Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Die Grootste Boek

12/4/2012

0 Comments

 
​Die Bybel is die waardevolste boek van alle tye. Daar is geen kwessie dat dit die mees lewensveranderende boek is wat ooit geskryf is nie.
Die Fondasie van die Westerse Beskawing
Die invloed van die Bybel op die Westerse Beskawing is enorm. Professor William Phelps van Yale het opgemerk: “Our civilization is founded upon the Bible. More of our ideas, our wisdom, our philosophy, our literature, our art and our ideals come from the Bible than from all other books combined.”

Die Bybel was die inspirasie vir van die grootste letterkunde, kuns, argitektuur, die ontdekkingsera, wêreldsendings, die oppergesag van die reg, magskeiding, verteenwoordigende regering, wigte en teenwigte, die heiligmaking en soveel meer. Dit is die Bybel wat ons die era van meelewing, liefdadigheid, vryheid en regverdigheid ingelei het. Die Tien Gebooie is die morele en wetlike basis van die Westerse beskawing.

Die meeste van die die wêreld se tale is eerste deur die Christen-sendelinge neergeskryf.

Die eerste boek in die meeste van die wêreldtale, is die Bybel. Opvoedkundige Noah Webster het verklaar:
“The Bible is the chief moral cause of all that is good, and the best corrective of all that is evil in human society; the best Book for regulating the temporal concerns of men, and the only Book that can serve as an infallible guide… the principles of genuine liberty, and of the wise laws of administrations, are to be drawn from the Bible and sustained by its authority…”

Selfs Napoleon Bonaparte het erken: “Die Bybel is meer as net ‘n boek, maar ‘n lewende krag wat alle teenkanting oorwin.”

Die Fondasie van die Moderne Wetenskap
Al die groot pionier-wetenskaplikes wat die fondasie vir die moderne fisika, sterrekunde, meetkunde, dinamika, oseanografie en elke ander vertakking van die wetenskap gelê het, het die Bybel erken as die fondasie en inspirasie van hul werk.

Dit sluit diesulkes soos Johannes Kepler, Francis Bacon, Galileo Galilei, Isaac Newton, Karl van Linnius, Charles Babbage, Blaise Pascal, Samuel Morse, Matthew Fonteine Maury, James Simpson, George Washington Carver en nog vele meer in. Sir Michael Faraday, wat elektromagnetiese induksie ontdek het en die kragopwekker uitgevind het, het die volgende opgemerk:

“The Bible, and it alone, with nothing added to it or taken away from by man, is the sole and sufficient guide for each individual, at all times and in all circumstances… Faith in the Divinity and the work of Christ is a gift of God, and evidence of this faith is obedience to the commandments of Christ.”

Die Oppergesag van die Reg
Die fondasie van die Oppergesag van die Reg is deur Koning Alfred van Engeland daargestel wat sy kode met die Tien Gebooie, die Wet van Eksodus, die Goue Wet van Christus en ander Bybelse beginsels bekendgemaak het. Die Magna Carta van 1215 was die eerste geskrewe beperking op die mag van die regering. Dit is geskryf deur ‘n predikant en goed deurweek met Bybelse beginsels.

Die Grootste treffer
Die Bybel is die nommer een treffer van alle tye. Die Bybelgenootskap alleen het ‘n wêreldverspreiding van 24 miljoen Bybels, 26 miljoen Nuwe Testamente en 577 miljoen Bybeldele elke jaar. Dit sluit nie die meer as 1 miljoen Nuwe Testamente in wat weekliks deur die Gideons versprei word; die Nuwe Testamente wat deur die Pocket Testament League versprei word; die meer as 80 miljoen Bybels wat jaarliks deur die Bybelgenootskap verskaf word of die meer as 30 miljoen Bybelboeke en traktaatjies wat deur die World Missionary Press en Scripture Gift Mission uitgegee word nie.

Dan word daar ook nog Bybels verkoop deur Zondevan, Thomas Nelson, Tyndale en andere. Daar word geskat dat meer as 30 miljoen Bybels en meer as 100 miljoen bekendgemaak het. Die Magna Carta van 1215 was die eerste geskrewe beperking op die mag van die regering. Dit is geskryf deur ‘n predikant en goed deurweek met Bybelse beginsels.

Die Woord van God
Feitlik elke blad van die Bybel bevat woorde soos; “Die Here het gesê…” , “God het gespreek” , “Die Woord van God het gekom…” Die Evangelies is op baie noukeurige navorsing, historiese feite en ooggetuienis gebaseer.

Die geneesheer Lukas het sy Evangelie ingelei met hierdie woorde: “Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was.

Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde neer te skryf. So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is” Luk 1:2-4. Die apostel Johannes het geskryf: “Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aanHom gevat.

Hy is die Woord en die Lewe. Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap

waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met Sy Seun, Jesus Christus. Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.” 1 Joh 1:1-3

“Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie,” 2 Pet 1:20
“In die verlede het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete,…” Heb 1:1-2 “God noem hulle tot wie Sy Woord gekom het, dus ‘gode’, en wat daar geskrywe staan, kan nie verander word nie.” Joh 10:35

“Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.” 1 Pet 1:25 “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in die diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” 2 Tim 3:16, 17

Oorweldigende Getuienis
Ons kan nie die getuienis van Jesus Christus aanvaar sonder om die gesag van die Ou Testament wat Hy geleef, geleer en gesmeek het om in vervulling te gaan, te aanvaar nie. Ons moet ook besef dat Jesus baie versigtig te werk gegaan het om sekere mense te kies en as Sy dissipels op te lei. Hy het hulle ‘n spesiale salwing met die Heilige Gees gegee (Joh 20:21; Hand 1:8).

Hy het belowe om hulle die Heilige Gees te stuur om hulle in die volle Waarheid in te lei. Jesus het geleer dat Sy Woorde ‘n unieke lewenskrag het (Joh 6:63; 15:3); Sy Woorde sal nooit verbygaan nie (Markus 13:31) en Sy Woorde moet gehoor en gehoorsaam word. (Mat 5:17-48; 7:24; Joh 8:31-38; 14:23).

Ons kan ook appél maak op profesieë wat reeds vervul is. Tydens Sy lewe hier op aarde het Jesus Christus meer as 300 Ou Testamentiese profesieë vervul. Argeologiese opgrawings en historiese bewyse ondersteun hierdie interne getuienisse oor die akkuraatheid en uniekheid van die Bybel.

Die oortuigendste van almal is dat ons na die unieke impak van die Bybel op miljoene lewens oor eeue heen kan wys, en nou ook op ons lewens. Sommige skeptici mag glo dat die Bybel nie die Woord van God is nie, maar hulle moet ‘n hele klomp opstapelende getuienis ignoreer ten einde dit te kan doen. Die krag van God’s Woord darem!
 
Die Bybel is:
Die Bron van Waarheid: “Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.” Joh 17:17 Die bron van God se seën: “Maar Hy sê: “Nog meer bevoorreg is hulle wat die Woord van God hoor en dit onderhou.” Luk 11:28

‚n Bron van krag: “Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood.” Rom 1:16

Die bron van Geestelike leiding: “U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” Ps 119:105

Onfeilbaar: “Die Woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan die wat nog onervare is.” Ps 19:7

Finaal: “U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.” Ps 119:89

Volledig: “Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: as iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.” Openb 22:18-19

Die Bybel sal bereik wat dit moet bereik: “So sal die woord wat uit my mond uitkom ook wees: dit sal nie onverrigter sake na my toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit uitgestuur het.” Jes 55:11
​
Dus moet ons die Bybel: 
glo (Joh 6:68-69) 
eer (Joh 29:18) 
bestudeer (Esra 7:10) 
liefhê (Ps 119:97) 
gehoorsaam (1 Joh 2:5) 
bewaar (1 Tim 6:20) 
verdedig (Judas 3) 
preek (2 Tim 4:2)
Dit is die Woord van God!
 
Dr. Peter Hammond is ‘n sendeling in Mosambiek, Angola en Soedan. Skakel 021 6894480
 
Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA