‘n Groep teologiese studente het die opdrag gekry om die Tien Gebooie in orde van belangrikheid te herrangskik. Daar was algemene instemming dat “Moenie mense doodmaak nie” die belangrikste gebod is. Hulle het ook saamgestem dat “Moenie iets steel nie” die tweede belangrikste gebod is. Die derde was “Moenie valse verklarings oor ander aflê nie” Maar hulle het wel verskil oor watter gebod die laaste moet wees. Die helfte van die studente het gevoel dat “Moenie egbreuk pleeg nie” die mins-belangrike is. Die ander helfte was van mening dat “Jy mag nie nog ander gode buiten My aanbid nie” die onbelangrikste is. Na verdere bespreking het die klas besluit dat “Jy mag nie nog ander gode buiten My aanbid nie” van al tien gebooie die minste van belang is. Dit openbaar nogal iets oor daardie teologie-studente se beskouings. Toe Jesus gevra is watter gebod die belangrikste is, het Hy geantwoord: ”Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en belangrikste opdrag.” Mat.22:37-38.
0 Comments
“Hef ons dan deur die geloof die wet op? Beslis nie. Ons laat die wet juis tot sy reg kom.” Rom. 3:31 Frustrasie en Mislukking
Baie mense verwar vandag die Wet en die Evangelie met mekaar. Hulle dink hulle moet die Wet gehoorsaam om Christene te word. As gevolg daarvan raak hulle gefrustreerd met hul mislukking, skaamkry en skuldgevoellens. Hulle kan eenvoudig nie verstaan waarom die Evangelie nie vir hulle werk nie. Die probleem is, hulle span die spreekwoordelike kar voor die perde in. “Die wet is dus heilig, en sy voorskrifte is heilig en reg en goed.” Rom. 7:12 God het Sélf die Tien Gebooie verwoord. Hy het dit met Sy eie vinger op kliptafels geskryf.
Dit was nadat die Here God die Israeliete uit Egiptiese slawerny verlos het. Hulle was getuies van die enorme krag waarmee God die tien plae op Egipte laat neerkom het. Hulle het aanskou hoe die Here die waters van die Rooi See gekloof het, sodat hulle op droë grond kon deurgaan. Toe hulle op die ander kant voet aan wal sit, het hulle gesien hoe die Here die water oor die aankomende Egiptiese strydwaens laat stroom het. |
Meer Artikels
All
Archives
October 2020
|