magdalena (Joh 20:11-18; Mar 16:9), die ander vroue (Matt 28:8-10), Petrus (Luk 24:34); die twee Emmaus-gangers (Luk 24:13-35), tien dissipels (Luk 24:36-43; Joh 20:19-24); al elf dissipels agt dae na die opstanding (Joh 20:24-29); sewe dissipels by die See van Tiberias (Joh 21:1-23), tot 500 mense óp'n keer (1 Kor 15:6), Jakobus (1 Kor 15:7), aan al elf dissipels, en ander, tydens Hemelvaart (Hand 1:3-12), Paulus (Hand 9:3- 8) en Johannes (Openb 1:12-18) het almal die Here Jesus gesien nadat Hy opgestaan het. Om die getuienis 'weg te verduidelik', probeer die vyande van die Christendom voorgee dat dit bloot hallusinasies, of dalk die gevolg van hipnose of histerie, was. Hal­lusinasies blyk unieke psigologiese ervarings van enkele individue te wees, terwyl ons hier met groot getalle mense, wat op verskillende tye, in verskillende groepe en plekke, binnenssowel as buitenshuis, op pad en by'n meer,die Here Jesusgesien het. Hulle het saam met Horn geëet, Sy wonde gesien en ook die wond in Sy sy gesien. Ver van liggelowig, was Sy dissipels skepties en stadig om te glo dat dit werklik Hy was. Thomas het selfs verklaar dat Hy nét sal glo indien hy persoonlik sy vingers in Jesus se wonde aan Sy hande, voete en sy kon druk.
Veranderde dissipels

Ons het nie net die verslae van ooggetuies nie, maar ook die dramatiese verandering van die dissipels self as bewys. Die Opstan- dig van Jesus het hulle rou in vreugde ver­ander. Hul lafhartigheid in vrymoedigheid en hul skeptisisme in geloof. Hulle was ook vasbeslote en gedetermineerd. Saulus, die vervolger van die kerk, het in Paulus, die apostel van die kerk, verander. Dit het ook die gemeenskap en die geskiedenis verander. Dit het die Joodse Sabbat in die Christelike Dag van die Here verander. Die Opstanding het die Joodse oorblyfsel in die wêreldwye Christelike Kerk verander. Meer as 2 biljoen mense wêreldwyd beskou hul- self as Christene wat in die Opstanding van Jesus Christusglo. Jesus het Self geprofeteer dat Hy uit die dood gaan opstaan. En omdat die profesie vervul is, kan ons absoluut se­ker wees dat Jesus Christus God met ons is, soos wat Hy gesê het. Ons kan dus weet dat ons sonde deur Sy bloed wat aan die Kruis op Golgota gevloei het, vergeef is.
Opstanding bring die Ewige Lewe

Juis op grond van Sy dood aan die Kruis kan ons ons verheug - ons sonde is vergewe, geregverdig deur geloof. Op grond van Sy Opstanding uit die dood kan ons uitsien na die ewige lewe. Sy Hemelvaart verseker ons van diefeitdatHyoorál die gesag beskiken dat Hy Sy groot Opdrag op aarde uitgevoer het. Die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag maak dit vir ons moontlik om nie meer op ons eie vermoëns staat te maak nie, maar in Sy krag alleen. Ons dien 'n Opgestane Heer en Redder! Die dood is oorwin. Christus het opgestaan - oorwin- nend oor die dood, hel, satan en die graf. Hy is die Opstanding en die Lewe! (Joh 11:25).
 
Dr. Peter Hammond, sendeling, outeur en konferensiespreker. E-pos [email protected] of skakel hom by 0216894480
Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA