Die getygolwe van protes en opstande wat oor die Arabiese wereld spoel, stuur 'n waarskuwingsboodskap aan die wereld. Meer as 'n miljoen betogers wat dag na dag in die strate van een enkele hoofstad krete en slagspreuke skree en daarop aandring dat die outoritere leiers, van wie sommige al vir dekades in beheer is, moet bedank, het skokgolwe deur die wereld gestuur en oral konsternasie veroorsaak.
0 Comments
tragiese dood van ‘n sestienjarige graad-11-leerling het net weer die probleem van afknouery en geweld in ons skole beklemtoon
Die hele onderwerp ‘dissipline’ word dikwels eerder vermy, as wat dit deeglik hanteer word. Die rede?
Dit roep gedagtes van misbruik, verwaarlosing en sommer oor die algemeen ‘n liefdelose huis op. Selfs onder bekommerde Christenfamilies is daar so baie vrae oor die regte manier om kinders te dissiplineer wat onbeantwoord is. Ek moet nog van kerke hoor wat die onderwerp ‘dissipline’ voldoende hanteer sodat dit ouers help om oor hierdie mynveld te onderhandel. God is ‘n God van orde en nie van chaos nie – en ons huise moet dit weerspieël. Die Skrif is baie duidelik oor hierdie onderwerp en ouers behoort daarop ag te slaan. Nie net sal die siele van ons kinders dan floreer nie, maar ons huise sal veel aangenamer plekke wees vir almal wat daarin bly. In plaas daarvan om te wag totdat ons kinders baie ouer is, behoort discipline reeds in die eerste jaar of twee te begin. Baie van die kritiek en die teenstand waaraan Christene blootgestel word, is die gevolg van onkunde en misverstand t.o.v. wat ‘n Christen werklik is. Reg van die begin af is daar vals beskuldigings teen die Christene in die Romeinse Ryk ingebring. Christene is van kannibalisme beskuldig!
“Julle Christene eet die vleis en drink die bloed van mense tydens julle seremonies!” En dit omdat die Nagmaal simbolies verwys na die eet van Sy Liggaam en die drink van Sy Bloed. Sekere Romeine het dit egter aangegryp en uit onkunde of kwaadwilligheid die gerug dat Christene by kannibalisme en menslike offerande betrokke is, versprei. Ek is ‘n goeie persoon. Ek drink nie. Ek rook nie. Ek gebruik nie dwelms nie. Ek steel nie en ek vloek ook nie. En ek is nie homoseksueel nie – ek is ‘n goeie persoon!” Hierdie reaksie kom ‘n mens dikwels teë as jy by straatevangelisasie, deur-totdeur-of enige ander vorm van evangelisasie betrokke raak.
Die meeste mense is heilig daarvan oortuig dat hulle goeie mense is. En tog, die Bybel predik nie die aangebore goedheid van die mens nie. Rom 3:10-18 leer ons: “Niemand is goed nie – selfs nie een enkele een nie. Daar is nie een wat werklik verstandig is nie; Niemand wat werklik ernstig na God soek nie. Almal het hulle rug op God gekeer; almal het sleg geword; daar is niemand wat die goeie doen nie – selfs nie een enkele een nie…eerbied vir God speel by hulle geen rol nie.” Sou dit vir die Jode wat slawe in Egipte was, genoeg gewees het as Moses bloot net vir hulle gesê het hulle moet aanvaar dat hulle in Yahweh volkome vryheid het en hulle dan maar net eenvoudig moes aangaan in gevangeniskap onder die juk van slawerny?
Enigiets minder as die verlossing uit en van daardie verdrukking sou tog onvolkome, onbevredigend en ontoereikend gewees het! God se ewige doel het vereis dat die kinders van Israel die Pasga moes oorleef, uit Egipte moes trek, die Rooi See moes deurgaan en as ‘n vry volk in die beloofde land gevestig moes word. Daar is geen twyfel dat Jesus die grootste mens is wat ooit in die geskiedenis van die mensdom geleef het nie. Hy het die wêreld vir altyd verander.
Toe Hy gebore is, het Hy selfs die manier waarop tyd aangedui word, verander. Hy het die rivier van die tyd uit sy loop geneem en en die eeue uit hul skarniere gelig. Sy verjaarsdag, Sy menswording het die tyd aangeraak en vir altyd verander. Die hele wêreld meet tyd nou in Voor Christus (vC) en Na Christus (nC). Jesus Christus is die sentrale figuur in die geskiedenis. Daar is meer boeke oor Jesus Christus geskryf as oor enige ander mens in die geskiedenis. Chris Mercer is ‘n afgetrede advokaat van die Hooggeregshof van Zimbabwe met 20 jaar regservaring. Hy is ook die stigter van Kalahari-roofvoël en roofdiersentrum, ‘n wildreservaat van 600 hektaar naby Kuruman wat sedert 1998 ‘pragtige, intelligente en lieftallige diere’ soos impalas, elande, arende, uile, aasvoëls, bakoorjakkalsies, jakkalse en ystervarke red en rehabiliteer.
Saam met die red en versorging van wees- en beseerde diere, is Chris en Bev betrokke by omgewingsopvoeding. Honderde skoolkinders besoek dié sentrum jaarliks. Ons motors, rekenaars, glase en selfone, e-posse en vliegtuie – al hierdie tegnologiese ontwikkelings – is nie bloot net voorbeelde van wetenskaplike ontwikkeling nie, maar is ook tasbare bewyse van die vrug van die Christelike geloof.
Die Bybel is die waardevolste boek van alle tye. Daar is geen kwessie dat dit die mees lewensveranderende boek is wat ooit geskryf is nie.
|
Meer Artikels
All
Archives
October 2020
|