Onlangs is 'n byeenkoms van predikante (baie waarvan uit Europa) in 'n kerksaal op Rondebos gehou. Daar is besluit om 'n program op te stel vir 'n massa verwerwing van "polities—wakker" Christene wat gewillig is om opgelei en gebruik te word om onwettige dade te pleeg met die doel "om hierdie land onregeerbaar te maak" deur wydverspreide burgerlike ongehoorsaamheid. Een van die sprekers het genoem dat die eerste fase van aktiewe weerstand teen die Suid—Afrikaanse regering geweteensbesware is, met die doel om die veiligheid van die land te ondermyn. Die tweede fase tans is burgerlike verset wat Suid—Afrika onregeerbaar sal maak en die weg berei vir die finale fase naamlik, "'n regverdige oorlog wat hierdie land se onregverdige regering tot niet sal maak." Al die predikante teenwoordig is aangemoedig om vir hulle gemeentes voor te hou dat dit hulle Christelike plig is om "die onregverdige wette van hierdie onregverdige regering" aktief teen te staan. Verder is besluit om kerkfondse te gebruik om boetes te betaal van diegene wat in massa-onwettige dade betrokke word, dade wat beplan is om die Dag van Gebed vir die val van die regering te volg.
Maar ondersteun die Bybel burgerlike verset of gebed vir die omverwerping van 'n regering? Wat sê dit? “Vrees die Here en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie" Spreuke 24:21 "Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose... Slegte mense verstaan nie, maar die wat die Here soek, verstaan alles." Spreuke 28:4—5 "Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel." Spreuke 28:9 Toe die Here Jesus voor Pilatus verskyn het het Hy beklemtoon dat die landsgesag deur God ingestel is met die woorde: -- "U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie." Johannes 19:11 Die apostel Paulus het as volg geskrywe: "Laat elks mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel sodat, hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan, en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang. Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar vir die slegte... Hy is 'n dienaar van God... 'n wreker om die een wat kwaad doen te straf. Daarom is dit noodsaaklik am jou te onderwerp, nie alleen terwille van die straf nie, maar terwille van die gewete." Romeine 3:1-5 Ons kan gerus onthou dat Paulus deur God gelei is om hierdie woorde te skrywe ten tye van besonder wrede heidense regering (onder Nero) wat die kerk van Christus nie gespaar het nie. Soos in die geval van Daniël of Josef, word van Christene verwag om God waardig te dien, binne die raamwerk van enige regering—stelsel waaronder hulle geroepe is om te lewe. Josef het eerste minister van die heidense Egipte geword sonder om sy geloof prys te gee, en is kragdadelik gebruik om sy mede—Hebreërs van 'n hongerdood te red. Daniël wat vreesloos getuig het van die almag en soewereiniteit van God in die heidense hof van Nebukadneser, Belsasar en Darius, is tot die hoogste rang in die regering bevorder, want... "Die Allerhoogste het mag oor die koningskap van die mens en gee dit aan wie Hy wil." Daniel 4:17 Farao is deur God opgerig (Romeine 9:17), ook Kores (Jesaja 44:28) en Nebukadneser (Daniel 2:37—38). Selfs Pilatus het sy gesag ontvang deur soewereine wil van God. (Johannes 19:11) Die uitspraak dus van Jesus was:-- ‘Betaal die keiser wat die keiser toekom en aan God wat God toekom." Markus 12:17 Hieruit leer ons ons tweevoudige verantwoordelikheid. As landsburgers moet ons die landswette gehoorsaam, belasting betaal en ons land verdedig. As lidmate van die kerk op aarde word ons beveel om God met ons hele hart, siel, krag en verstand lief te he, sy gebooie te gehoorsaam en sy koninkryk eerste te soek. Alleenlik as die staat ons verbied om God te gehoorsaam mag ons met die apostels sê "Ons moet God meer gehoorsaam wees as die mense." (Handelinge 5:29). As die staat aanbidding tot God (Daniel 6:6—13), of die verkondiging van die evangelie verbied (Handel inge 5:40—42) of aanbidding van afgode beveel (Daniël 3:12-18), dan moet ons God gehoorsaam. Behalwe in sake van aanbidding en evangelisasie, dus, word Christene beveel:- "Wees dan onderdanig aan else menslike verordering terwille van die Here — of dit die koning is as opperheer, of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen te prys." 1 Petrus 2:13—14 Wat, dan, moet ons van mense dink wat burgerlike verset, openbare demonstrasies, stakings, en onrus aanmoedig en dit alles in the naam van godsdiens? ‘Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring." Spreuke 29:8 Wanneer ons vir Suid—Afrika bid laat ons die belofte van God in die Bybel onthou:-- "As my volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees." 2 Kronieke 7:14 Wat vir Israel gegeld het, geld vir enige volk wat hom tot die Here wend. Dr. Peter Hammond Frontline Fellowship P O Box 74 Newlands 7725 Cape Town South Africa E-mail: [email protected]
0 Comments
Leave a Reply. |
Meer Artikels
All
Archives
October 2020
|