Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

God se Vuur

12/12/2012

0 Comments

 
​“Ek doop julle wel met water as teken van julle bekering. Maar ná my kom daar Iemand wat baie belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers goed genoeg is om soos ‘n slaaf sy sandale vir Hom aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” Matt 3:11-12

Daar is so baie Skrifverwysings na God as Vuur. Johannes die Doper het oor ons Groot Verlosser voorspel: “Ek doop julle wel met water as teken van julle bekering. Maar ná my kom daar Iemand wat baie belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers goed genoeg is om soos ‘n slaaf sy sandale vir Hom aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” Matt 3:11-12.
VERBOND MET ABRAHAM
Toe God Sy verbond met Abraham gesluit het, het Hy homself as ‘n brandende fakkel openbaar. Aan Moses het hy Homself in die brandende bos openbaar. Die kinders van Israel is bedags deur God se wolkkolom en Sy vuurkolom snags deur die wildernis begelei.
Toe Koning Dawid en Koning Salomo ‘n altaar vir die Here gebou, offerhande geoffer en Hom aangeroep het, het God hulle uit die Hemel geantwoord deur vuur vir die verbranding van die offerhande te stuur. (1 Kron 21:26). “Toe Salomo klaar gebid het, het daar vuur uit die Hemel gekom en die brandoffers en ander offers verbrand. Die h eerlikheid van die Here het die tempel gevul.” 2 Kron 7:1.
Die Profeet Elia het die valse profete van Baäl tot ‘n kompetisie op Berg Karmel uitgedaag. Hulle sou elk ‘n altaar bou met hout en die offerhande bo-op. “Die een wat met vuur antwoord, Hý is die ware God!” 1 Kon 18:24.

GOD SE HEILIGHEID
Het jy ‘n idee van God se Heiligheid? Het jy ‘n idee van die mens se verdorwenheid? Bely jy jou sonde? Het jy al die vuur van God ervaar wat jou van sonde reining? Toe die Here Jesus Sy volgelinge beveel het om Sy getuies ‘tot aan die einde van die aarde’ te wees, het Hy ook belowe: “Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel...” Hand 1:8.

KERK SE GEBOORTE
Die Kerk is uit die Vuur van Pinkster gebore: “Skielik was daar in die lug bokant hulle ‘n geluid soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle bymekaar was. Tonge wat gelyk het soos individuele vuur vlamme het toe tussen hulle verskyn en op elkeen van hulle gaan sit. Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat.” Hand 2:2-4.
Toe die Sanhedrin die dissipels baie erg gedreig het en beveel het “om glad nie verder iets in die Naam van Jesus te praat nie,” het Petrus en Johannes geantwoord: ‘Dink julle God wil hê dat ons eerder aan julle gehoorsaam moet wees as aan Hom? Ons kan nie anders as om te praat oor die wonderlike dinge wat ons gesien en gehoor het nie.’” Hand 4:18-19.

WAAGMOED KENMERKEND
Die dissipels het in gebed verenig: “En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons. Gee dat ons, U diensknegte, U Woord met waagmoed sal verkondig... Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.”Hand 4:29-31. Saulus, die vervolger van die Kerk van Jesus Christus, het ‘n ontmoeting met die lewende God gehad toe ‘n verblindende wit lig uit die Hemel om hom geskyn het.
Hy het op die grond neergeval en ‘n stem aan hom hoor sê: “Dis vir My wat jy vervolg!” Hand 9:5. Later het die einste Saulus, nadat hy vervul is met die Gees en Paulus geword het, gewaarsku: “Moenie die Gees uitblus nie.” 1 Tes 5:19. Terwyl hy as banneling op die eiland Patmos was, het die Apostel Johannes in visie gehad van Jesus wat in die middel van sewe kandelare staan: “...en sy oë (was) soos ‘n vuurvlam. Sy voete was soos gepoleerde koper wat in ‘n smeltoond gloei en sy stem soos die geluid van baie waterstrome. In sy regterhand het Hy sewe sterre vasgehou en uit sy mond het ‘n skerp swaard met twee snykante gekom. Sy gesig het helder geskyn soos die son in sy felheid. Toe ek Hom sien, het ek voor Sy voete neergeval soos ‘n lyk.” Openb 1: 14-17.

EENHEID GESKEP
Is jy al met vuur gedoop? Het jy al God se Heiligheid ‘gesien’ en ‘ervaar’? Weet jy wat dit is om deur die Here Self gelei te word? Het jy al Sy salwing ervaar? Is jy al gesuiwer deur God se vuur? Oswald Chambers sê in ‘My Utmost for His Highest’: “The Holy Spirit must anoint for the work... nothing but the fire of the most Holy Spirit of God can make my offering Holy and unblameable and acceptable.”

BEGEERTE NA SY GEES
Andrew Murray het die volgende geleer: “Die een ding wat vir die Kerk baie nodig is, meer as enigiets anders, is dat mense verenig in hul strewe moet wees om met die Heilige Gees van God vervul te word.”
Charles Spurgeon het geskryf: “Oh God, send us the Holy Spirit! Give us both the breath of spiritual life and the fire of the unconquerable zeal. You are God. Answer by fire, we pray to You! Answer us both by wind and fire, and then they will see You to be God indeed. The Kingdom comes not, and the work is flagging. Oh, that You would send the wind and the fire! And You will do this when we are all of one accord, all believing, all expecting, all prepared by prayer.”

SUIWER DIE HART
Calvyn het op ‘n keer die Kerk as ‘die groep met die brandende harte’ beskryf. Sy persoonlike embleem was dan ook ‘n brandende hart wat in die Hand van God rus. Is jy aan die brand vir Christus? Ons het werklik dogma-staal in ons ruggrate en die vuur van die Heilige Gees in ons ingewande nodig om as Sy getuies staande te kan bly.
“Is My woorde nie soos ‘n vuur wat brand nie? Is dit nie soos ‘n hamer wat ‘n stuk rots aan stukke laat spat nie? vra die Here.” Jer 23:29.

SÝ VUURGLOED
Esegiël het God se vuur gesien. Daniël het God se oë as vuur beskryf. Hosea het God se komende vuurgloed beskryf. Joël het oor God se vurige teenwoordigheid geskryf en Obadja het God se vuurgloed tussen Sy mense gesien. Miga het berge gesien wat soos was gesmelt het voor God se vuur. Nahum het God se vurige Oordeelsdag sien kom en Sefanja het die vuur van God se Heilige jaloesie aanskou.
Vir Sagaria was God se vurige teenwoordigheid soos ‘n gloeiende muur wat Sy Glorie openbaar het. Maleagi het van God se louterende vuur wat Sy mense suiwer en versterk, gepraat. Nadat die dissipels Jesus op die pad na Emmaüs ontmoet het, het hulle verklaar: “Was ons harte nie vuur en vlam in ons toe Hy met ons op pad gepraat en die Skrif vir ons geïnterpreteer het nie?” Luk 24:32.

VERSKAF KRAG
Het jy al die Woord van God gehoor? Het jou hart al brandend in jou binneste geword? Die Here God het vereis “die vuur op die altaar [in die Tabernakel] moet te alle tye bly brand. Dit mag nooit uitbrand nie.”
Lev 6:13. Hierdie voortdurende vlam was om God se deurdringende, reinigende en kragtige Teenwoordigheid tussen Sy mense te simboliseer.
Jesus het Sy volgelinge geleer: “Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ‘n Mens steek ook nie ‘n lamp op en maak dit dan onder die emmer toe nie. Allesbehalwe! Jy sit dit bo-op die lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ‘n helder lig sal uitstraal. Dan sal die mense dit sien, en julle hemelse Vader daarvoor prys!” Matt 5:14-16.


‘N VERTERENDE VUUR
Op Pinksterdag het God se vuur, die wind van die Heilige Gees en die lewende water van Jesus Christus in groot krag beweeg en die Kerk is gebore. Weet jy wat dit is om die vuur van God se Woord brandend in jou te hê? En weet jy wat dit is om die wind van Sy Heilige Gees as gids en leiding te hê? “Ons God is ‘n verterende vuur.”

Dr. Peter Hammond is die Voorsitter van The Reformation Society.
​Besoek www.ReformationSA.org.
Dr. Hammond is beskikbaar vir kerkpraatjiesen kan
geskakel word by             021 689 4480     

Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA