Om hierdie artikel te besigtig as 'n PowerPoint, klik hier. Om na 'n video van hierdie artikel te kyk, klik hier. Om na hierdie boodskap te luister op Sermon Audio, klik hier. Om die traktaatjie, "Die Bybel en Halloween" af te laai, te druk of te versprei , klik hier vir afrikaans en hier vir engels. Om hierdie artikel in Engels to lees, klik hier. “Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.” 1 Thessalonicense 5:21-22 VEESVIERING VAN DIE BOSE Halloween is ‘n godsdienstige dag, maar dit is nie Christelik nie. Tom Sanguinet, ‘n voormalige hoë priester in Wicca het gesê: “Die moderne vakansie wat ons Halloween noem, het sy oorsprong in die volmaan naaste aan 1 November, die hekse se ‘nuwe jaar’. Dit is ‘n tyd wanneer die geeste (demone) veronderstel is om ‘n hoogtepunt van hulle krag en bedrywigheid te bereik en dan weer die aarde besoek… Halloween is geheel en al, absoluut boos. Daar is niks wat ons ooit kan doen, of gedoen het, wat dit enigsins aanvaarbaar vir die Here Jesus sal maak nie.” Dag van die Dode
Halloween het sterk wortels in die heidendom en heksery. Dit het begin as die Druidfees van Samhain. Die Kelte beskou November die 1ste as die dag van die dood, want dit is die begin van winter in die Noordelike halfrond. Die blare begin val, dit word vroeër donker en die temperature daal. Hulle het geglo dat hulle songod krag verloor en Samhain, die heer van die dood, was besig om die songod te oorweldig. Die Druïde het ook geleer dat op 31 Oktober, op die vooraand van die fees, Samhain die geeste van almal wat in die vorige jaar gesterf het, vergader om terug te keer na hulle vorige wonings om die lewendes daar te besoek. Mens en Dierlike Offergawes Vir duisende jare het die druidpriesters op Halloween diabolise aanbiddings-seremonies gehou waar katte, perde, skape, beeste, mense en ander offergawes in hokke gesit, en dan doodgebrand is. Hierdie mens en dierlike-offers was glo nodig om Samhain te kalmeer sodat die geeste hulle nie leed moet aandoen nie. “Trick or Treat” Om hierdie offergawes te verkry, het die druidpriesters van huis tot huis gegaan en gevra vir vetgemaakte kalwers, swart skape en mense. Diegene wat gegee het was voorspoed belowe, en diegene wat geweier het om te gee was gedreig en vervloek. Dit is die oorsprong van "trick or treat ." “Jack-O-Lantern” Die “Jack-O-Lantern” het sy oorsprong in die kerslig pampoen of skedel wat gedien het as 'n simbool om die plase en huise te merk van diegene wat die Druïde-godsdiens ondersteun. Hierdie huise was dus op soek na hulle “treat” wanneer die gruwel van Halloween begin. Die ‘World Book Encyclopedia’ verklaar: "Die oënskynlik skadelose, verligte pampoen gesig van die Jack -O-Lantern is 'n antieke simbool van 'n verdoemde siel". Dans van die Dood Terwyl mense en diere van pyn skree terwyl hulle dood brand, het die Druïde en hulle volgelinge kostuums aangetrek wat van dierevelle en koppe gemaak is. Hulle sal dans, chant en deur vlamme spring, in die hoop om die bose geeste af te weer. “House of Horrors” Een van die gewilde helde van Halloween, graaf Dracula, was ook 'n regte persoon. Dracula het van 1431 tot 1476 gelewe. Gedurende die ses jaar wat hy regeer het, het Dracula meer as 100,000 mans, vroue en kinders in die mees afskuwelikste maniere uitgemoor. Hy het 'n plan beraam om sy land van die ‘las’ van bedelaars, gestremdes, siekes en bejaardes te bevry, deur hulle na ‘n fees te nooi by een van sy paleise. Hy het hulle goed gevoer en dronk gemaak. Dan het hy hulle gevra: “Wil julle sonder sorge wees en aan niks ontbreek nie?” Wanneer sy gaste dan “Ja!” geskree het, het Dracula die bevel gegee om die paleis te seel en aan die brand te steek. Niemand het van hierdie oorspronklike “house of horrors” ontsnap nie. God se Woord “As jy kom in die land wat die Here jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan — wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die Here ’n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die Here jou God hulle voor jou uit. Opreg moet jy wees met die Here jou God. Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die Here jou God het jou nie so iets toegelaat nie.” Deuteronómium 18:9-14 “En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is.” Eségiël 44:23 “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die Wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.” Hoséa 4:6 “Oefen (lei op) die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.” Spreuke 22:6 “Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ’n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.” Matthéüs 18:6-7 “Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.” Romeine 12:9 “Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.” Romeine 13:12 “Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die Tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.” 1 Korintiërs 10:21 “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem.” 2 Korintiërs 6:14-17 “…en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.” Efésiërs 5:11 “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” Filippense 4:8 “MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete.” 1 Timótheüs 4:1-2 “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” Jakobus 4:7 “Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.” Jakobus 1:27 “Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.” 3 Johannes 11 Deelname in die Heidendom In plaas daarvan om deel te wees van die heindendom, te stap in die voetspore van Wicca, in harmonie met Halloween te wees, ons kinders toe te laat om wreedheid te vier en rond te speel met ‘n dag van dood, moet ons eerder ons families en gemeentes kry om elke jaar die Reformasie te vier wat op 31 Oktober plaasvind en wat as Hervormingsdag bekendstaan. Hervormingsdag vs Halloween Op 31 Oktober 1517 het dr. Martin Luther die 95 Stellings aan die deur van die Slosskirche (kasteel kerk ) in Wittenberg, Duitsland, vasgespyker. Sy besliste uitdaging en opstanding teen die onbybelse praktyke van die Middeleeuse Romeinse pous het die Protestantse Hervormings-beweging geïnspireer. Alle Bybel-gelowige kerke behoort hierdie dag van die grootste Herlewing van Geloof en vryheid te vier. Die Reformasie was een van die belangrikste draaipunte in wêreld geskiedenis. Die energie wat deur die herontdekking van die Bybel, in die algemene taal, vrygestel is het gelei tot die mees uitsonderlike geestelike Herlewing in die geskiedenis. Die Reformasie het die Christene van Noord-Europa bevry vanuit die verval van die Renaissance heidendom en het gelei tot die grootste vryheid en wetenskaplike ontdekkings in die geskiedenis Elke Bybel-gelowige Christen moet die Reformasie vier. Geen Christen moet deel wees van die vieringe van die okkultiese Halloween nie. Ons is in 'n geestelike wêreldoorlog. Dieremishandeling, vandalisme en moorde vind op ‘n baie groter skaal plaas tydens Halloween. Elke jaar, gedurende Halloween, word duisende diere, en selfs mense, opgeoffer in sataniese rituele wêreldwyd, terwyl miljoene ander mense, insluitend welmenende Christene, deel neem aan hierdie oënskynlike ‘onskuldige’ Halloween vieringe. Halloween is 'n werwings tyd vir hekse en sataniste. Baie mense getuig dat hulle aan die okkulte bekendgestel is tydens ‘n Halloween partytjie. Halloween is baie godsdienstig, maar dit is nie Christelik nie. “Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” Romeine 12:21 Kies Lewe Neem standpunt in teen Halloween hierdie 31ste Oktober – mobiliseer jou familie en gemeente om die Reformasie te vier en deel te neem in geestelike oorlogvoering, gebed, gebede deur die boek van Psalms, en deel die Evangelie met vriende en bure – veral diegene wat onnadenkend deelneem in hierdie okkultiese vieringe van waarsêery, geestebeswering, menslike offerande en wreedheid teenoor diere. “Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God – terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.” Efésiërs 6:10-18 AFRICA CHRISTIAN ACTION [email protected] www.ChristianAction.org.za www.ReformationSA.org 021-689-4480
0 Comments
Leave a Reply. |
Meer Artikels
All
Archives
October 2020
|