“Hef ons dan deur die geloof die wet op? Beslis nie. Ons laat die wet juis tot sy reg kom.” Rom. 3:31 Frustrasie en Mislukking
Baie mense verwar vandag die Wet en die Evangelie met mekaar. Hulle dink hulle moet die Wet gehoorsaam om Christene te word. As gevolg daarvan raak hulle gefrustreerd met hul mislukking, skaamkry en skuldgevoellens. Hulle kan eenvoudig nie verstaan waarom die Evangelie nie vir hulle werk nie. Die probleem is, hulle span die spreekwoordelike kar voor die perde in.
0 Comments
“Die wet is dus heilig, en sy voorskrifte is heilig en reg en goed.” Rom. 7:12 God het Sélf die Tien Gebooie verwoord. Hy het dit met Sy eie vinger op kliptafels geskryf.
Dit was nadat die Here God die Israeliete uit Egiptiese slawerny verlos het. Hulle was getuies van die enorme krag waarmee God die tien plae op Egipte laat neerkom het. Hulle het aanskou hoe die Here die waters van die Rooi See gekloof het, sodat hulle op droë grond kon deurgaan. Toe hulle op die ander kant voet aan wal sit, het hulle gesien hoe die Here die water oor die aankomende Egiptiese strydwaens laat stroom het. Soos die boeke van Martin Luther, en Tyndale se vertaling van die Nuwe Testament Skotland binnegekom het, is dit met groot belangstelling ontvang. Studente by St. Andrews Universiteit het begin om hulle geloof ernstig op te neem. Patrick Hamilton, ‘n student by St. Andrews, het ‘n boek geskryf wat as ketters verdoem is. Hy het na Duitsland gevlug, Luther ontmoet, en spoedig teruggekeer na Skotland. Hamilton het die Protestantse geloof met groot waagmoed begin verkondig.
“Ek doop julle wel met water as teken van julle bekering. Maar ná my kom daar Iemand wat baie belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers goed genoeg is om soos ‘n slaaf sy sandale vir Hom aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” Matt 3:11-12
Daar is so baie Skrifverwysings na God as Vuur. Johannes die Doper het oor ons Groot Verlosser voorspel: “Ek doop julle wel met water as teken van julle bekering. Maar ná my kom daar Iemand wat baie belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers goed genoeg is om soos ‘n slaaf sy sandale vir Hom aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” Matt 3:11-12. Die vraag waarom daar onheil in die wêreld is, is nooit deur die antieke filosowe van Egipte, Babilon, Persië, Griekeland of Rome beantwoord nie. Hulle was politeïste wat in ‘n godewêreld geglo het. Volgens hulle was onheil, of die bose, die gevolg van oorlog tussen die onderskeie gode.
Die begrip , ‘n Heilige en liefdevolle God, wat ‘n Hebreeuse begrip is wat deur die Profete van Israel geopenbaar is, het egter die vraag laat ontstaan: Hoe kan daar dan onheil in die wêreld teenwoordig wees? Die boek Job is die oudste ‘Godslering’ waarvan ons bewus is. Godslering is ‘n verhelde rende leer oor die regverdigheid van God in die lig van die bose in die wêreld. “Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het. Christus wat vir julle gely het, is julle voorbeeld. Trap in sy spore.” 1 Pet 2:21
Wanneer ons ly a.g.v. siekte, ongeregtigheid, onregverdige behandeling, frustrasie en traumatiese omstandighede, is die eerste reaksie dikwels om uit te roep: “Waarom? Waarom gebeur daar slegte dinge met goeie mense? Waarom ly ek so?” Moontlik moet ons eerder die vraag vra waarom Christus gely het. Hy was tog die enigste ware goeie, perfekte en totaal onselfsugtige persoon wat nog ooit op aarde was, en tog het Hy gely – bitterlik gely! Jesus is misverstaan, belaster, vals beskuldig en beswadder. Mense het Hom daarvan beskuldig dat Hy kranksinnig was. Christus se Opstanding is uiters belangrik as die grondslag van die Christelike geloof. Dit is juis die rede waarom dit die teiken van die mees meedoënlose aanvalle is.
Gedurende hierdie Paasseisoen, terwyl ons herinner word aan wat Christus aan die kruis gely het, móét ons hierdie vraag baie goed oordink: Wie is vir Christus se lyding verantwoordelik?
As ons die Evangelies lees of na ‘The Passion of the Christ' kyk, moet hierdie vraag een van die kardinale vrae in ons gemoed wees: Wie het Jesus doodgemaak? Blameer ons die Romeinse soldate? Dit was tog hulle wat hom aan die kruis gespyker het. Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie - dit het God voorberei vir hulle wat Horn life het." 1 Kor 2:9. God het ons met die ewigheid in gedagte geskape. Die Hemel word 550 keer in die Bybel so genoem. Daar word ook met ander name daarna verwys. Dit word as 'n 'beter land' waarna die profete op soek is, beskryf.
Christene regoor Suid-Afrika vier hierdie jaar die 150ste herdenking van die merkwaardigste herle wing in die Kaap ooit. Geen mens kan egter van hierdie herlewing praat sonder om op die enorme rol wat Andrew Murray daarin gespeel het, te wys nie.
|
Meer Artikels
All
Archives
October 2020
|