Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Die Uitdaging van Islam volgens die Hervormers

23/3/2012

0 Comments

 
In die verklaring van Daniel 9 het Martin Luther opgemerk dat die profeet Daniel, o.a. van die Moslem Turke gepraat het wat toe Europa binnegeval het. In die laaste gedeelte van hulle heerskappy, wanneer rebelle heeltemaal boos geword het, sal ‘n koning met ‘n streng aangesig, ‘n meester van bedrog, opstaan. Hy sal baie sterk word, maar nie deur eie krag nie. Hy sal verstommende vernietiging veroorsaak. Hy sal bedrog laat floreer en sal himself as beter as ander beskou. Wanneer hulle sterk genoeg voel, sal hy baie vernietig en stelling inneem teen die prins van prinse. Desnieteenstaande sal hy vernietig word, maar nie deur mensekrag nie. (Daniël 9:23 tot 25).
​Luther het geskryf dat twee regimes antichristelik is; dié van die Pous en dié van die Turk.

 

Johannes Calvyn het in ‘n preek oor Deuteronomium 18:15 volgehou dat Mohammed een van die twee horings van die antichris is.
In sy kommentaar oor Dan. 11:37 skryf Calvyn dat Mohammed aan mans die brutale vryheid gegee het om hulle vrouens te slaan en daardeur die huwelikstrou wat die man aan die vrou bind, vergiftig het. Mohammed het ook vrye teuels gegee aan verskeie slegte begeertes – deur ‘n man toe te laat om verskeie vroue te hê. Mohammed het ‘n nuwe soort godsdiens ontwerp (Kommentaar oor die boek van die profeet Daniël – Johannes Calvyn.)
 
Luther het opgemerk dat Christus gewaarsku het teen valse profete wat uit die woestyn kom (Mat. 24:24 – 26) en dit het beslis Mohammed ingesluit.
 
In kommentaar oor I Joh. 2:18 – 23 noem Calvyn dat die Turke “ ‘n blote afgod in die plek van God het”.
 
Luther het opgemerk n.a.v. I Joh. 2:18 – 22 en 4:1 – 3: “Wie is die leuenaar? Dit is hy wat ontken dat Jesus die Christus is. Dit is die antichris wat die Vader en die Seun loën.” I Joh. 2:22. Dat die Mohammedane sowel die Vaderskap van God as die Goddelikheid van Christus loën, maak van hulle leuenaars. Hulle getuig teen die waarheid van God se Woord.
 
Oor I Joh. 4: 3 – 6; “ en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die antichris …Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.” Calvyn het gemerk dat Mohammed volhou dat hy sy drome net van die hemel ontvang het Valse geeste eien vir hulle die naam van God toe.”
 
Luther het die opmerking gemaak dat die Moslem Turke “die Christene wil uitroei”.
 
Die 1637 Calvinistiese Dordtse Bybel in Nederlands lewer kommentaar op Openbaring 16:12, dat die Moslem-nasies van die ooste nog sou verenig in ‘n pan-islamitiese jihad teen die Weste.
Die “groter Kategisme” van die 1643 Westminster Vergadering doen ‘n beroep op Christene om te bid dat die koninkryk van sonde en Satan vernietig mag word, dat die evangelie deur die hele wêreld verkondig mag word. Die Gids vir die openbare aanbidding van God gee gemeentes die opdrag om te bid vir die verspreiding van die evangelie en die Koninkryk van Christus aan alle nasies, die bekering van die Jode, die volheid van die heidene, die val van die antichris en die verlossing van die verdrukte kerke oorsee van die tirannie van die antichristelike faksie, en van die wrede onderdrukking en godslastering van die Turke.
 
Volgens die Nederlandste Dordtse Bybel van 1637 se kommentaar op Openb. 9:1 – 11 word beweer dat Mohammed Apollion is (die Grieks vir die Hebreeuse word Abaddon, wat verwoester beteken) en die leermag van sprinkane en skerpioene is die Arabiese en Saraseense leërmagte wat Jihand voer in Mohammed se naam.
 
