Die vraag waarom daar onheil in die wêreld is, is nooit deur die antieke filosowe van Egipte, Babilon, Persië, Griekeland of Rome beantwoord nie. Hulle was politeïste wat in ‘n godewêreld geglo het. Volgens hulle was onheil, of die bose, die gevolg van oorlog tussen die onderskeie gode. Die begrip , ‘n Heilige en liefdevolle God, wat ‘n Hebreeuse begrip is wat deur die Profete van Israel geopenbaar is, het egter die vraag laat ontstaan: Hoe kan daar dan onheil in die wêreld teenwoordig wees? Die boek Job is die oudste ‘Godslering’ waarvan ons bewus is. Godslering is ‘n verhelde rende leer oor die regverdigheid van God in die lig van die bose in die wêreld. SONDE EN DIE WAT LY
Job se vriende het ‘n baie wettiese verduideliking gehad t.o.v. die rede vir Job se lyding: hy was skuldig aan ‘n baie ernstige sonde. God het hierdie valse raadgewers baie swaar bestraf en Job verdedig deur te sê dat hy ‘n sondelose man is wat deur die satan geteiken is. ONHEIL IS DIE GEVOLG VAN DIE SONDEVAL Toe die dissipels ‘n man gesien het wat blind was sedert geboorte, het hulle Jesus gevra: “Rabbi, wie het nou eintlik gesondig, hierdie man self of sy ouers, dat hy blind gebore is? Jesus het geantwoord: ‘Nie hierdie man of sy ouers het gesondig nie, maar hy is blind sodat God se werke in hom sigbaar kan word.’”Joh 9:2-3. Lyding en onheil is die gevolg van die Sondeval. God het ‘n goeie en perfekte wêreld geskep. Voordat Adam en Eva gekies het om ongehoorsaam aan God te wees en aan satan se versoeking toe te gee, was die wêreld sonder pyn, lyding en dood. Onheil is die direkte gevolg van die mens se rebellie teen die Skepper. Die hele Skepping ly nog steeds a.g.v. die sonde van die mens. Pyn, ongemak, hartseer en dood is die verskriklike gevolge van die mens se sondigheid. Ons kan ook sê dat vals godsdienste vandag die meeste van die lyding in die wêreld veroorsaak: animisme en heksery of toorkuns het verskrikte, oppervlakkige volgelinge wat in rituele moorde, kannibalisme en wreedheid betrokke raak, opgelewer. Toordokters blameer gewoonlik individue vir natuurlike rampe soos ‘n weerligstraal wat ‘n hut tref of dood a.g.v. siekte. GODSDIENS VEROORSAAK PYN Armes het al dikwels hul laaste hoendertjie aan die voorvadergeeste geo_ er i.p.v. om kos vir hul verhongerde kinders te gee. Daar is dus geen twyfel dat animisme ongehoorde lyding veroorsaak nie. Hindoeïsme het afgodiese volgelinge wat betrokke is by kindermoord, weduwee- en melaatsverbranding. Die sendeling William Carey het gedokumenteer hoe weduwees so jonk as 11 jaar lewendig op die begrafnisbrandstapel van hul mans verbrand is. Melaatses word verbrand ten einde ‘‘n beter reïnkarnasie’ te verseker! Baie ma’s offer hul kinders deur hulle lewendig in die Gangesrivier te gooi om deur krokodille opgevreet te word. Hindoetempels bevat groot hoeveelhede goud, robyne, saffiere en ander edelstene wat as afgode aanbid word. Die Hindoes se geloof in reïnkarnasie beskerm rotte, vermors hulpbronne en het soveel bygeloof tot gevolg dat daar verskriklike armoede en hongersnood in die land is. Islam het verharde mans wat vrouens misbruik, in poligamie, slawerny, ontvoering, terrorisme en selfmoordbomaanvalle betrokke is, geproduseer. Kommunisme het kommissariate en kamerade voortgebring wat miljoene der miljoene mense se dood veroorsaak het – alles in die naam van vryheid! Marxiste het verarmde miljoene nog meer onder diktatorskappe in die naam van vryheid verdruk. Sekulêre humanistiese opvoeding het tot gevolg dat mense in ‘n toenemende mate selfsugtig en oppervlakkig word en reageer. REBELLIE TEEN GOD Al hierdie lyding is uiteindelik die gevolg van die mens se sonde en rebellie teen die Almagtige God. Lyding hou intrinsiek verband met die Sondeval. Daar was geen lyding voor die Sondeval nie. Lyding is deel van die komplekse oordeel van God. Elke daad het gevolge. Seksuele sonde lei dikwels tot seksueel-oordraagbare siektes, VIGS, ens. Dobbelary lei dikwels tot armoede en bankrotskap. Owerspel lei dikwels tot egskeiding. Skinder bring skeiding tussen vriende. Ons selfsug maak ander seer. Leuens lei tot ‘n lewe van gebondenheid. Selfsug, lafhartigheid, trots, hebsug, jaloesie en haat veroorsaak ongehoorde lyding en pyn. Passiwiteit en neutraliteit veroorsaak net nog meer lyding. Onaktiwiteit is ‘n hartelose weiering om by ‘n sekere saak betrokke te raak. “All that is necessary for evil to triumph is for good people to do nothing.” Ons het almal al persoonlik voorbeelde gesien van die beginsel “Wat jy saai sal jy maai.” Ons weet egter ook almal van gevalle waar mense ly sonder hulle eie toedoen. So baie mense vra: Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? GOD IS GOED Baie is onskuldige slago_ ers van andere se onregverdige gedrag. Tog kan die Christene, juis op grond van die Almag van God, met selfvertroue verklaar:“En ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe.” Rom 8:28. In Genesis lees ons van die verraad van Josef se broers deurdat hulle hom aan slawehandelaars verkoop het. Vir 12 jaar het Josef onregverdiglik gely en was hy ‘n gevangene in Egipte. Tog het God hom opgerig en het hy later die Goewerneur van Egipte geword en kon hy die lewens van miljoene mense van hongersnood red. Later kon Josef aan sy broers verklaar: “Wat my betref, het God die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het my gebring tot in hierdie hoë pos wat ek beklee sodat ek die lewens van baie mense kon red.” Gen 50:20. NIEMAND IS GOED NIE, NET GOD ALLEEN Ons kan natuurlik daarop wys dat niemand regtig goed is nie, nie in die lig van wat die Heilige God in Sy Wet openbaar nie. “Niemand is goed nie – selfs nie een enkele een nie. Daar is nie een wat werklik verstandig is nie; niemand wat werklik ernstig na God soek nie. Almal het hulle rug op God gekeer; almal het sleg geword; daar is niemand wat die goeie doen nie – selfs nie een enkele mens nie... Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom.” Rom 3:10-23. I.p.v. om te vra waarom slegte goed met goeie mense gebeur, moet ons eerder vra waarom goeie goed met slegte mense gebeur? Ons ontvang oor die algemeen vér meer as wat ons ooit kan verdien. God is baie geduldig met ons en ook baie goed vir ons. HOEKOM HET JESUS GELY? Nog ‘n vraag wat ons behoort te vra, is: Waarom moes Jesus Christus ly? Hy was dan die enigste ware goeie en regverdige persoon wat ooit geleef het. En tog is Jesus misverstaan, beskinder, vals beskuldig, belieg, gehaat en verraai. Hy is deur Sy volgelinge verlaat, onregverdig gearresteer, onregmatig verhoor en verkeerdelik gestraf. Jesus is bespot, geslaan, beledig en gekruisig. Waarom moes die Regverdige ly? Hy het namens ons gely. Hy het vir ons sonde gesterf. Die Regverdige in die plek van die onregverdige – kyk maar na 1 Pet 3:18. AKTIEWE LIEFDE God is ‘n God van deernis. Hy het hierdie wêreld ingekom en het alles meegemaak wat ons moes deurgaan, en nog soveel meer. Hy het selfs die hel se woede deurstaan, net sodat ons dit nie hoef te verduur nie. Gedurende Sy bediening op aarde het Hy blindes laat sien, dowes laat hoor, stommes laat praat, kreupeles laat loop, melaatses gesond gemaak en selfs dooies lewend gemaak. Die kortste vers in die Bybel is: “Jesus begin toe huil.” Joh 11:25. Die Bybel beveel ons om te huil saam met die wat huil en te lag saam met die wat lag. Alhoewel Jesus op die punt gestaan het om Sy mag oor die dood te demonstreer, was Hy so in Sy Gees ontroer oor Sy vriende se smart, dat Hy gehuil het. Ons God is nie onaangeraak deur ons lyding nie. DOEL IN LYDING Ons moet besef dat daar ‘n doel agter pyn mag wees. Ons mag moontlik die onskuldige slagoffer wees van iemand anders se onregverdige gedrag, ons word moontlik gestraf vir ongehoorsaamheid aan Sy Woord. Die lyding mag dalk deel wees van die regverdigheid waartoe alle Christene opgeroep word.“Verduur saam met my die lyding soos ‘n goeie soldaat van Jesus Christus.” 2 Tim 2:3. “Hieroor kan julle bly wees, al moet baie beproewinge julle vir ‘n rukkie laat swaarkry. Die doel van die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word, en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word.” 1 Pet 1:6-7. SIEN DIT AS VREUGDE “My liewe broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ‘n mens se geloof ‘n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard.” Jak 1:2-4. “...Dis nie iets vreemd wat met julle gebeur nie. Dit moet julle liewer bly maak, want só deel julle in die lyding van Christus. Later sal julle wonderlike vreugde ervaar wanneer Sy heerlikheid bekend gemaak word en julle daarin deel.” 1 Pet 4:12-13. Lyding kan deur God gestuur word om ons te suiwer en voor te berei vir Sy diens. Al God se diensknegte het lyding ervaar, terwyl God hulle gesuiwer en voorberei het vir Sy diens. Moses was 40 jaar in die wildernis voordat hy Israel uitgelei het. Dawid was ‘n voortvlugtige vir baie jare voordat hy die koning van Israel geword het. “Ek is verseker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie.” Rom 8:18 ONDERSOEK MY O GOD! Wanneer ons beproewinge ondervind, behoort ons ons harte te ondersoek om seker te maak dat daar geen gronde is waarom God ons moet teregwys nie. Die lyding behoort ons tot skuldbelydenis te bring sodat ons gemeenskap met God herstel kan word. Is daar enige area in jou lewe wat uitsorteer moet word? Jy mag moontlik nie weet waarom jy ly nie, maar dit is uiters noodsaaklik dat jy op ‘n godvrugtige manier daarop reageer. “Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het. Christus wat vir julle gely het, is julle voorbeeld. Trap in Sy spore.” 1 Pet 2:21. DIE ERGSTE DENKBARE LYDING Jesus het in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan geleer dat ons ons naaste so behoort lief te hê dat ons hul lyding behoort te verlig. En juis om hierdie rede het miljoene Christene die afgelope 2 000 jaar weggooibabas gered, weeskinders aangeneem, aborsie teengestaan, hospitale oral in die wêreld opgerig en in stand gehou, noodleniging verskaf en hulp verleen by projekte wat gerig is daarop om die armes en behoeftiges te help. Christene het slawehandel teengestaan, kindermoorde, kannibalisme en weduweeverbranding onwettig laat verklaar en hongeriges kos gegee en sendingaksies tot stand laat kom. Christene het wêreldwyd hard gewerk om lyding te verminder. Ons behoort ons ook te kan indink wat die ergste lyding denkbaar is. Dit is beslis nie iets wat ons in hierdie lewe sal ervaar nie. Die ergste lyding sal eendag in die helse ewigheid verduur word – vir ewig van God geskei. Die Bybel is baie duidelik daaroor – diegene wat Christus verwerp, sal in die ewige Vuurpoel gewerp word. Sommiges gebruik kwessies soos lyding en boosheid in die wêreld as ‘n soort rookskerm om die gawe van verlossing deur die Almagtige God te verwerp. Ons behoort mense te waarsku oor die werklikheid van ‘n Heilige God wie se Wette ons oortree het en ook oor die baie werklike gevare van die ewigheid in die hel. Alle lyding is uiteindelik die gevolg van die mens se rebellie teen God. Geeneen is sonder sonde nie; daar is niemand wat werklik goed is op aarde nie. Ons is almal sondig in die lig van Sy Wet. JESUS REKEN MET SONDE AF Pyn kan positiewe resultate tot gevolg hê. God laat alle dinge ten goede meewerk vir diegene wat Hom liefhet en volgens Sy doel geroep is. Jesus Christus het in menslike lyding gedeel – meer as enigiemand op aarde. Ons kan, en moet, die lyding van andere help verlig. Lyding is die gevolg van sonde en God het daardie probleem meer as 2000 jaar gelede aan die Kruis vasgespyker. Dr. Peter Hammond is die Voorsitter van The Reformation Society. Besoekfwww.ReformationSA.org Dr. Hammond is beskikbaar vir kerkpraatjiesen kan geskakel word by 021 689 4480 . Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments
Leave a Reply. |
Meer Artikels
All
Archives
October 2020
|