Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Burgerlike Verset en die Bybel

15/2/2012

0 Comments

 
​Onlangs is 'n byeenkoms van predikante (baie waarvan uit Europa) in 'n kerksaal op Rondebos gehou. Daar is besluit om 'n program op te stel vir 'n massa verwerwing van "polities—wakker" Christene wat gewillig is om opgelei en gebruik te word om onwettige dade te pleeg met die doel "om hierdie land onregeerbaar te maak" deur wydverspreide burgerlike ongehoorsaamheid.
​Een van die sprekers het genoem dat die eerste fase van aktiewe weerstand teen die Suid—Afrikaanse regering geweteensbesware is, met die doel om die veiligheid van die land te ondermyn. Die tweede fase tans is burgerlike verset wat Suid—Afrika onregeerbaar sal maak en die weg berei vir die finale fase naamlik, "'n regverdige oorlog wat hierdie land se onregverdige regering tot niet sal maak." Al die predikante teenwoordig is aangemoedig om vir hulle gemeentes voor te hou dat dit hulle Christelike plig is om "die onregverdige wette van hierdie onregverdige regering" aktief teen te staan. Verder is besluit om kerkfondse te gebruik om boetes te betaal van diegene wat in massa-onwettige dade betrokke word, dade wat beplan is om die Dag van Gebed vir die val van die regering te volg.

Maar ondersteun die Bybel burgerlike verset of gebed vir die omverwerping van 'n regering? Wat sê dit?

“Vrees die Here en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie" Spreuke 24:21

"Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose... Slegte mense verstaan nie, maar 
die wat die Here soek, verstaan alles." Spreuke 28:4—5

"Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel." Spreuke 28:9

Toe die Here Jesus voor Pilatus verskyn het het Hy beklemtoon dat die landsgesag deur God ingestel is met die woorde: --

"U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie." Johannes 19:11

Die apostel Paulus het as volg geskrywe:

"Laat elks mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag 
behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel sodat, hy wat hom teen die
mag versit, die instelling van God weerstaan, en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel 
ontvang. Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar vir 
die slegte... Hy is 'n dienaar van God... 'n wreker om die een wat kwaad doen te 
straf. Daarom is dit noodsaaklik am jou te onderwerp, nie alleen terwille van die straf 
nie, maar terwille van die gewete." Romeine 3:1-5

Ons kan gerus onthou dat Paulus deur God gelei is om hierdie woorde te skrywe ten tye van besonder wrede heidense regering (onder Nero) wat die kerk van Christus nie gespaar het nie.

Soos in die geval van Daniël of Josef, word van Christene verwag om God waardig te dien, binne die raamwerk van enige regering—stelsel waaronder hulle geroepe is om te lewe. Josef het eerste minister van die heidense Egipte geword sonder om sy geloof prys te gee, en is kragdadelik gebruik om sy mede—Hebreërs van 'n hongerdood te red. Daniël wat vreesloos getuig het van die almag en soewereiniteit van God in die heidense hof van Nebukadneser, Belsasar en Darius, is tot die hoogste rang in die regering bevorder, want...

"Die Allerhoogste het mag oor die koningskap van die mens en gee dit aan wie Hy wil." 
Daniel 4:17

Farao is deur God opgerig (Romeine 9:17), ook Kores (Jesaja 44:28) en Nebukadneser (Daniel 2:37—38). Selfs Pilatus het sy gesag ontvang deur soewereine wil van God. (Johannes 19:11)

Die uitspraak dus van Jesus was:--

‘Betaal die keiser wat die keiser toekom en aan God wat God toekom." Markus 12:17

Hieruit leer ons ons tweevoudige verantwoordelikheid. As landsburgers moet ons die landswette gehoorsaam, belasting betaal en ons land verdedig. As lidmate van die kerk op aarde word ons beveel om God met ons hele hart, siel, krag en verstand lief te he, sy gebooie te gehoorsaam en sy koninkryk eerste te soek.

Alleenlik as die staat ons verbied om God te gehoorsaam mag ons met die apostels sê "Ons moet God meer gehoorsaam wees as die mense." (Handelinge 5:29). As die staat aanbidding tot God (Daniel 6:6—13), of die verkondiging van die evangelie verbied (Handel inge 5:40—42) of aanbidding van afgode beveel (Daniël 3:12-18), dan moet ons God gehoorsaam.

Behalwe in sake van aanbidding en evangelisasie, dus, word Christene beveel:-

"Wees dan onderdanig aan else menslike verordering terwille van die Here — of dit die 
koning is as opperheer, of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te
straf, maar die wat goed doen te prys." 1 Petrus 2:13—14
Wat, dan, moet ons van mense dink wat burgerlike verset, openbare demonstrasies, stakings, en onrus aanmoedig en dit alles in the naam van godsdiens?

‘Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring." 
Spreuke 29:8
Wanneer ons vir Suid—Afrika bid laat ons die belofte van God in die Bybel onthou:--

"As my volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig 
soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle 
sonde vergewe en hulle land genees." 2 Kronieke 7:14
Wat vir Israel gegeld het, geld vir enige volk wat hom tot die Here wend.

Dr. Peter Hammond
Frontline Fellowship
P O Box 74 Newlands 7725
Cape Town South Africa
E-mail: [email protected]
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA