Frontline Fellowship
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA

Die Hemel

10/9/2012

0 Comments

 
​Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie - dit het God voorberei vir hulle wat Horn life het." 1 Kor 2:9. God het ons met die ewigheid in gedagte geskape. Die Hemel word 550 keer in die Bybel so genoem. Daar word ook met ander name daarna verwys. Dit word as 'n 'beter land' waarna die profete op soek is, beskryf.
​DIE OORDEELSDAG WINK

In Heb 11:10 word dit beskryf as "die stad met stewige fondamente wat God self ontwerp en gebou het." Jesus Self het in Joh 14:1-2 gese: "Moenie ontsteld wees nie. Hou net aan om op God te vertrou en vertrou ook ten volle op My. In die huis van My Vader is daar sommer baie kamers. As dit nie so was nie, sou ek dit vir julle gese het. Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak." Die Hemel is 'n werklikheid. Jesus het gese Hy gaan om vir ons 'n plek te berei. Die Griekse woord vir 'plek' is 'topos', waarvan die woorde 'tipologie' en 'tipografie' afgelei is - die beskrywing en die studie van plekke. Die Bybel onderskei tussen drie verskillende hemele (2 Kor 12:2): lug - waar die voels vlieg (Matt 6:26); ruimte - waar die sterre skyn (Hand. 7:42) en die paradys - wat God se tuiste is (Matt 6:9-10). Daar is een afspraak wat nie een van ons ooit kan misloop nie.

Om die waarheid te se, nie een van ons sal laat vir die afspraak kan wees nie. "So is elke mens bestem om net een keer te sterf en daarna kom die oordeel." Heb 9:27. Daar is niks wat sekerder is as die dood nie en niks wat so onseker is as die tyd waarop dit gaan gebeur nie. Ons moet dus te alle tye ge­reed wees, lemand in die skare het daarop aangedring dat die Here Jesus hom moet help om die groter erfporsie waarop hy geregtig wa van sy broer te kry en Jesus se reaksie was: "Pas op! Moenie gierig wees vir wat jy nie het nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie." Luk 12:15.

PRAKTIESE ATEIS
Jesus het toe voortgegaan om die gelykenis van die ryk en arbeidsame man te vertel wat baie gehad het. Hy kon leef soos wat hy wou - "Eet, drink en wees vrolik!" Maar God het vir hom gese: "Jou dwaas! Jy sal vannag nog sterf. Wie sal dan alles kry?" Luk 12:19-20. Dit is presies hoe dit sal gaan met enigiemand wat dinge vir homself opgaar, maar nie sy rykdom in God soek nie.

Hierdie ryk man het, t.s.v. sy rykdom, die Ewigheid onvoorbereid tegemoet gegaan. Sy grootste doel was om soveel as moontlik rykdom op aarde te vergader en vir plesier te leef. En die Here noem hom 'n dwaas. Dit is dwaas om nie vir die Ewigheid voor te be­rei nie. "Net die dwaas se vir homself: 'Daar is geen God nie. 'Hulle is korrup en hul dade is boos. Niemand doen die goeie nie." Ps 14:1. Die ryk man het soos 'n ateis geleef - asof God geensins bestaan nie.

WEES GEREED VIR DIE EWIGHEID
"Wysheid begin daar waar daar ontsag vir die Here is." Spr 9:10. Die ryk man het egter geen ontsag vir God gehad nie - hy het nie eers oor God nagedink nie. En dit is dwaas! Elkeen van ons behoort altyd gereed te wees om te sterf en die Ewigheid in te gaan - gereed vir God se oordeel. Dit kan enige oomblik met enigeen van ons gebeur. Hierdie ryk man in die gelykenis was 'n selfgesentreerde dwaas. Agt keer in hierdie paar verse verwys die ryk man na homself en sy eie begeertes, maar nerens noem hy God se naam nie.

SKATTE IN DIE HEMEL
Jesus het ons ook gewaarsku: "Moenie vir jul- le hier op aarde skatte bymekaarmaak waar motte en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan in­breek en roof nie." Matt 6: 19-21. Hoe meer ons in hemelse dinge bele, hoe minder sal ons van die aardse dinge begeer.

E.M. Bounds het in sy boek 'Heaven: a Place, a City, a Home' geskryf: "Earth is but a pilgrim's stay, a pilgrim's journey, a pilgrim's tent. Heaven is a city - permanent, God-planned, God-built, whose foundations are as stable as God's Throne."

John Newton, die outeur van die bekende lied 'Amazing Grace', het eens gese: "When I get to heaven, I shall see three wonders there - the first wonder will be to see many people there whom I did not expect to see; the second wonder will be to miss many people whom I did expect to see; and the third greatest wonder of all will be to find myself there."

GLORIERYKE PRAG WAT WAG
Die werklike vraag is nie: Is daar 'n plek vir my berei? nie, maar wel: "Is ek voorbereid vir die plek?" Sal jou naam uitgeroep word? Is jou naam in die boek van die Lewe? Jesus se: "Ek is die Pad en die Waarheid en die Lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie." Joh 14:6. En hoe sal die Hemel lyk? Ons lees daar sal geen honger en dors wees nie (Openb 7:16), geen hartseer, trane, pyn of dood nie (Openb 21:4) asook geen nag nie (Openb 22:5).

Die Apostel Johannes het 'n kykie van die Hemel gehad: "Hierna het ek gekyk, en werklikwaar - daar was 'n reuse skare mense wat niemand eers kon telnie. Hulle het gekom uit elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon voor die Lam stelling ingeneem. Hulle het wit klere aangehad, met palmtakke in hulle hande."Openb 7:9. Paulus het geskryf: "Ons weet dat wanneer ons aardse verblyf, wat net 'n tentwoning is, afgebreek is, ons 'n permanente blyplek by God het, 'n huis wat nie met hande gebou is nie, maar wat viraltyd in die hemel bestaan." 2 Kor 5:1.

IN DIE HEMELSALONS DIE VOLGENDE GENIET:
Hereniging met geliefdes wat ons vooruit gegaan het (Gen 25:8, 17; 35:29; 49:33; Num 31:2; Deut 32:50)
Christus sal ons name voor die Vader en Sy heilige engele bely (Openb 3:5; Matt 10:32-33)
Die Water van die Lewe (Openb 7:16)
Aanbidding (Heb 12:22-24; Openb 4:9-11; 5:8-14; 7:9-12; 11:16-18; 19:1-7)
IN DIE HEMEL SAL ONS DIE VOLGENDE ERVAAR:
Glorie (Ps 73:23-24)
Teenwoordigheid van God (Pred 12:5-7)
Goddelike gemak(Luk 16:25)
Die Boom van die Lewe (Luk 23:43; 2 Kor 12:4; Openb 2:7)
Geleentheid om God te behaag (2 Kor 5:9)
In die teenwoordigheid van God wees (Fil 1:23) perfeksie (Heb 2:11)
Besitneming van die skatte wat ons in die Hemel vergader het terwyl ons nog op aarde was (Matt 6:19-21; Luk 12:21; 33-34; 1 Tim 6:17-19)
Veiligheid t.o.v. die tweede dood (Openb 2:11)
Gesag oor die nasies en die Morester (Openb 2:26-28)
Gemeenskap met God (Matt 22:32)
ONGELOOFLIKE VOORUITSIG
Ons sal verheerlikte liggame he. Ons sintuie sal skerper wees. Ons weet dat, in vergelyking met ander wesens, ons as mense feitlik doof en blind is. Hoe sal dit wees as ons van die band van sonde verlos is? As ons nou pragtige musiek kan hoor wat ons harte roer, en ons is maar beperk in die opsig, hoeveel te meer nie wanneer daar geen beperkings in die hemel sal wees nie en ons sonder enige sintuiglike beperkinge kan 'beleef' nie? In vergelyking met arende is ons as mense feitlik blind - veral as jy dink aan die teleskopiese, mikroskopiese, ul­traviolet- en infra rooi-sigvermoe waaroor hierdie grootse voelsoort beskik. Hoe sal dit nie in die hemel wees, wanneer ons visie vergroot is in perfekte herrese liggame nie? Dink net aan die ongelooflike intellektuele stimulasie van 'n sondelose heelal.

ONBESKRYFLIKE SKOONHEID
Ons sondige menslike verstand kan skaars begryp watter ongelooflike intellektuele avonture ons in die hemel gaan beleef. Selfs die grootste genie gebruik maar ietsie meer as 10% van die verstandelike vermoe waaroor hy beskik, hier op aarde. Dink net daaraan as alle hartseer, pyn, verdriet, selfsug, woede, trots, bedrog, duisternis en kwaadwilligheid uit die weg geruim is! Wan­neer ons soveel skoonheid, prag en glorie in hierdie sondige ou wereld kan geniet, dink net watter onbeskryflike skoonheid in die Paradys op ons wag! "Hy sal elke traan van hulle oe afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het eenvoudig verby gegaan." Openb 21:4.

ALMAL SAL VOOR HOM STAAN
Ons weet nie wanneer, of onder watter omstandighede, ons lewens tot 'n einde gaan kom nie. Maar wat ons wel weet, is dat wan­neer ons sterf, ons voor die Almagtige God - ons Skepper en Ewige Regter - sal verskyn om rekenskap van ons ganse lewens aan Horn te doen. "Moenie daaroor verwonderd wees nie: Daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal opstaan. Die wat goed gedoen het, sal opstaan om vir altyd te lewe, en die wat kwaadgedoen het, sal opstaan om veroordeel te word." Joh 5:28-29.

In die dood los ons alles wat ons het, agter en ons neem slegs met ons saam wat ons is. Die karakter waaroor ons op ons sterfbed beskik, is die karakter wat voor God sal verskyn op die Oordeelsdag.

IN DIE LIG VAN DIE EWIGHEID
"Ons dae op die aarde gaan soos 'n skaduwee verby." 1 Kron 29:15. Ons is maar slegs 'n hartklop van die Ewigheid af weg. Hierdie wete behoort ons baie ernstig te stem, asook arbeidsaam en nou geset. Ons be­hoort ons prioriteite in die lig van die Ewig­heid te orden.

Ons behoort ons tyd, talente en skatte te bele waar dit Ewigheidswaarde het - mense van God, die Woord van God en die Koninkryk van God. Met al hierdie kennis, is dit nodig om weer te besin oor jou lewe, jou werk, jou verhoudings, gewoontes en aktiwiteite. Eendag gaan jy voor die Regter- stoel van Jesus Christus staan waar "...Jesus Christus sal oordeel oor die verborge dieptes van ons lewe." Rom 2:16; "oor al die goddelose optredes en oor al die skelwoorde" Judas 1:15 en "elke mens volgenssydade." 1 Pet 1:17.

ALTYD GEREED
Sal enigeen in die Ewigheid: Jammer wees dat ons teveel gebid het; die Bybel teveel bestudeer het; teveel vir God opgeoffer het; te vergewensgesind was; te vrygewig; te evangelisties? Indien jy sou weet dat jy volgende jaar gaan sterf, wat gaan jy gedurende hierdie jaar anders doen? Jy moet te alle tye gereed wees vir dit wat enige tyd kan gebeur. Kan jy, soos Paulus, se: "Want vir my is om te lewe, 'n lewe vir Christus, en om te sterf selfs nog beter!" Fil 1:21.

Dr. Peter Hammond, sendeling, outeur en konferensiespreker. Besoek www.frontline.ora.za of skakel hom by 021689 4480

Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture
    Picture

    Meer Artikels

    All
    Afknouery
    Animisme
    Burgerlike Verset En Die Bybel
    BYBELSE BEGINSELS VIR AFRIKA
    DIE 95 STELLINGS VIR HERVORMING VANDAG
    Die Afwesigheid Van Goeie Dade
    DIE BYBEL EN HALLOWEEN
    Die Byblse Oplossing Vir Misdaad
    Die Groot 1860-Herlewing
    Die Grootse Mens
    Die Grootste Boek
    Die Hart Van Die Evangelie
    Die Hemel
    Die Midde Oosterse Krisis
    Die Regering En Die 10 Gebooies
    Die Uitdaging Van Islam Volgens Die Hervormers
    DIE WET VAN GOD
    DIE WET VAN GOD EN DIE EVANGELIE VAN CHRISTUS
    En Die Silwerdoek
    Geblikte Leeujag
    Gedagtes
    Geloftedag... En Die Slag Van Bloedrivier
    God
    God Se Vuur
    HERONTDEK DIE CHRISTELIKE WERKSETIEK
    Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
    Hoe Weet Jy Jesus Leef?
    Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
    Jesus Sal Jou Nooit Verlaat Of In Die Steek Laat Nie
    John Knox En Die Hervorming In Skotland
    Kom Terug!
    Lyding
    Morele Waardes
    NUWE AFRIKAANSE BOEK: SKETSE UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS
    OORLOG EN DIE CHRISTEN
    Postmodernisme Verslaaf... Jesus Maak Vry
    The Ten Commandments – God’s Perfect Law Of Liberty
    Veroorsaak God Natuur-Rampe?
    Volkome Gered
    Voorvaders & Die ANC
    Waarom Is God Versteek?
    Wanorder Of Disipline
    Wat Is ‘n Christen?
    WÊRELDBEELDE IN KONFLIK
    Wetenskaplikes
    Wie Het Jesus Doodgemaak?

    Archives

    October 2020
    December 2018
    October 2017
    June 2017
    March 2017
    July 2016
    June 2016
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012

    RSS Feed

"And Jesus came and spoke to them, saying, “All authority has been given to Me in heaven and on earth. 
Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, 
teaching them to observe all things that I have commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.” Amen.
”
 Matthew 28: 18-20
Picture

P.O. Box 74 Newlands 7725
Cape Town, South Africa

Tel:  +27 (0)21 689 4480 
Email: [email protected]
  • Home
  • The Mission
    • About
    • Priority Projects >
      • Projects
    • Literature4Africa Online
    • Gospel Defence League
    • Africa Christian Network
    • Boxes with Love
    • Prayer Maps
    • In Memorium
  • Evangelising Extremists
  • Newsletters
    • Frontline News
    • Prayer & Praise Updates
    • Email Articles
    • Missionary Reports
  • Resources
    • Digital Resources
    • Video & Audio Gallery >
      • Audio Gallery
      • Frontline on Youtube
      • Frontline on Vimeo
    • Articles >
      • Articles
      • News
      • Africa
      • Animals
      • Animism
      • Bible Teaching
      • Christmas
      • Family
      • Gun Control & Self Defense
      • History
      • Islam
      • Missions
      • Persecution
      • Political & Social Issues
      • War and Terrorism
      • Film Reviews
    • Articles in other Languages >
      • Afrikaans
      • German
      • French
      • Danish
      • Chinese
      • Russian
      • Chichewa
      • Czech
    • Bible Studies
    • Answers to Critical Questions
    • Skeptics Questions Answered
    • Books published by Dr Peter Hammond
  • Events
  • Contact
  • Donate
  • BWS & GCC
  • Books in USA