Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veilige weiding. Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeerstes aan jou gee. Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.” Ps 37:3-5. Jesus Christus het na hierdie wêreld gekom juis vir diegene wat voel dat niemand omgee nie. Sy onfeilbare liefde omvou diegene wat Hom vertrou. Jesus Christus gee baie beslis om en reik ook uit na eensame, desperate, verwarde, seergemaakte mense wat ontnugter is deur die samele wing. Jesus reik ook uit na jou. “God laat blyk Sy liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was.” Rom 5:8. “Daarom – iemand wat één is met Christus, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!” 2 Kor 5:17. God gee die beste aan diegene wat die keuse aan Hom oorlaat
Het jy jou lewe aan God oorgegee? Bid tot God en gee al die slegte dinge in jou lewe aan Hom oor: jou seerkry, teleurstellings, vrese, mislukkings en sondes. Gee dit aan Hom en laat dit daar. Laat Jesus jou innerlik genees, vergeef en jou reinig. Hy sal jou verander en jou hartseer in vreugde verander, jou vrese in vrede in jou hart en verstand. Gee aan Hom oor en Hy sal jou nuwe rigting in die lewe gee. “Petrus antwoord hulle: ‘Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as geskenk ontvang.” Hand 2:38. Leef vir God Jesus Christus gee ons ’n nuwe begin in die lewe en ’n nuwe lewe om te begin. Jy moet nie net al jou sondes aan Hom oorgee nie, maar ook al die goeie dinge in die lewe wat Hy aan jou toevertrou het: jou talente en vermoëns. Gee ook jou planne en geleenthede, jou energie en jou tyd en liefde aan Hom. Gee alles aan Jesus en besluit: Ek sal nie langer daarmee doen wat ek, of ander mense, wil hê nie. Van nou af gaan ek my talente, tyd en geld gebruik soos wat God wil hê ek dit moet gebruik. Ek sal vra: Wat sal Jesus in my skoene doen? Ek gaan nie langer vir rykdom en status, gewildheid en eer, net vir myself leef nie. Ek gaan van nou af vir Jesus Christus leef – maak nie saak wat die prys gaan wees nie. Sy Groot Opdrag sal my versugting wees. Sy laaste Opdrag gaan my grootste geleentheid wees. My hoogste prioriteit gaan wees om God met my hele hart, siel en verstand lief te hê en ook my naaste soos myself. Ons het net een lewe, dit gaan baie gou verby en slegs dit wat vir Christus gedoen is, het waarde. God se Wil sal ons nooit neem waar Sy Genade ons nie kan onderhou nie. God se dienskneg is ook God se verantwoordelikheid. Wanneer God lei, voorsien Hy ook. God se werk, gedoen op Sy manier, sal nooit God se voorsiening kortkom nie. Ons prioriteit moet wees om God se Koninkryk en Sy geregtigheid te soek, dan sal al hierdie ander dinge vir ons bygevoeg word (Matt 6:33). Wanneer ons ons in die Here verheug, sal Hy ons die begeertes van ons hart gee. (Ps 37:4). Die Woord van die Here beloof: “U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.” J es 26:3. Ken jy daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan? Lei Sy vrede jou? Vertrou jy Hom met jou hele hart? “Hou julle lewe vry van honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het: ‘Ek sal jou nie los nie, Ek sal jou nie in die steek laat nie’. Die Here is my hulp, daarom sal ek nie bang wees nie. Wat kan enige mens my aandoen?” Heb 13:5-6. Indien jy jou godsdienstige lewe wil laat herleef, blaai na Psalms – dit is in die middel van die Bybel, die grootste Bybelboek. Dit is ook bekend as die Gebeds- of Gesangeboek van die Bybel. Indien jy nie weet wat om te bid nie; selfs as jy nie wil bid nie – blaai na Psalms en lees daardeur. Daar is 150 Psalms. Indien jy deur een Psalm per dag bid, sal dit jou gebedsgids vir vyf maande wees. Maak Psalms die gebed van jou hart en jy sal ’n herlewing in jou geestelike lewe ervaar. “En ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe. Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreigemente dit regkry? Selfs die Skrif verklaar tog: Om U ontwil bedreig die dood ons die hele dag en word ons as slagskape beskou. Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat Sy liefde so duidelik aan ons bewys het. Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.” Rom 8:28, 35-39. Dr. Peter Hammond is sendeling, outeur en konferensiespreker, e-pos [email protected] of skakel hom by 021-689-4480, Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer
0 Comments
Leave a Reply. |
Meer Artikels
All
Archives
October 2020
|