In sy Institutes (boek 2, hfst, 6:4) skryf Calvyn; “So vandag, alhoewel die Turke luidkeels uitroep dat die skepper van die hemel en aarde God is, plaas hulle steeds ‘n afgod in die plek van die ware God deur Christus te repudieer.
 
Jonathan Edwards, die eerste President van Princeton Universiteit het in sy History of the Work of Redemption genoem dat die twee groot werke van die duiwel wat hy teen die koninkryk van Christus opgerig het, sy antichristelike (Roomse of pouslike) en Mohammedaanse (Moslem or Islamitiese) koninkryke is wat sover en steeds twee koninkryke van groot omvang en sterkte is. Albei saam sluk die antieke Romeinse Ryk in; die (pouslike) koninkryk van Antichris sluk die Westerse Ryk in en Satan se Mohammedaanse koninkryk die Oostelike Ryk. In die boek van Openbaring (hoofstukke 16 – 20) is dit in die vernietiging van hierdie (ryke) dat die heerlike oorwinning van Christus by die bekendstelling van die glorieryke tye van die Kerk hoofsaaklik sal bestaan.
 
In ‘n preek oor II Tim 1:3 verduidelik Calvyn: “ Die Turke kan vandag wel beweer en vir hulleself sê: ‘Ons dien God van ons voorvaders af!” … Dit is ‘n goeie tyd sedert Mohammed vir hulle die beker van sy duiwelse drome gegee het om te drink, en hulle het daarvan dronk geword. Dit is omtrent duisend jaar sedert daardie vervloekte helhonde dronk geword het van hulle dwaashede …Kom ons wees wys en fatsoenlik! …Want anders sal ons wees soos die Turke en Heidene!” (Preke oor Timotheus en Titus – Johannes Calvyn).
 
Calvyn het aangedui dat die heerskappy van die antichrist deur die Woord van God vernietig sal word (II Thess. 2:8). “Paulus dink nie dat Christus dit in ‘n enkele oomblik sal bewerkstellig nie …Christus sal die duister verdryf waarin die antichrist sal heers, deur die strale wat Hy sal uitsraal voor Sy koms – net soos die son, voordat dit vir ons sigbaar word, eers die duisternis van die nag met sy helder lig verdrywe”..
 
“Hierdie oorwinning van die Woord sal dus in die wêreld gesien word. Want ‘die asem (of Gees) van Sy Mond’ beteken eenvoudig sy Woord … soos in Jesaja 11:4, die gedeelte waarna Poulus waarskynlik verwys…Dit is ‘n opmerklike aanbeveling van ware en gesonde leerstelling dat dit voorgestel word as genoegsaam om ‘n einde te maak van alle goddeloosheid, en as bestem om te alle tye oorwinning te behaal oor al die liste van die Satan. Dit is ook ‘n aanbeveling wanneer ….. ‘n bietjie verder aan …na die prediking van hierdie leerstelling verwys word as Christus se ‘koms’ na ons toe.”
 
(Kommentaar oor Twee Thessalonisense – Johannes Calvyn).
 
“Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.”Openbaring 11:15
 
“…want al die nasies sal kom en voor U aanbid.”Openbaring 15:4
 
“Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek…. Al die konings sal hulle voor Hom buig, al die nasies sal Hom dien.”Ps 72:9 – 11
 
Dr. Peter Hammond
(Met dank aan dr Francis Nigel Lee vir sy boek Calvin on Islam, gepubliseer deur Lamp Trimmers, El Paso, Texas 2000).
Dr. Peter Hammond is die Voorsitter van The Reformation Society. Besoek www.ReformationSA.org.
Dr. Hammond is beskikbaar vir kerkpraatjiesen kan geskakel word by 021 689 4480.
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA