• Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate
Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate

Geblikte Leeujag

21/5/2012

0 Comments

 
​Chris Mercer is ‘n afgetrede advokaat van die Hooggeregshof van Zimbabwe met 20 jaar regservaring. Hy is ook die stigter van Kalahari-roofvoël en roofdiersentrum, ‘n wildreservaat van 600 hektaar naby Kuruman wat sedert 1998 ‘pragtige, intelligente en lieftallige diere’ soos impalas, elande, arende, uile, aasvoëls, bakoorjakkalsies, jakkalse en ystervarke red en rehabiliteer.
Saam met die red en versorging van wees- en beseerde diere, is Chris en Bev betrokke by omgewingsopvoeding. Honderde skoolkinders besoek dié sentrum jaarliks.
SKOKKENDE FILMKNIPSELS
Terwyl ek en my gesin op pad was om Chris en Bev in Wildernis te ontmoet, het ek oor Chris se agtergrond opgelees. Chris is ‘n afgetrede verhooradvokaat, die outeur van ‘For the Love of Wildlife’ en ‘Canned Lion Hunting – A National Disgrace’ en ook die leier van die veldtog teen ‘geblikte jag’ ( www.cannedlion.org ).
Ons is hartlik deur Chris, Bev en al hul pelsvriende ontvang. Dit was ‘n vreugde om hul foto’s en filmknipsels van wonderlike wild wat gered, gerehabiliteer en weer in die natuur vrygelaat is, te sien.

Alhoewel die natuurlewe en die welsyn daarvan hul passie is, wou Chris ons inlig oor die ‘geblikte-leeujag-skandaal’ in Suid-Afrika. Hy het ons skokkende filmknipsels gewys waar die mooiste leeumannetjies op die grond lê, geskiet deur een of ander ‘trofeejagter’ – met die kampdraad nog duidelik agter hulle sigbaar.

ONS WILDLEWE GEPLUNDER
“Ons het natuurlik nie een van die foto’s self geneem nie,” het hy verduidelik. “Hierdie is alles videoknipsels wat deur die jagters self verfilm is. Sommige hiervan het ons van hul advertensiewebwerwe, waarop hierdie wreedheid wyd adverteer word, afgelaai.”

Chris verduidelik: “Geblikte jag is die jag van ‘n dier waar die teiken onregverdiglik verhoed word om enigsins van die jagter te ontvlug deur óf fisieke beperkings (heinings) óf geestesbeperkings (gewoond aan mense).” Maar iemand sal tog sekerlik nie ‘n leeu in gevangenskap of ‘n mak leeu skiet nie? Watter uitdaging of eer lê daarin opgesluit?

Dit kan tog sekerlik ook nie wettig wees nie? Chris het aan my sy boek ‘Canned Lion Hunting’ oorhandig asook sy voorlegging aan die regering. “Die nuwe jagregulasies is niks anders as ‘n uitgebreide skakeloefening nie. Daar was net nooit enige intensie om hierdie wreedheid te stuit nie; wat ons dus het, is ‘n formule van vroom, ontoepasbare versugtinge – ontwerp om openbare kritiek te onderdruk.

Die resultaat? Pyn en dood vir die dier en die absolute plundering van ons wildlewe. Hierdie is ‘n groot morele krisis wat naarstiglik geïgnoreer word.” Die nuwe jagregulasies lyk uiters indrukwekkend op papier, maar kyk net wie moet sorg dat dit toegepas word – dieselfde bewaringsbeamptes wat in die eerste plek die probleem veroorsaak het! Einstein het mos gesê: “Probleme kan nie op die vlak waar dit ontstaan het, opgelos word nie.” Net die uitskop van die natuurbewaringsdienste en die jagskobbejakke wat in natuurbewaringsuniforms rondloop, sal hierdie wreedheid kan stop. Om nou van dié skobbejakke te verwag om die nuwe wette toe te pas, is net so belaglik as om Al Capone se trawante te vra om sy aktiwiteite te monitor. Om hierdie ‘jagters’ enigsins aan te stel, is dieselfde as om verkragters die opdrag te gee om ‘n meisiekoshuis op te pas!

LOSSE STANDAARDE HEERS
Dit is bloot net bedryfselfregulering in ‘n nuwe vermomming. So eerder as om die wreedheid stop te sit, vererger hierdie nuwe regulasies bloot die doodmaak van wilde diere in gevangenskap – en dit vir winste in swart bemagtigingsgroepe se sakke. Chris het my ook meer fotobewyse en dokumentasie gewys. “Suid-Afrika se Natuurbewaringsbeamptes is almal be-trokke. Kyk maar net na die fragmentering van ons bewaringstrukture, die gebrekkige demokratiese proses, die skuiwergate en die los standaarde, die baantjies vir boeties, die onbevoegdheid, etiese ongeletterdheid en die wreedheidskultuur.”
BUROKRAATE ONS TEENSTANDERS

Chris wys daarop dat Kenia al 30 jaar gelede trofeejag verbied het. Toe jagters onlangs probeer het om politici om te koop en versoek het dat die verbod opgehef word, is hy en ander wildbewaringskundiges genooi om voorleggings te maak. “Al die Keniaanse regeringsamptenare en bekommerde inwoners was daar. En hulle het geluister. Kenia het ‘n demokratiese proses. Wat ons hier in Suid-Afrika het, is ‘n totale bedrogspul.

Daar word geweier om die publiek se bekommernisse aan te spreek. Daar word baie duur burokratiese laste op wettige natuurbewaringsentrums en reservate gelê, maar hierdie ‘blikjagters’ word nie aan bande gelê nie. Ons oorblywende wildlewe-erfenis word uitgelewer aan die persone wat dit beskadig het. Die natuurbewaringsdiens is erg korrup en ook bekend vir korrupsie. Hierdie nuwe wette sal absoluut niks doen om geïnstitusionaliseerde wreedheid teenoor wild te staak nie. Hulle voer bloot bloedvergieting en ellende teenoor ons diere in en maak ons bewaringsdienste korrup.”

Chris wys daarop dat sy veldtog teen ‘geblikte jag’ enorme teenstand ondervind, “somtyds vanuit die verrassendste oorde, en dit sluit gesaghebbendes en gewaringsgesindes in.”

KERK BLY STIL HIEROOR
Kelcey Grimm en Gregory Mitchell van Enkosini Wildlife Sanctuary (‘n geregistreerde Suid-Afrikaanse Trust en dierebeskermingsprojek van die Leeu Stigting) het 8 leeus van die ‘blikindustrie’ gered en moes toe ‘n baie lang hofgeveg aangaan om hierdie leeus se reg op lewe in die gerief en beskerming in ‘n groot omheinde stuk wildernis te verseker. Die Mpumalanga Parkeraad het geweier om aan die Trust permitte toe te staan om die leeus te hou en Enkosini moes, na ‘n uitgerekte regsgeding, in die Hooggeregshof appél aanteken.

‘Geblikte leeujag’ het baie geskille in Suid-Afrika veroorsaak. Die verwydering van wilde diere uit hul natuurlike habitat vir teling in gevangenskap (net om massaproduksieteikens vir welgestelde buitelanders wat hierdie manjifieke diere wil skiet, te word) het verreikende morele implikasies. Chris Mercer het my gevra: “Waarom bly die Kerk stil oor hierdie saak?”

ELKE CHRISTEN SE PLIG
Chris wys verder op ‘n toegewyde Afrikaanse Christen-boeregesin, die Van der Merwes, oor wie hy skryf in ‘For the Love of Wildlife’, wat al baie gedoen het om wilde diere te red en te rehabiliteer. Hy vra: “Wat maak van die Van der Merwes die uitsondering eerder as die reël? Ons sal graag wil weet waar die Kerk en die gemeentes staan ten opsigte van ons heerskappy oor die diereryk. Ons sal graag wil hê die Kerk moet ons ondersteun in ons pogings om teling in gevangenskap en blikjag te verban.”

Chris sal graag wil hê dat Christene aan hulle sinodeverteenwoordigers skryf en vra om na die aanbieding oor die ‘geblikte leeuskandaal’ te kyk. “Ons hoop alle Kerke sal hul sterk uitspreek teen die wreedheid teenoor diere.”

VERDERE ONDERSTEUNING
Ander wildbewaringsgesindes ondersteun Chris Mercer se standpunt openlik.
Beryl Scott, Nasionale Voorsitter van Beauty Without Cruelty (‘n internasionale welsynsorganisasie wat al langer as 29 jaar aktief in Suid-Afrika is) het geskryf: “Ons is veral geskok deur die feit dat die diere in afgekampte areas gehou word sodat hulle geskiet kan word. Dit is nie net moreel onregverdigbaar nie, maar ook hoogs oneties.”

Gareth Patterson, baie bekende Afrikanatuurkundige en outeur van ‘Last of the Free’ en ‘With My Soul Amongst Lions’ het geskryf: “Trofeejag van beskermde wild is nie net eties en moreel verkeerd nie, dit veroorsaak ook groot ekologiese implikasies… en erosie van die algehele genetiese diversiteit van die bepaaldespesie. ”

Louise Joubert, stigterstrustee van Suid-Afrika se SanWild Natuurlewe Trust het gesê: “Ongelukkig het die konsep van sogenaamde volhoubare benutting in Suid-Afrika ontaard in blatante uitbuiting van wilde diere, onder andere bedreigde en raar spesies.

Ons vertrou dat die toenemende onetiese en onwettige jagpraktyke in Suid-Afrika die internasionale bewaringsgemeenskap sal motiveer om druk op Suid-Afrika te plaas om ons bewaringsverantwoordelikheid dringend te ondersoek en ernstig op te neem.”

Paul Hart van die Drakenstein Leeupark skryf: “Wat verontrustend is oor die hele voorgestelde wetgewing, is dat dit in werking gaan tree met skynbaar geen ag op kwessies wat geopper is tydens die proses van openbare deelname of die wette wat die proses regeer nie.

Die hele konsep van die jag van roofdiere in gevangenskap as ‘lewensvatbare gebruik’, is bedrog.” Mnr. Hart wys verder daarop dat baie ander internasionale welsynsorganisasies ‘n toerismeboikot na Suid-Afrika sal ondersteun indien die hele ‚geblikte jag-saga’ voortgaan. So ‘n aksie sal ‘n negatiewe invloed op alle Suid –Afrikaners hê.
 “Hoe lank moet hierdie land nog treur? Selfs die grasvelde het verdroog. Die diere en die voëls het ook verdwyn weens die sonde van die inwoners van die land.” Jer 12:4.

In die lig van die duidelike onderwysing uit die Woord oor die Skepping en die mens se verantwoordelikheid in dié verband, moet ons diere met liefde en begrip hanteer as mense wat aan God verantwoording moet doen in hierdie verband. Ons moet besef dat die welsyn en beskerming van diere ‘n belangrike deel van die Christen se verantwoordelikheid is. Ons moet alles moontlik doen om hierdie diere se welsyn te verseker, diere wat, soos onsself, die aarde geërf het en sodoende die skeppingsvreugde en doel van ons Almagtige God vervul.

WAT KAN ONS DOEN?
Indien u Kerk of organisasie belangstel om meer uit te vind oor ‘geblikte jag’ in Suid-Afrika, kan u vir Chris Mercer kontak. Hy is beskikbaar vir aanbiedings met bygaande ondersteunende skyfies en videos. Na die aanbieding sal die onderwerp oop wees vir bespreking. Sy boek sal ook beskikbaar wees (R150 elk).

Vir verdere inligting, skakel Chris Mercer by: Veldtog teen Geblikte Jag, Posbus 356, Wildernis, 6560, Suid-Afrika. e-pos: info@cannedlion.co.za of besoek www.cannedlion.org
 
DR. PETER HAMMOND is `n sendeling. Vir inligting,
skakel 021 689 4480
​
‘n Christen-perspektief op jag
“Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit in die veld en jag vir my ‘n stuk wild,” was Isak se opdrag aan Esau op sy sterfbed in Gen 27:3. Hy het van wildsveis gehou.
Al was dit in die tyd van Genesis aanvaarbaar, is daar nog plek vir jag in die hedendaagse beskawing? In die beroep waarin ek myself bevind, is die beskerming van wild en wildreservaatbestuur ‘n daaglikse gebeurtenis. Wild raak al hoe skaarser en as gevolg daarvan bereik die verkoop van wild elke jaar nuwe rekordpryse. In die afgelope paar jaar het diere, soos Witrenosters, van ‘beskermde lyste’ na die ‘bedreigde lyste’ geskuif. Grootliks a.g.v wilddiewe wat gewoonlik diere wreed opkap of net vir horings of tande doodmaak. (Sien Rom 3:15,16)
 “God het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis,en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.” - Gen 1:26. Dit is ons taak om hulle te beskerm. (Kyk Ps 8). Nie om hulle skade te laat ly tot ons voordeel nie! Ek is verseker ‘n diereliefhebber en het persoonlik, soos Isak, ‘n liefde vir wildsvlies. Deut. 14:4-6 lees: “Dit is die diere wat julle mag eet: ‘n bees, ‘n skaap en ‘n bok; ‘n takbok en ‘n gemsbok en ‘n gestippelde takbok en ‘n steenbok en ‘n ribbok en ‘n eland en ‘n klipspringer...” En waar moet die vleis vandaan kom?
Jag van Afrika se wild bring talle toeriste na Suid-Afrika en bevorder toerisme hier. Buitelanders betaal goed vir veral die groot vyf. Gewoolik is die jag goed georganiseer en die boer wat die diere geteel het, kry sy vergoeding.
As die buitelander nie sy prooi kry nie; is hy terleurgesteld; die boer kry nie vergoeding nie; die woord versprei en die boer verloor moontlike besigheid. Dit is hier waar wreedheid a.g.v. geldgierigheid kop uitsteek – en ‘blikjag’ vind plaas. Die ‘jagter’ kan verseker wees van ‘sy dier’ en die boer van sy inkomste. Maar daar is ‘n groot verskil tussen ‘wilddier-jag’ en net ‘doodskiet’. Spreuke 12:10 lees: “die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.” En die natuur van wilde diere is om wild en vry rond te loop.
Hoe moet ons dus voel oor wildjagters? Ons moet elke situasie individueel beoordeel. Daar is nie plek vir blote doodskiet van diere net om as trofee te dien nie! Laat Luk 6:37 ons lei om elke situasie te evalueer volgens die Woord.
Andr É Burger , Bemarkingsbestuurder
 
Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
.”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O.Box 74 Newlands 7725
Cape Town South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: admin@frontline.org.za
  • Home
  • The Mission
    • About us
    • Prayer & Praise Updates
    • Priority Projects
    • Boxes with Love
    • Prayer Articles
    • Prayer Maps
    • Projects
    • Literature4Africa
    • Missionary Reports
    • Hammond Family News
    • In Memorium
  • Video & Audio Gallery
    • Audio Gallery
    • Video Gallery
  • Newsletters
  • Resources
    • Digital Resources
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
    • Film Reviews
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Links
    • Resource Posters
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact Us
  • Donate